Antjie Se Pen (subtitel van www.afrikakiwi.com)

Antjie se pen was die geboorte van my groot droom om eendag 'n boek of dalk twee te skryf. Een van my drie vereistes voor ek Nieu-Seeland toe gekom het, was dat daar van dag 1 af 'n rekenaar in die huis moet wees, want kommunikasie met die familie en vriende was uiters belangrik. Die dag dat ons voet op Kiwi bodem gesit het, het die eerste Nieu-Seeland nuusbrief die lig gesien... besoek ons webtuiste: www.afrikakiwi.com

NZ-nuus - deel 1

Maandag– 16 Maart 2009
 
1800
 
More Almal
 
Presies 6 maande na die laaste algemene geselsbriefie, skryf ek die lang-beloofde nuusbrief.
 
Paasfees loer alweer om die draai, maar ek hoop julle het almal ‘n heerlike Desembervakansie gehad en lekker gerus. Mag 2009 baie voorspoed inhou vir elkeen van julle en die ekonomiese dilemma waarin die wêreld hom bevind ver van julle voordeure af bly.
 
KLIEK OP DIE ONDERSTREEPTE BLOU GEDEELTES VIR ‘N FOTO.
 
Net so ‘n vinnige draai gooi in 2008 om julle op hoogte met ons doen en late te bring.
 
Einde September het Elizma, Pieter se sussie, kom kuier. Ons het so ‘n vinnige volgepropte toertjie met haar gedoen, want sy was net so ‘n bietjie meer as 2 weke in NZ. Elizma en Marco het dadelik aanklank bymekaar gevind en was die res van haar vakansie onafskeidbaar. Die Auckland Dieretuin is altyd ‘n MOET op ons lysie en so ook die Puhoi Pub. Gelukkig vir haar was daar nog sneeu by die skiveld en kon ons daar ook ‘n draai maak. Rotorua het net soos wat die ou stink plekkie maar doen, ook haar hart gesteel. Die dorp was oortrek met goudgeel tulpe  -  ‘n asemrowende prentjie. Weet nie of Elizma maar net ‘n fotografiese gelukbringer is nie, maar ons kon ook staan en kyk hoe ‘n klein Wallabie-babatjie uit haar ma se buidelsakkie klim. Ek weet nou nog nie hoe daardie kleintjie terug in daai sak is nie.
 
Die 2de November breek die Auckland-maraton aan. Ek het toe nie so hard geoefen soos ek wou nie en my liggaam het my vir 21km lank daaraan herinner. Was dit nie vir Pieter wat die 21km saam met my gedoen het nie, sou ek al by die 3km-merk tou opgegooi het. Pieter het glad nie voorberei vir die wedloop nie en het daarom besluit om as ondersteuning saam met my teen ‘n slakkepas die pad oor Auckland-brug aan te durf. Foeitog, ek dink hy was maar baie gefrustreerd, want plek-plek moes hy selfs stap.
 
Die hardloopgogga het nou ook vir Kerry en Nic gebyt en Pieter is vreeslik opgewonde daaroor. Dit is sy begeerte dat almal in sy gesin aktief moet wees. Nic speel alreeds krieket, “touch” en “tag”, maar maratonne is iets wat Nic saam met Pieter kan doen. Die 11de November neem Nic en Kerry deel aan die Adra, ‘n liefdadigheidsmaraton. Hulle het albei baie goed gevaar vir ‘n eerste en Pieter was vreeslik trots op sy seun toe hy by die eindstreep aankom.
 
Marco en Reghardt het al vroeg in November met eksamen klaargemaak en gelukkig al hul vakke deurgekom. Marco volg sy ouboet se voorbeeld en neem 2009 af by die universiteit om ‘n Summer Camp in Amerika te gaan doen. Met Nic wat ook die nes verlaat het, gaan dit vreeslik stil wees met net Reghardt in die huis. Ek kan nie glo dat ons amper in die tydvak is waar die nes leeg is nie.
 
