Antjie Se Pen (subtitel van www.afrikakiwi.com)

Antjie se pen was die geboorte van my groot droom om eendag 'n boek of dalk twee te skryf. Een van my drie vereistes voor ek Nieu-Seeland toe gekom het, was dat daar van dag 1 af 'n rekenaar in die huis moet wees, want kommunikasie met die familie en vriende was uiters belangrik. Die dag dat ons voet op Kiwi bodem gesit het, het die eerste Nieu-Seeland nuusbrief die lig gesien... besoek ons webtuiste: www.afrikakiwi.com

Groete uit NZ

Saterdag – 27 Mei 2006

18H00

n Goeie Maandagoggend vir almal

Die winter is hier en dit is koud en nat, maar volgens die artikel wat ek in Brokkies gelees het, is dit nog nie so koud soos in Johannesburg en Bloemfontein nie. Gelukkig is ek mal oor die winter, want dit beteken ons kan nou saans die kaggel aansteek en maar elke week sop eet.

Daar was ook al heelwat sneeuneerlae by Mt Ruapehu, een van die nog steeds aktiewe vulkane, waar ons verlede jaar gaan ski het. Die tweede naweek van die skoolvakansie is dit die Groot Trek sneeu toe. Hierdie jaar gaan die kinders saam en hier heers alreeds ‘n groot opgewondenheid onder hulle - sal hulle probeer ski of is “snowboarding” ‘n beter roep. Sover beplan ons en Engela-hulle nog om maar te hou by die “chairlifts” en cappuchino’s in NZ se hoogste restaurant. Die kinders sal nog uitvind waarom ons by die ligte vermaak wil hou. Ons het ‘n groot huis by een van die motelle, waar daar ook spapoele en pooltafels is, te huur gekry.

“ This time it's All Black on All Black, it's mate on mate, actually everywhere right through the 15. That builds for an exciting final."

Ja, vanaand is dit die suiwer NZ-finaal. Ek glo dat selfs die lojaalste Springbok-ondersteuner (weet nie van die Aussies nie) moet erken dat die twee beste Super 14-spanne vanaand in die finaal teen mekaar te staan kom. Op papier lyk dit asof die Crusaders die titel vir ‘n sesde keer kan wen, maar daar is drie redes waarom ek hoop die Hurricanes verhang vanaand so ‘n bietjie die bordjies.

Die Super12/14 het al nes die Grand Prix begin raak - jaar na jaar wen “ boring old “ Schumacher nie net byna elke wedren nie, maar die hele toernooi. Net vir interessantheid, ek hoor Schumi is aangewys as die wêreld se verveligste sportman van die jaar. Dit is tyd dat daar nou ‘n ander Super 12/14-kampioen gebore word. Tweedens is ek ook ‘n vreeslike groot Tana-“fan” - het mos al gesê hy is vir my eintlik mooi van lelikheid. Ek hoop die span speel vanaand spesiaal vir ‘n wen vir hom, siende dat sy internasionale beroep nou verby is.

Dan eintlik die groot rede…AUS$ 110. Ek en tien ander SA-ers en Aussies daar in Brisbane het ‘n Super 14-poel waar ons elke week die wenners voorspel. Ek en Ben is tans die voorlopers en was albei van plan om op Richie se manne te wed. Om dit meer interessant te maak en seker te maak “ the winner takes it all “, waag ek die groot kans en plaas my geld op die manne in geel. Go the Hurricanes!!

Ek het ook hierdie jaar weer deelgeneem aan die Telecom Virtual Rugby-kompetisie waar jy elke week die wenspanne sowel as die punteverskil moes voorspel. Dit is hoe ek gevaar het: You have 459 points, and you're ranked in position 6,944 out of 143,618 players. Nie sleg nie, .

En met die volgende beriggie sluit ek die rugbystories af:

South African cleared for All Black selection

Saturday May 27, 2006
By Wynne Gray

When Greg Rawlinson joined a quasi-All Black squad for a special conditioning session this week he carried an extra burden of uncertainty.

The South African-born lock wanted to play for New Zealand but he had received no decision on the qualification claim he had lodged with the International Rugby Board.

Rawlinson remained in eligibility limbo as he and others from the Blues, Chiefs and Highlander franchises went through skill and fitness tests under the supervision of the All Black panel.

But yesterday Rawlinson received a positive report from the game's rulers, one which cleared him for national selection day tomorrow.

"His eligibility has been confirmed for New Zealand," NZRU deputy Steve Tew said.

"We were confident he had fulfilled the three-year requirement, they had been given a detailed analysis of his movements."

Rawlinson had been chased by Springbok coach Jake White last year but rebuffed those offers to pursue his career in New Zealand and dreams of All Black selection.

