More
Ek weet nie wie almal belangstel in die feite oor NZ nie, maar ek stuur dit in elk geval. Ek het die foto’s uitgehaal sodat die epos nie so groot moet wees nie.
Stuur nou-nou foto’s van Marco en Reghardt se groot aand.
Groete
Anna-Maré
Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 5)
Hiermee Deel 5 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealand” (2002) verky.
Voëllewe
Takahe Kakapo Weka
· Nieu-Seeland is bekend vir sy groot aantal vluglose voëls. Daar is nog so baie oor omdat hier voorheen nie natuurlike roofdiere was nie, totdat die mens - sedert sowat 1,000 jaar gelede – sekere roofdiere die land ingebring het.
· Hierdie is enkele voorbeelde van die land se vluglose voëls:
Þ Kakapo
Þ Takahe
Þ Weka
Þ Blou pikkewyn (5 spesies)
Þ Kiwi (verskeie spesies)
· Die Kiwi is die enigste voël ter wêreld wat neusgate op die punt van sy snawel het.
· Sommige migrerende voëls, soos Nieu-Seeland se griet (Engels: godwit) en knoet (Engels: knot) vlieg van Siberië en Alaska na Nieu-Seeland (‘n afstand van 11,000 km) twee maal per jaar. Die griet vreet ter voorbereiding glo genoeg totdat 55% van sy liggaamsgewig deur vet beslaan word.
· Die Royal Forest and Bird Protection Society of New Zealand (bekend as ‘Forest and Bird’) is die senior bewaringsorganisasie in die land. Dit is in 1923 gestig en het meer as 40,000 lede landwyd.
· Hier is ‘n paar interessante feite:-
Þ Die wêreld se grootse voël was die moa (uitgesterf) en was ongeveer 3m hoog.
Þ Die wêreld se grootse roofvoël was die Haast-arend (uitgesterf), met kloue wat tot 75mm lank geword het.
Þ Die grootste moa-eier het 4 kg geweeg.
Þ Die mees onlangse geval van uitsterwing van ‘n voël het plaasgevind toe die laaste winterkoninkie (Engels: bush wren) in 1960 in die suide deur rotte doodgemaak is.
§ ‘n Ligtoringwagter se kat het al die Stephens-eiland se winterkoninkies (wrens) uitgewis kort nadat hulle ontdek is.
Þ Daar is slegs ongeveer 36 sterretjies of visdiefies (Engels: Fairy terns) oor, wat dit die mees bedreigde voëlsoort in NS maak.
Þ Die Chatam-eiland se taiko is op tussen 100 en 140 voëls die mees bedreigde seevoël.
Þ Die kakapo (kyk foto) is die wëreld se swaarste vluglose papegaai, met die grootste massaverskil tussen die geslagte.
Þ Die huia-voël is lankal uitgesterf. Sy dae was getel toe ‘n huia-veer as geskenk aan die besoekende Hertog van York gegee is. Hierdie onskuldige gebaar het die vraag na huia-vere honderdvoudig laat toeneem.
· Daar is 4 spesies kiwis en ses variëteite van die voël bekend. Dit word beraam dat daar 85,000 kiwis oor is, maar hul getalle neem af teen bykans 6% per jaar. Overgesetsynde halveer hul getalle elke dekade.
Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 6)
Hiermee Deel 6 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealand” (2002) verky.
Soogdiere
Hooker-seeleeu Hector-dolfyn Pekapeka-vlermuis
· Voor die mens se aankoms in Nieu-Seeland was vlermuise die enigste soogdiere hier.
· Polinesiërs wat eeue gelede in NS aangekom het, het twee soorte soogdiere saamgebring: die rot (“kiore”) en die hond (“kuri”)
Þ Daarna het die Europeërs vele meer soogdiere saamgebring en kollektief het al hierdie diere talle inheemse plant- en dierspesies uitgeroei.
· NS het twee inheemse vlermuisspesies wat gevaar staan om uit te sterf:-
Þ Die “New Zealand long tail bat” (pekapeka) het ‘n membraan oor die lengte van sy stert wat insekte vang terwyl hy vlieg
Þ Die “New Zealand lesser short-tailed bat” is uniek tot NS en word as ‘n “antieke” inwoner van die land beskryf.
· Twee rob-families bestaan in NS.
Þ Een van bogenoemde word meer as ‘n seeleeu beskryf
Þ Die Hooker-seeleeu is NS se enigste inheemse seeleeu. Daar is maar sowat 5,000 oor
· Nieu-Seelandse waters het 6 walvisagtige (“cetaceans”) families.
Þ Die blouwalvis is die grootste (30 meter lank en weeg meer as 120 ton)
Þ Die bultrug (“humpback”) walvis is NS se mees algemene walvis en word 15 m lank
Þ Loodswalvisse (“pilot whales”) swem in groot groepe en is die meeste geneig om massa-strandings te doen.
