Antjie Se Pen (subtitel van www.afrikakiwi.com)

Antjie se pen was die geboorte van my groot droom om eendag 'n boek of dalk twee te skryf. Een van my drie vereistes voor ek Nieu-Seeland toe gekom het, was dat daar van dag 1 af 'n rekenaar in die huis moet wees, want kommunikasie met die familie en vriende was uiters belangrik. Die dag dat ons voet op Kiwi bodem gesit het, het die eerste Nieu-Seeland nuusbrief die lig gesien... besoek ons webtuiste: www.afrikakiwi.com

Kiwi-nuus Deel 2

Sondag24 September 2006

18H00

Vrydag het Saterdag geraak en Saterdag SondagEk en Pieter het gisteroggend die strate ingevaar en wat net ‘n vinnige draaitjie by ‘n winkel of twee moes wees, word toe ‘n 12-uur lange uitstappie - so ‘n onbeplande dag is altyd ‘n sukses. Ons dag het in ‘n klein deurmekaar koffiewinkeltjie begin waar jy sommer so om ‘n groot kombuistafel saam met almal wat kom koffie soek, kuier. Dit het amper soos my ma se kombuis gevoel.

Die Kiwi’s is vreeslik in hulle noppies met NZ se jongste winkelsentrum, die grootste van sy soort op die eiland. Ons het ook gister daar gaan ronddwaal en het gewens ons kan die klomp Kiwi’s in Tygervallei of Canal Walk gaan loslaat en hulle gesigte dophou. Sylvia Park is omtrent maar ‘n derde van Tygervallei, maar vir die Nieu-Seelanders is dit ‘n shopping paradise”.

Op pad huis toe het ons gou gaan wys by Engela en Johan en wou eintlik net ‘n vinnige koffietjie drink. Sit jy egter ‘n paar Suid-Afrikaners bymekaar, kan jy vir seker weet daar gaan enige oomblik ‘n vuurtjie aangesteek word. Gelukkig is die seuns mos nou al lankal gespeen en is hulle ook baie tuis voor die kospotte. Ons kon dus sonder enige skuldgevoelens tot laataand kuier.

Ek en Pieter het Woensdagaand ‘n bietjie in NZ se kultuurkringe rondbeweeg. Ons was bevoorreg om The Beauty and the Beast – die Musical - te gaan kyk. Een van my verskaffers was een van die hoofborge en ons was toe eregaste by een van die vertonings - kompleet met ‘n onthaal voor die tyd. Dit was ‘n wonderlike belewenistwee-en-‘n-half uur in ‘n fantasiewêreld waarin elke karakter lewendig word - die kandelaar, muurklok, hangkas, lepels, borde….. Ek het nie geweet dat dit menslik moontlik is om sulke kostuums te skep nie. Ons het Nic toe so aangesteek dat hy Saterdagaand vir Kerry na die vertoning geneem het, want dit is haar gunsteling tekenprent.

Nic en Kerry was die eerste week na hulle eilandvakansie baie depressief. Hulle het die warm weer en stadige eilandlewe vreeslik gemis. Die twee het baie nuwe vriende gemaak met jongmense van Swede, Ierland en ook ‘n Pom wat by dieselfde gastehuis as hulle gewoon het. Hulle het glo nou baie kuierplek as hulle Europa toe wil gaan. Hulle klomp het die naglewe in Rarotonga gate uit geniet. Bedags het hulle die eiland op hulle bromponie verken, gesnorkel, die markte besoek, op bote uitgegaan, geswem en alles omtrent die eiland leer ken - van hoe om ‘n “coconutoop te maak, die verskillende maniere om ‘n sarong te knoop en selfs om musiek te maak. Nic het selfs ‘n blom in sy hare gedra - agter sy regteroor, want dit beteken “he is spoken for”. As jy enkellopend is, dra jy jou blom agter jou linkeroor. Hulle vakansiefoto’s is genoeg om enige persoon in ‘n vakansiestemming te plaas.

