Nuus uit Brokkies
More Almal
Ek stuur later al my nuus oor my besoek aan SA. Eers so ‘n paar stukkies uit Brokkies, ons e-pos nuusblad.
Hoekom die plaasboere in SA so swaar kry…
Die Landbouweekblad het vroeër vanjaar glo ‘n boer aangehaal wat soos volg verduidelik het waarom dit so swaar gaan met plaasboere in Suid-Afrika:
"Dit het alles in 1961 begin, toe die geldstelsel van ponde na rande verander het en my oortrokke bankrekening dus verdubbel het.
"Ek was net besig om daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme in die plek van ponde en onse en my oes verminder met die helfte.
"Toe verander hulle die reënval van duime na millimeter en ons het sedert daardie tyd nog nie weer 'n duim reën gehad nie. Wat doen hulle toe? Bring 'n ding genaamd Celsius uit en die temperatuur daal met twintig grade.
Geen wonder my mielies wil nie groei nie. Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle grond van morge na hektaar en my plaas se grootte verminder met die helfte.
"Dit is toe dat ek besluit om die plaas te verkoop. En glo my, toe verander hulle myle na kilometer. Nou is my plaas so ver uit die dorp dat niemand belang stel nie!”
Stand van SA-rugby steeds onder die loep
Verlede week is Brokkieslesers uitgenooi om te reageer op ‘n briefskrywer in Net-Rapport wat kaalvuis onder Suid-Afrika se Super 14-spanne ingeklim het. Hy het onder andere geskryf dat hulle nog nooit hond haaraf kon maak in hierdie kompetisie nie en eerder in ‘n kompetisie in die Noordelike Halfrond behoort deel te neem. Volgens hom speel hulle steeds ‘n oud-modiese patroon wat nêrens in die wêreld meer in aanvraag is nie. Hier is twee reaksies wat ons ontvang het… Een vanuit Nieu-Seeland en een vanuit Suid-Afrika:
Hallo uit Suid Afrika,
Ek lees gereeld julle Brokkies en wil net graag ‘n bydrae lewer oor SA se rugby. Ek self is n Cats-ondersteuner en dis maar swaar om week na week ons spanne so te sien sukkel (in die Super 14-reeks). Wat vir my so verstommend is dat ons slegs in die eerste jaar iets kon bereik toe dit nog die Super 10 was.
Maar ongelukkig is dit asof die Kiwi en Australiese spanne daarna na ‘n hoër rat oorgeskakel het en ons kon net nie bybly nie. Na soveel jare ploeter ons nog steeds voort.
Waar lê die probleem? Is ons net nie goed genoeg nie, is dit die spelers of is dit ons afrigting?
As ons swak speel en onderpresteer, lei dit daartoe dat ons wedstryde verloor en leë stadiums maak weer die spelers negatief. Verder dink ek ons afrigters het nie die vermoë om die spelers te leer dat as hulle oorsee toer, dit maar net nog ‘n rugbyveld is nie. Dis asof hulle met ‘n vrees op die veld harloop en die gedagte lewendig hou dat hulle ver van die huis af is.
Leon Haarhoff
Suid-Afrika
(Brief verkort. – Red.)
‘n E-posgrap wat tans die rondte doen, herinner die leser dat M-Net in SA slegs die beste sport-aksie wil vertoon en gevolglik die “Kanaal van Kampioene” genoem word. M-Net het dus kamma besluit om tot verdere kennisgewing alle Stormers- en Cats-wedstryde na die “Cartoon Network” te verskuif!
Dis volgende week ANZAC DAY in Kiwiland
Op Dinsdag, 25 April word ANZAC Day in Nieu-Seeland en Australië gevier. ANZAC is die naam wat gegee is aan die soldate van die AUSTRALIAN and NEW ZEALAND ARMY CORPS wat gedurende die oggend van 25 April 1915, tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) op die Gallipoli-skiereiland in Turkye aan wal gegaan het. Dit het tot ‘n uitgerekte en bitter stryd gelei, met duisende gesneuweldes, aangesien dinge vir die Anzac-troepe baie skeef geloop het.
Die gevolg was dat een dag elke jaar deur Nieu-Seeland en Australië opsy gesit word, sodat mense hierdie belangrike veldslag in die twee lande se geskiedenis– en al die gesneuweldes - kan herdenk. Dit word gesien as ‘n nasionale dag van seremonies, onthou, dankbaarheid en nasionale trots.
Een van die uitkenbare kultuurelemente in die Kiwi-gemeenskap is die verskynsel dat jong Nieu-Seelanders dit as ‘n “moet” beskou om Gallipoli in Turkye op ‘n soort “pelgrimstog” te besoek en by die monument oordenking te doen. Duisende jong Kiwi’s en Aussies besoek Gallipoli jaarliks vir hierdie doel.
Ons glo dit is belangrik dat ons as SA-immigrante verstaan watter emosies deur die Kiwi’s aan hierdie dag gekoppel word en dat ons daarvoor begrip en deernis sal hê. Neem gerus jou kinders na ‘n “dawn ceremony” in jou omgewing, vir belangrike blootstelling in hierdie verband.
Tweede Aussie-skool aanvaar Afrikaans as “tweede taal”
Afrikaanssprekendes sal deesdae nie hul ore
Mnr. Pieter Schoeman, hoof van die skool, het gister gesê die beheerliggaam van die skool het onlangs besluit om Afrikaans die tweede taal van die skool te maak na wye belangstelling. Die tweede taal was voorheen Frans. Volgens Schoeman is Australiërs – soos die Suid- Afrikaners wat daar bly – baie opgewonde oor Afrikaans.
“Daar is sowat 50 leerlinge in die skool wat dit wil neem en die verwagting is dat getalle sal groei. Onder die gemeenskap is daar ’n respek vir Afrikaans.”
Heelparty van die Australiërs wat ten gunste van Afrikaans is, is oorspronklik van Nederlandse afkoms en beskou dit glo as ’n taal waarmee hulle