Antjie Se Pen (subtitel van www.afrikakiwi.com)

Antjie se pen was die geboorte van my groot droom om eendag 'n boek of dalk twee te skryf. Een van my drie vereistes voor ek Nieu-Seeland toe gekom het, was dat daar van dag 1 af 'n rekenaar in die huis moet wees, want kommunikasie met die familie en vriende was uiters belangrik. Die dag dat ons voet op Kiwi bodem gesit het, het die eerste Nieu-Seeland nuusbrief die lig gesien... besoek ons webtuiste: www.afrikakiwi.com

'n Vinnige more-sĂȘ

Goeiemore

Elke jaar herhaal die geskiedenis hom. Elke jaar besluit ek om getrou en
gereeld my algemene NZ-briefies te skryf en elke jaar laat ek my eie
beloftes in die steek. Sodra almal weer begin werk, gaan ek julle
toegooi met al my ou 2009-nuus... my brugklimmery, seiljagvaart,
"archery", "abseiling", my groot 50ste verjaarsdag en baie ander
toonkrul ervarings.

Ek hoop julle het almal 'n Gesëende Kersfees gehad en nie so baie soos
ons geëet nie. Mag 2010 vir julle baie vrede, voorspoed en geluk bring,
en bowenal mag ons sommer baie e-mails tussen ons laat vloei.

Groete

Anna-Maré