Pieter het die 18de Mei sy 5de NZ-verjaarsdag gevier en homself bederf met ‘n baie oulike geskenk. Vir 5 jaar lank trotseer hy elke oggend en aand die natuurelemente daar buite om by ‘n bushalte uit te kom, spandeer hy 2 ure van sy dag op ‘n busbankie en nog nooit het ons hom hoor kla nie. Daarom gun ons almal hom sy nuwe speelding wat nou sommer die pad tussen die stad en Orewa met kilometers gaan korter maak - ‘n “portable media centre “. Dit lyk soos ‘n klein hand-TV’tjie en nou hoef hy nie meer deur die venster te sit en staar nie, maar kan hy al sy gunsteling programme kyk tydens sy busrit.

Oor ‘n maand is dit alweer uithangtyd vir Marco en Reghardt. Die 23ste Junie is hulle Senior Ball, iets soortgelyks aan SA se matriekafskeid. Die twee jongmanne onder begeleiding van Kerry het verlede Saterdag hulle uitrustings gaan huur. Hierdie jaar gaan die twee broers saam makietie hou - hulle vry mos na twee beste vriendinne en het dus ook ‘n Limo saam gehuur. Die kinders word nou te vinnig groot.

Ek het al voorheen vertel dat dit glad nie ‘n probleem is vir sommige van ons Eilandbewoners en Inheemse stamme om met hulself die spot te dryf nie. So verwys party van die Eilanders na hulself as “coconuts”. Nou ja, ek en twee “ coconutshet verlede Vrydag die hele dag spandeer om ander Deli’s en Seekos-afdelings te gaan besoek vir idees en sommer om net om vergelykings te tref. Rachel is my 2IC en kom van Fidji. Tep is die Seafood Manager en is in Rarotonga gebore. Hulle altwee besit hulle eie grond en huise in Fidji en Rarotonga. Ons drie werk baie lekker saam. Sewe ure en 5 winkels later, het ons besluit ons afdelings is tops.

Woensdagaand het ons ‘n “family outing” kegelbalbaan (tenpin bowling) toe gehad. Daar was egter ‘n verskuilde agenda agter die hele uitstappie. Ek moes Vrydagaand aan ‘n kegelbalkompetisie deelneem. Vier New Worlds het mekaar die stryd aangesê en die uwe was in die Birkenhead New World-span. Pieter en die seuns het my so onder die stof gespeel dat ek dit oorweeg het om my aan die span te onttrek.

Vrydagaand was dit egter ‘n heel ander storie. Ek het soos ‘n kampioen gespeel en daardie jong laaities by die werk het nou sommer baie respek vir die Deli-koningin.

(Ons het eendag oor mense met titels gespot en ek het toe gevra om as Her Royal Highness aangespreek te word). Ons het twee spanne op die baan gehad - ‘n jong drinkerspan en danthe elderly team”. Moenie dink daar is halt geroep na die prysuitdeling nie. Toe begin die kompetisies eers. Ek het my selfs op ‘n perd se rug bevind en ons het dit omtrent uitgespook om te bepaal watter afdeling het die beste ruiter. Dit was nou ‘n aand vol vet pret.

23H00

Ons het nou net “Gorillas in the mist” klaar gekyk en die wedgeld het na Ben gegaan. As ek Kevin mooi verstaan, is Ben ‘n Aussie en was hierdie rondte dus die Aussies s’n. Die beste span het vanaand gewen….en hy wemel van die All Blacks. Ek lees in vandag se koerant dat Jake White nou nie meer by die kwotastelsel hoef te hou nie. So hier kom seker nou ‘n magtige Springbokspan.

Kiwi-groete

Anna-Maré

Nog iets oor NZ

Hallo

Ek weet daar is heelwat van julle wat graag iets meer soek as net my sinnelose gebabbel in my algemene briewe. Ander is weer tevrede met die alledaagse nuus roondom die Claassens. Hier is nou ietsie vir julle wat graag meer oor Kiwiland wil weet. Julle hoef nie verder te lees nie. Ek stuur later vandag ‘n algemene briefie.

Groete

Anna-Maré

NS. Ek haal hierdie inligting direk aan uit Brokkies, ons Afrikaanse Elektroniese nuusbrief wat weekliks verskyn.

Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 2)

Hiermee Deel 2 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealandverky.

Die Southern Alps in Nieu-Seeland

Klimaat

· Cook Strait, tussen die Noord- en Suid-Eiland van Nieu-Seeland, verteenwoordig die hoofgaping tussen die bergreekse van die twee eilande. Dit dien as ‘n soort lugtonnel wat lug na die land laat vloei en veroorsak dat areas soos Wellington baie winderig is.

Þ Foveaux Strait, tussen die Suid- en Stewart-Eiland verrig min of meer dieselfde funksie.

