Kiwi-nuus Deel 2
Sondag –
18H00
Vrydag het Saterdag geraak en Saterdag Sondag… Ek en Pieter het gisteroggend die strate ingevaar en wat net ‘n vinnige draaitjie by ‘n winkel of twee moes wees, word toe ‘n 12-uur lange uitstappie - so ‘n onbeplande dag is altyd ‘n sukses. Ons dag het in ‘n klein deurmekaar koffiewinkeltjie begin waar jy sommer so om ‘n groot kombuistafel saam met almal wat kom koffie soek, kuier. Dit het amper soos my ma se kombuis gevoel.
Die Kiwi’s is vreeslik in hulle noppies met NZ se jongste winkelsentrum, die grootste van sy soort op die eiland. Ons het ook gister daar gaan ronddwaal en het gewens ons
Op pad huis toe het ons gou gaan oë wys by Engela en Johan en wou eintlik net ‘n vinnige koffietjie drink. Sit jy egter ‘n paar Suid-Afrikaners bymekaar,
Ek en Pieter het Woensdagaand ‘n bietjie in NZ se kultuurkringe rondbeweeg. Ons was bevoorreg om The Beauty and the Beast – die Musical - te gaan kyk. Een van my verskaffers was een van die hoofborge en ons was toe eregaste by een van die vertonings - kompleet met ‘n onthaal voor die tyd. Dit was ‘n wonderlike belewenis…twee-en-‘n-half uur in ‘n fantasiewêreld waarin elke karakter lewendig word - die kandelaar, muurklok, hangkas, lepels, borde….. Ek het nie geweet dat dit menslik moontlik is om sulke kostuums te skep nie. Ons het Nic toe so aangesteek dat hy Saterdagaand vir Kerry na die vertoning geneem het, want dit is haar gunsteling tekenprent.
Nic en Kerry was die eerste week na hulle eilandvakansie baie depressief. Hulle het die warm weer en stadige eilandlewe vreeslik gemis. Die twee het baie nuwe vriende gemaak met jongmense van Swede, Ierland en ook ‘n Pom wat by dieselfde gastehuis as hulle gewoon het. Hulle het glo nou baie kuierplek as hulle Europa toe wil gaan. Hulle klomp het die naglewe in
Ek het ook so twee weke gelede ‘n eiland gaan besoek, maar dit was ‘n eiland van ‘n heel ander kleur…’n eiland van vulkaniese swart rots wat na 600 jaar byna heeltemal oortrek is met plantegroei. Ek, Rachel en Tep, my twee vriende by die werk, het Rangitoto Eiland, NZ se jongste vulkaan gaan uitklim.
Terwyl ons vir die “ferry” gewag het, het ons gedink ons gaan die enigste mal mense wees wat in sulke triestige weer die een uur lange tog na die piek van die vulkaan gaan aandurf. Al drie vlakke van die “ferry” was egter vol mense - verskillende nasionaliteite, oud en jonk. Dit is ‘n stywe klim tot by die krater en dan nog bykans ‘n honderd trappe na die uitkykpunt vanwaar jy ‘n asemrowende uitsig oor Auckland en al die omliggende eilandjies het. Dit is net daar waar ons die kaas en beskuitjies en likeurbottel uitgepluk het. Met die versterkings agter die blad was die terugtog baie makliker. Ons is eers deur die lawagrotte
voor ons na die voet van die vulkaan is en was net betyds om die laaste “ferry” terug Auckland toe te haal.Black Ferns world champions again