Groete uit NZ
Saterdag – 27 Mei 2006
18H00
‘n Goeie Maandagoggend vir almal
Die winter is hier en dit is koud en nat, maar volgens die artikel wat ek in Brokkies gelees het, is dit nog nie so koud soos in
Daar was ook al heelwat sneeuneerlae by Mt Ruapehu, een van die nog steeds aktiewe vulkane, waar ons verlede jaar gaan ski het. Die tweede naweek van die skoolvakansie is dit die Groot Trek sneeu toe. Hierdie jaar gaan die kinders saam en hier heers alreeds ‘n groot opgewondenheid onder hulle - sal hulle probeer ski of is “snowboarding” ‘n beter roep. Sover beplan ons en Engela-hulle nog om maar te hou by die “chairlifts” en cappuchino’s in NZ se hoogste restaurant. Die kinders sal nog uitvind waarom ons by die ligte vermaak wil hou. Ons het ‘n groot huis by een van die motelle, waar daar ook spapoele en pooltafels is, te huur gekry.
“ This time it's All Black on All Black, it's mate on mate, actually everywhere right through the 15. That builds for an exciting final."
Ja, vanaand is dit die suiwer NZ-finaal. Ek glo dat selfs die lojaalste Springbok-ondersteuner (weet nie van die Aussies nie) moet erken dat die twee beste Super 14-spanne vanaand in die finaal teen mekaar te staan kom. Op papier lyk dit asof die Crusaders die titel vir ‘n sesde keer kan wen, maar daar is drie redes waarom ek hoop die Hurricanes verhang vanaand so ‘n bietjie die bordjies.
Die Super12/14 het al nes die Grand Prix begin raak - jaar na jaar wen “ boring old “ Schumacher nie net byna elke wedren nie, maar die hele toernooi. Net vir interessantheid, ek hoor Schumi is aangewys as die wêreld se verveligste sportman van die jaar. Dit is tyd dat daar nou ‘n ander Super 12/14-kampioen gebore word. Tweedens is ek ook ‘n vreeslike groot Tana-“fan” - het mos al gesê hy is vir my eintlik mooi van lelikheid. Ek hoop die span speel vanaand spesiaal vir ‘n wen vir hom, siende dat sy internasionale beroep nou verby is.
Dan eintlik die groot rede…AUS$ 110. Ek en tien ander SA-ers en Aussies daar in
Ek het ook hierdie jaar weer deelgeneem aan die Telecom Virtual Rugby-kompetisie waar jy elke week die wenspanne sowel as die punteverskil moes voorspel. Dit is hoe ek gevaar het: You have 459 points, and you're ranked in position 6,944 out of 143,618 players. Nie sleg nie, né.
En met die volgende beriggie sluit ek die rugbystories af:
South African cleared for All Black selection
By Wynne Gray
When Greg Rawlinson joined a quasi-All Black squad for a special conditioning session this week he carried an extra burden of uncertainty.
The South African-born lock wanted to play for
Rawlinson remained in eligibility limbo as he and others from the Blues, Chiefs and Highlander franchises went through skill and fitness tests under the supervision of the All Black panel.
But yesterday Rawlinson received a positive report from the game's rulers, one which cleared him for national selection day tomorrow.
"His eligibility has been confirmed for
"We were confident he had fulfilled the three-year requirement, they had been given a detailed analysis of his movements."
Rawlinson had been chased by Springbok coach Jake White last year but rebuffed those offers to pursue his career in
Pieter het die 18de Mei sy 5de NZ-verjaarsdag gevier en homself bederf met ‘n baie oulike geskenk. Vir 5 jaar lank trotseer hy elke oggend en aand die natuurelemente daar buite om by ‘n bushalte uit te kom, spandeer hy 2 ure van sy dag op ‘n busbankie en nog nooit het ons hom hoor kla nie. Daarom gun ons almal hom sy nuwe speelding wat nou sommer die pad tussen die stad en Orewa met kilometers gaan korter maak - ‘n “portable media centre “. Dit lyk soos ‘n klein hand-TV’tjie en nou hoef hy nie meer deur die venster te sit en staar nie, maar
Oor ‘n maand is dit alweer uithangtyd vir Marco en Reghardt. Die 23ste Junie is hulle Senior Ball, iets soortgelyks aan SA se matriekafskeid. Die twee jongmanne onder begeleiding van Kerry het verlede Saterdag hulle uitrustings gaan huur. Hierdie jaar gaan die twee broers saam makietie hou - hulle vry mos na twee beste vriendinne en het dus ook ‘n Limo saam gehuur. Die kinders word nou te vinnig groot.
Ek het al voorheen vertel dat dit glad nie ‘n probleem is vir sommige van ons Eilandbewoners en Inheemse stamme om met hulself die spot te dryf nie. So verwys party van die Eilanders na hulself as “coconuts”. Nou ja, ek en twee “ coconuts” het verlede Vrydag die hele dag spandeer om ander Deli’s en Seekos-afdelings te gaan besoek vir idees en sommer om net om vergelykings te tref. Rachel is my 2IC en kom van Fidji. Tep is die Seafood Manager en is in
Woensdagaand het ons ‘n “family outing” kegelbalbaan (tenpin bowling) toe gehad. Daar was egter ‘n verskuilde agenda agter die hele uitstappie. Ek moes Vrydagaand aan ‘n kegelbalkompetisie deelneem. Vier New Worlds het mekaar die stryd aangesê en die uwe was in die Birkenhead New World-span. Pieter en die seuns het my so onder die stof gespeel dat ek dit oorweeg het om my aan die span te onttrek.
Vrydagaand was dit egter ‘n heel ander storie. Ek het soos ‘n kampioen gespeel en daardie jong laaities by die werk het nou sommer baie respek vir die Deli-koningin.
(Ons het eendag oor mense met titels gespot en ek het toe gevra om as Her Royal Highness aangespreek te word). Ons het twee spanne op die baan gehad - ‘n jong drinkerspan en dan “the elderly team”. Moenie dink daar is halt geroep na die prysuitdeling nie. Toe begin die kompetisies eers. Ek het my selfs op ‘n perd se rug bevind en ons het dit omtrent uitgespook om te bepaal watter afdeling het die beste ruiter. Dit was nou ‘n aand vol vet pret.
23H00
Ons het nou net “Gorillas in the mist” klaar gekyk en die wedgeld het na Ben gegaan. As ek Kevin mooi verstaan, is Ben ‘n Aussie en was hierdie rondte dus die Aussies s’n. Die beste span het vanaand gewen….en hy wemel van die All Blacks. Ek lees in vandag se koerant dat Jake White nou nie meer by die kwotastelsel hoef te hou nie. So hier kom seker nou ‘n magtige Springbokspan.
Kiwi-groete
Anna-Maré