Kersfees 2008 was ‘n stil ene…die kinders se keuse. Hulle wou nie die huis verlaat om in ‘n park gaan braai nie – te veel mense. Die aanloop tot Kersfees was egter meer bedrywig, want daar was ons jaareindfunksie by Spookers, ‘n ou malhuis wat in ‘n spookhuis en restaurant omskep is en dan het ons mos baie Desemberbabas, Kerry ingesluit.So daar was heelwat koek en “tee”-geleenthede.
 
Telekom het hierdie jaar ‘n reuse elektroniese boom in Victoria Park opgesit en ons het ook daar ‘n draai gemaak toe ons na Franklinstraat se “liggie-huise” gaan kyk het. Aan die voet van die boom was hordes “bean bags” en ‘n mens kon daarop neerval en lê en opkyk na die verskillende kleurpatrone aan die binnekant van die boom. Dit is dan ook daar waar ons die klomp broers van die Kaap met hul Springboktruie raakloop. Drie dae voor Kersfees en al waaroor hulle praat dat almal kan hoor, is hoe goed die Bokke is. Reg rondom die boom was telefoonhokkies vanwaar jy vir Santa op sy spesiale lyn kon skakel. So groot soos die kinders is, het hulle ook ‘n lyn na Santa geslaan. Kos was ook nooit ver agter nie…ons het omtrent weggelê aan die sosaties en spare ribs oor die groot dae.
 
Van die  28ste Desember af was die kinders weer dun gesaai. Nic het op ‘n Nuwejaars “road trip” gegaan en Reghardt het saam met die kerk op Great Barrier Island gaan kampeer. So die Oujaarsbaba het alleen saam met Pieter, Engela en Johan verjaar. Die klomp “girls” by die werk het vir my 6 mandjies vol allerhande eet- en lekkerruikgoed gegee en ek en Engela het ‘n fees gehad om dit alles uit te pak. Ons het die Oujaar so saam met die bure se vuurwerke uitgekuier.
 
Tot later as ek 2009 se nuus stuur.
 
Anna-Maré

NZ-nuus deel 1

'n Vinnige Hallo

Hallo Almal

As ek reg onthou, het ek verlede jaar September laas 'n algemene
nuusbriefie gestuur. Die nuus het nooit opgedroog nie, die tyd om te
skryf het net al hoe minder begin word. Ek het darem al die nuus
weggebêre om julle later mee te bombardeer. Later begin more.

Dit gaan baie goed met ons almal, veral nou... Oupa en Ouma kuier hier
by ons vir 'n hele 6 weke!! Ek het ook 6 weke verlof geneem en Pieter 'n
maand. Ons het nou al 'n week se toer agter die rug en vertrek volgende
week noordwaarts met my pa en ma. Pieter gaan aan 'n 4-dag fietswedren
deelneem en ons is sy "support crew". Hierdie week is ons by die huis om
Oupa se bene 'n ruskansie te gee.

Dit was die 27ste Februarie my ouers se 50ste huweliksherdenking en ons
was bevoorreg om dit met hulle te deel. Ons het bo in die Sky Tower met
hulle gaan eet. Ek heg 'n foto's aan van Oupa en Ouma met die
kleinkinders, Oupa en Ouma wat 'n glasie klink en dan Pieter saam met
hulle. Daar is ook ene van my en my pa na die Blues-Sharks wedstryd. My
pa is 'n vreeslike groot Shark-ondersteuner en my bloed is potblou vir
die Blues, maar ons twee was ordentlik genoeg om nie handgemeen te raak
tydens die wedstryd nie. Dit is fantasties om vir die twee oumense die
land te wys. Hulle is nie meer vandag se kinders nie en die ou bene wil
ook nie meer aldag saamwerk nie, maar jy hoor hulle nooit kla nie. Hulle
kan net nie genoeg kry van alles wat ons hulle wys nie.

Ons het moreoggend 'n blaaskansie voor ek hulle na 'n ou "pub" in Puhoi,
'n klein boeregemeenskappie, neem. Dan gaan ek my eerste algemene
nuusbrief die lug laat sien.

Groete

Anna-Maré