Þ Die 1.4 meter lange Hectors-dolfyn – ook bekend as die “downunder” dolfyn, word slegs in NS-waters aangetref. Dit is ook een van die kleinste, skaarsste dolfynsoorte ter wêreld. Genetiese navorsing het aangetoon dat daar drie tot vier populasies bestaan wat nie onder mekaar broei nie.
· ‘n Paar NS-dolfyne het groot bekendheid verwerf. So was daar byvoorbeeld ‘n dolfyn met die naam van Pelorus Jack wat van 1888 tot 1912 skepe van Wellington na Nelson gelei het.
· Die volgende plekke is goeie plekke vir walvis- en dolfynkyk: Kaikoura Coast, die Hauraki Gulf, die Suger Loaf Islands Marine Reserve en Milford Sound op die Suid-Eiland.
Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 7)
Hiermee Deel 7 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealand” (2002) verky.
Reptiele en Amfibiese diere
Hochstetter’s Padda Gecko Tuatara
· Die reptiele en amfibiërs wat in Nieu-Seeland voorkom, is die tuatara (ofte wel die “lewende fossiel”), akkedisse (stinkakkedis [Eng: skinks] & boomgeitjie [Eng: gecko) en ook paddas.
· Die TUATARA
Þ Daar word beraam dat daar ongeveer 100,000 tuatara oor is.
Þ Twee spesies bestaan – die mees algemene kom op die noordelike eilande voor terwyl die ander spesies op een klein eiland in die Cook Strait voorkom
Þ Tuatara is nagdiere
Þ Hulle broei slegs elke twee tot vier jaar en lê dan so 12 eiers, wat begrawe en verlaat word. Die eiers broei na 12 tot 15 maande uit en die kleintjies se geslag word deur die grond se temperatuur bepaal.
Þ Tuatara kan tot 24 cm lank word en ‘n massa van 500 gram haal. Hulle kan tot 60 jaar oud word.
· Die Akkedis
Þ Die meeste akkedissoorte (soos bo genoem) baar hul kleintjies lewendig, eerder as om eiers te lê.
Þ NS se boomgeitjies (geckos) is die enigste ter wêreld wat lewendige geboorte gee.
Þ Albei soorte akkedisse laat hul sterte afval as hulle bedreig voel.
Þ Daar word gedurig nuwe boomgeitjiespesies ontdek.
Þ Anders as die meeste ander reptiele, kan die boomgeitjies geluide maak
Þ Antieke Maori het die groen gecko gevrees as ‘n teken van rampe wat gaan volg
Þ NS het 28 stinkakkedisspesies (“skinks”)
· Paddas
Þ NS se paddas is moeilik om raak te sien, aangesien hulle klein is en hulself goed kamoefleer. Hulle is ook nagdiere.
Þ Daar was oorspronklik sewe spesies in NS, maar vandag bestaan slegs drie spesies nog
Þ NS se paddas verskil van ander paddas in die wêreld op die volgende gebiede:-
§ Hulle het geen eksterne oordrom nie
§ Hulle het ronde (nie gesplete) oë
§ Hulle kwaak nie gereeld soos ander paddas nie
Hulle het nie ‘n “paddavis”-fase nie. Die embrio ontwikkel binne die eier en kruip as volmaakte padda “uit die dop”.
Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 8)
Hiermee Deel 8 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealand” (2002) verky.
Vislewe
Varswatervis
Die “Lamprey”, ook genoem Prik
· Nieu-Seeland het 56 varswater-visspesies (35 hiervan is inheems)
Þ ‘n Verdere sewe seevis-spesies gaan soms varswater binne.
Þ Van die 21 ingevoerde visspesies – soos die koi-karp – verwoes inheemse visse se habitat, of maak selfs op inheemse vis jag
· Inheemse varswatervis in NS is gewoonlik klein, sku, goed gekamoefleer en snags bedrywing
· Die lamprey of prik (Eng: “Lamprey”) lyk soos ‘n paling, maar is ‘n primitiewe vis wat op seevisse en walvisse voer deur aan hulle vas te byt met hul skerp, sirkelvoremige tandjies. Hulle kom varswater binne om te broei, waarna hulle vrek.
· Bedreigde varswatervis:-
Þ Kakanui Longjaw (Krities bedreig)
Þ Canterbury Mudfish en Northland Mudfish word nasionaal bedreig
· NS het drie palingspesies. Een daarvan is ‘n onlangse immigrant van Australië.
Þ Die langfin- en kortvin-palings leef vir jare in varswater, waarna dit na die tropiese Stille Oseaan verhuis om te broei en te sterf
Þ Palings kan vir baie jare leef. ‘n paling wat 10kg weeg, kan tussen 60 en 70 jaar oud wees.
Þ Sommige palings haal ‘n lengte van 1.75m en kan tot 24kg weeg
Þ Pailings was ‘n belangrike bron van kos vir Maori’s en daar word nou kommersieel daarmee geboer
§