Dippies se brief - die eerste een
Gedink julle sou dalk die ou se brief wou lees….
Dippies se brief
8 Augustus 2005
RUGBYKOMMENTAAR UIT
Weer eens staan ek toe 1-uur Sondagoggend op om die rugby te kyk. Dis maar standaard prosedure as die Bokke speel. Ek hoor toe mos hoe die een ou so links agter vir sy pel sê “vandag sing ons die Haka dood", ja dis die voordeel van surround sound jy sit in die skare, “eina”, amper byt ek my tong raak, so naby die kiesgedeelte.
Ek wil eerstens net die Bokke gelukwens op hulle fantastiese oorwinning oor die All Blacks. Dit is nie snaaks data Tana Umanga nie sy kapteinskap toespraak na die wedstryd kon uitlewer nie, hy was dikbek soos ’n klein seuntjie wat nie roomys gekry het nie of was hy bang groot Kobus Wiese donder hom?
Ek het weer eens gesien dat hy geen passie vir rugby het nie aangesien hy weer eens saam met Jerry Collins met ’n bek vol tande gestaan het toe die Nieu-Seelandse volkslied gesing is met ’n African vibe.
Ek het vir die rastavarian ’n boodskap, kry houding en passie vir die spel, jy is nie bo die spel nie.
Die Bokke het hom beskaam, beter "he was put to shame"!
Hy het mos gister gesê "ons sal sien wie wen op Nuweland", en nou Tana "nou wat nou...grootbek"!
Wragties geen respek en trots vir sy span en land nie, dis seer sekerlik net sy salaristjek wat hom op die veld kry of ’n opdrag van sy “tribe” somewhere iewers, met sulke hare en so gesig
Gelukkig hoor ek niemand is gebyt nie maar hulle blaf nou baie en het baie te sê.
Ons raak nou almal al bietjie gatvol as die verloorders altyd ’n probleem het met die skeidsregter of lynregters, dis nou al boring, asseblief tog nou kêrels wees nou goeie verloorders want julle sal nog baie sulke wedstryde moet kan verwerk.
Alle krediet vir die Springbokke, hulle staan met hulle vuiste op hulle harte en sing hulle harte uit, swart en wit sing in drie tale, dis wragties nasietrots en as Afrikaner was ek deel van daardie oomblik in die Republiek.
Ek luister nou vanoggend na die radio (hier in Auckland) en hoor die All Blacks doen presies wat die Leeus gedoen het, “kerm kerm kerm”, dammit hou tog op rugby is nie vir sissies nie.
Die verskil is die Engelse en All Blacks is laaities, die Springbokke is bulle! Nee, nie Steve se Bulle nie maar regte bulle, klein word hulle bulletjies genoem, wonder maar wat ons met die Leeus sou gedoen het, ja ek weet wie die wêreldbeker gewen het en so what?
Waar is Justin Marchall en Andrew Mehrtens, ons sal eerder nie hierop kommentaar lewer nie, All Black bestuur het mos weereens ’n goeie “bestuursbesluit” geneem toe kos dit hulle alhoewel ek nog steeds glo dat Marchall - Carter of Marshall - Mehrtens die beste skakel paar of kombinasie sou wees?
Dankie Richie McCraw, jy het erken dat die Bokke julle letterlik en figuurlik seergemaak het so die res hou nou verby met verskonings.
Nou hoekom skryf ek nou die e-mail oor die wen, raak ek nie te gou opgewonde nie. Nee, ons het die Wallabies en All Blacks gewen in 3 weke en dit maak my opgewonde?
Wie gaan in Perth wen, wonder want dis mos baie soos Suid-Afrika, ligging en temperatuur en Kaapstad het mos eintlik die All Blacks ge-favour maar toe gee die Bokke hulle ’n ander flavour van die spel?
"Lekke man"!
Dippies