Ek het ook so twee weke gelede ‘n eiland gaan besoek, maar dit was ‘n eiland van ‘n heel ander kleur’n eiland van vulkaniese swart rots wat na 600 jaar byna heeltemal oortrek is met plantegroei. Ek, Rachel en Tep, my twee vriende by die werk, het Rangitoto Eiland, NZ se jongste vulkaan gaan uitklim.

Rangitoto Island is the largest, youngest and one of the least modified of about 50 volcanic cones and craters in the Auckland volcanic field. It erupted from the sea in a series of dramatic explosions around 600 years ago, and is now extinct. It dominates the local seascape and a visit there is like stepping into another world

Terwyl ons vir die “ferry” gewag het, het ons gedink ons gaan die enigste mal mense wees wat in sulke triestige weer die een uur lange tog na die piek van die vulkaan gaan aandurf. Al drie vlakke van die “ferry” was egter vol mense - verskillende nasionaliteite, oud en jonk. Dit is ‘n stywe klim tot by die krater en dan nog bykans ‘n honderd trappe na die uitkykpunt vanwaar jy ‘n asemrowende uitsig oor Auckland en al die omliggende eilandjies het. Dit is net daar waar ons die kaas en beskuitjies en likeurbottel uitgepluk het. Met die versterkings agter die blad was die terugtog baie makliker. Ons is eers deur die lawagrotte

voor ons na die voet van die vulkaan is en was net betyds om die laaste “ferry” terug Auckland toe te haal.

Vir die van julle wat hou van so ‘n bietjie meer aktuele nuus: Ek het so ‘n ruk gelede geskryf oor die Maori Koningin wat dood is. Die Maori’s het intussen ‘n koning ryker geword. Die nuwe koning, Tuheitia Paki is Dame Te Ata se oudste seun en daar is algemeen verwag dat hy die opvolger sou wees, hoewel dit nie ‘n outomatiese gegewe was nie. Te Arikinui Tuheitia Paki het sy moeder se mantel van vere gedra toe hy as die nuwe koning aangewys is. Hy sal as Koning Tuheitia bekend staan.

Tydens die formeleopheffing”-seremonie is hy met dieselfde Bybel teen die kop aangeraak as wat gebruik is toe die koninklike tradisie in 1858 begin het. Die Bybel is trouens gebruik om ses vorige monarge te kroon. Māori het hul eerste koning destyds verkies om alle stamme te verenig in hul stryd om eienaarskap van hul grond te behou te midde van die destydse vinnige instroming van Britse immigrante.

Koning Tuheitia se vrou se naam is Te Atawhai en hulle het drie kinders, Whatumoana, Korotangi en Naumai. Die nuwe koning is bekend as ‘n hardwerkende, baie beskeie mens.

Gedink dit is net ons manne in swart wat kan rugby speel? Die Black Ferns, ons vroue-rugbyspan, het vir die derde keer die Wêreldbeker gewen -

Black Ferns world champions again

1.00pm Monday September 18, 2006

The Black Ferns have become three times world champions, sweeping past England to win the women's rugby World Cup final 25-17 in Edmonton, Canada today.

In a showpiece final which featured several classic tries, New Zealand led England 10-3 at halftime, before England hit back in the second half. New Zealand scored four tries to England's one, although the Black Ferns conceded a penalty try.

Perhaps the best moment of the final came ten minutes before the end when the Black Ferns took a copybook take at the lineout 15 metres from the English line, then marched the England pack backwards to score.

New Zealand had advanced to the final after thrashing France 40-10 to face England who survived a late rally to edge host Canada 20-14.

Vir diegene wat nie weet nie: Die dele in die brief wat ondertreep is, bevat ‘n foto. Jy moet net op die onderstreepte deel kliek en dan sal die foto oopmaak. Jy moet egter die brief aanlyn lees om dit te kan doen.

Groete

Anna-Maré

0 Comments:

Post a Comment

<< Home