· Januarie en Februarie is gewoonlik Nieu-Seeland se warmste maande en Julie die koudste.

Þ NS se GEMIDDELDE temperature wissel tussen sowat 8°C in Julie tot 17°C in Januarie.

Þ Somertemperature bereik dikwels 30°C in talle binnelandse en oostelike gebiede.

· Die gemiddelde reënval verskil redelik baie oor die land, van minder as 400mm per jaar in Sentraal-Otago tot meer as 12,000mm by die Suidelike Alpe.

Þ Somer is die droogste seisoen in die Noord-Eiland en die noordelike Suid-Eiland.

Þ Winter is egter die droogste seisoen vir die Weskus van die Suid-Eiland en die binneland van Canterbury, Otago en Southland.

· Humiditeit is meestal tussen 70 en 80% in die kusgebiede en sowat 10% laer in die binneland.

Þ Baie lae humiditeit van sowat 25% word dikwels ervaar rondom die Suidelike Alpe, veral weens winde soos die warm, droë, “Canterbury Nor’wester”.

· Die Noord-Eiland het ‘n klein, permanente sneeugebied (bo 2,400m) op die sentrale plato.

Þ In die winter mag sneeu op enige bergreeks val, maar dit gebeur selde onder 500m.

Þ Die permanente sneeulyn op die Suidelike Alpe is tussen 2,100m, met gletsers so laag as 700m op die oostelike hang en 400m op die steiler westelike kant.

· Osoon, ‘n atmosferiese gas wat die meeste van die son se skadelike ultravioletstrale uitfiltreer, krimp geleidelik wêreldwyd, soos algemeen bekend is. Die gemiddelde afname in somer-osoon in NS is sowat 5% per dekade in die afgelope 20 jaar.

Þ Die “gat” in die osoonlaag wat gedurende lente en somer oor Antarktika bestaan, strek nie so ver as NS nie.

Þ Ultra-violetvlakke oor NS is die hoogste in die somer, van 12 tot 2nm, in wolklose omstandighede, en in die noorde van die land.

In die afgelope jare het die “verbrokkeling” van die osoonlaag oor Antarktika later begin plaasvindtydens hoogsomer – en sodoende die UV-vlakke oor NS verhoog.

Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 3)

Hiermee Deel 3 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealand” (2002) verky.

Wild- en Plantlewe

· Die volgende word nêrens anders ter wêreld aangetref as in Nieu-Seeland nie:-

Þ 90% van NS se insekte en molluske (weekdiere)

Þ 80% van NS se bome, varings en blomplante

Þ 25% van NS se voëlspesies

Þ Al 60 reptiele

Þ 4 oorblywende paddas

Þ 2 vlermuisspesies

· Die mens het sedert 1840 talle van NS se spesies ingevoer, wat die landskap en ekologie onherroeplik verander het:

Þ Meer as 80 soogdier-, voël- en visspesies

Þ Meer as 1,800 plantspesies

· NS het baie min giftige of gevaarlike landdiere:

Þ NS het geen slange nie

Þ Die uiters skaars katipo-spinnekop is die enigste inheemse giftige skepsel

· Totale ordes en families word slegs in NS aangetref:

Þ Tuatara, moa en kiwi, alle inheemse akkedisse en alle inheemse erdwurms (178 spesies)

Þ Die groot moa het uitgesterf, maar die ander groot vluglose voëls bestaan nog

· NS het 87 seevoëlspesies

· Ongeveer 400 verskillende seevissoorte leef in die waters om NS

· So veel as 32 walvissoorte is al in NS-waters gevind

Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 4)

Hiermee Deel 4 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealand” (2002) verky.

Wild- en Plantlewe

· Ten minste 1 uit elke 10 Nieu-Seelandse plante se voortbestaan word bedreig

· So veel as 78% van Nieu-Seeland was deur woude bedek voordat mense hulle hier tuis gemaak het.

Þ Een derde van die woude is deur Maori ontbos, voor die koms van Europeërs

Þ ‘n Verdere derde is ontgin na die koms van Europeërs, in die afgelope 160 jaar

Þ Tans is slegs sowat 23% van NS deur woude bedek, waarvan die meeste beskermd is

· Die grootste Kauri-boom op rekord was by Mill Creek, Mercury Bay.

  • In 1850 is bevind dat dit 21.8 meter net tot by die eerste tak was!
  • Die bekende Kauri “Tane Mahuta” – in die Waipoua-woud – is 51m hoog en 1,200 jaar oud

· ‘n 28 meter hoë, 700 jaar oue Kahikatea-boom groei in South Westland

· Ongaonga, NS se “vreeslikeinheemse netel het met sy skerp steek al verskeie honde, perde en ten minste een persoon se dood veroorsaak