Maandag - 23 Mei 2005
Hallo
Die rede vir die laataandbriefie is n ander briefie
Alles wat n mens mos uit jou kind se hand ontvang, is kosbaar. Myne het begin met blommetjies, party was soms onkruidblommetjies, wat Nic op sulke wankelende beentjies gepluk het. Later was dit al die prentjies wat uit die kunsklas huis toe gekom het tot daar nie meer plek was om alles te bêre nie. Vandag is van hierdie kunswerke geraam en pryk dit teen ons kamermuur. Dan is daar die skoendoos vol Moedersdag-en verjaarsdagkaartjies wat met groot liefde en opgewondenheid by die skool geverf en geplak is. Gister is daar nog n brief by hierdie ander kleinode gevoeg
Ek deel graag Nic se eerste grootmens-brief aan sy ouers met julle. Dan weet julle sommer ook hoe dit met hom in Amerika gaan. Net n waarskuwing - hy was nog nooit n groot speller nie. Sy redenasie was dat solank mense verstaan wat hy wil sê, is die saak reg.
Lekker dag. Ek is op pad bed toe.
Anna-Maré
Hallo Mamma en Pappa
Dit is nou Sondag Oggend
Dit was net ek en die ander new zealander hier die eerste aand so susan het ons uit gevat vir ete. En toe 'n Wall Mart gewys. Dit is so groot soos die warehouse en new world saam gesit. Hulle verkoop alles van groente tot shotguns to tvs tot dvds. Alles is so goedkoop hier. Petrol is 50c per litre, blikkies coke is 25c, dvds is tussen $10 en $20 vir nuwe dvds. Hulle verkoop shotguns in die supermarket. Jy hoef net oor 18 te wees. Hulle is tussen $100 en $200 selfs ek
Gister middag het al die ander councelors opgedaag wat ook life guarding doen. Daar is so 30 van ons. Het gister ons eerste les gehad. Moes 500m (20 lengtes) swem en 4m duik om 'n baksteen uit te haal. Was nogal moeilik maar het beter gedoen as meeste van die ander kinders. Sal net een dag 'n week
Gisteraand het ons af gekry so het saam met 'n paar van my cabin mates na Lafayete to gegaan. Dit is 'n dorpie hier naaby. Amper so groot soos Glenfield. Het in die mall geloop en na goed gekyk. Cds is tussen $8 en $15. Het by 'n Diner geeet. Het 'n regte American hamburger geëet en 'n peanut butter milkshake gedrink. Die hamburger was lekker en die milkshake was ok. Moet eers gewoont raak daar aan. Het toe so 11uur terug gekom en gaan slaap. Begin 1uur weer met life guarding en volgende week Vrydag met high ropes vir 'n week. Dan kom die kinders. daar is op die oomblik ook kinders hier maar hulle is net day campers. So hulle gaan in die aand huis toe en ander mense kyk na hulle.
Well mooi bly en hoop om weer gou te skryf. Laat weet maar wat julle alles wil weet.
Liefde
Nic