Kiwi-nuus Deel 1
Vrydag –
09H00
Goeiemore
Dit het lente in ons tuin geword sonder dat ek dit agtergekom het. Toe ek vanoggend my kop by die venster uitsteek, sien ek die perskeboom is net een groot bloeisel….dit terwyl die nartjieboom nog oortrek is met yslike groot sappige nartjies.
Ek het vandag die wêreld se tyd om voor die rekenaar te kuier, danksy my briljante plan. Kinderarbeid is die sleutel tot ‘n suksesvolle huisskoonmaakdiens.Van kleintyd af moes die seuns hulle kant bring as daar gewerk moes word, hetsy in die tuin of in die huis. Hulle vrouens gaan dus eendag geseënd wees met mans wat
Ek weet nie of julle almal die rumoer oor Koos Kombuis se nuutste liedjie gelees het nie. So ‘n paar maande gelede kom Pieter een aand by die huis met ‘n liedjie waarna ons moet luister… Koos Kombuis se F*kkol. Ons lê soos ons lag, want nie net is dit snaaks nie, maar alles waaroor hy sing, is ook waar. Toe ek nou lees van die groot ophef wat daar oor die liedjie gemaak word, skryf ek toe vir Koos Kombuis:
Hallo Koos
Ons is SA-Kiwi’s wat nou al 5 jaar in Nieu-Seeland woon. So 2 maande gelede daag my man toe hier by die huis op, baie opgewonde….. daar is ‘n nuwe liedjie waarna ons moet luister. Nog nooit so ‘n raak beskrywing van die waarheid gehoor nie. Ons is mal oor F*kkol en sing gereeld saam met jou hier Doer Onder.
Good on you
Ek het nie verwag om iets van Koos te hoor nie, maar so ‘n week later…
baie dankie vir die luister na ons probleme!
Koos
Ek
SATERDAGOGGEND - 9-UUR
Ek het toe nie soos ek beplan het die dag voor die blikbrein spandeer nie, maar die hele dag in my pajamas op my nuwe banke wat ek vir Vadersdag ( ja, reg gehoor ) gekry het, met ‘n lekker sappige liefdesverhaal, spandeer. Soms is dit nodig om net heeltemal af te skakel van die wêreld daar buite.
Ons skool het gister vir twee weke gesluit. Marco en Reghardt het groot planne vir die vakansie - dit wissel van ekstra ure by New World, fliek, gym, die ewige rekenaar, maar nie ‘n woord oor skoolwerk nie. ‘n Mens sou nie sê hulle begin albei die eerste week in November met eksamen nie. Marco het hierdie week vir hom bokshandskoene gekoop - nie om Reghardt reg te sien nie. Die liefdesdriehoek is toe opgebreek. Die broers is nou weer “single” en die atmosfeer in die huis is weer herstel. Marco se beste vriend van laerskooldae af is ‘n bokser en dit lyk asof die gogga Marco ook nou gebyt het.
Die kinders het Mufti-dag of soos ons in SA gesê het Civvie-dag, by die skool gehad. Dit is toe dat ek gehoor het dat “transformers” ook iets anders
Vir diegene wat nie weet nie: Die dele in die brief wat ondertreep is, bevat ‘n foto. Jy moet net op die onderstreepte deel kliek en dan sal die foto oopmaak. Jy moet egter die brief aanlyn lees om dit te
Die briefie word alweer ‘n bietjie aan die lang kant. Daar is mense wat nie van die té lang briewe hou nie. Nou deel ek dit maar in hoofstukke op.
Tot netnou
Anna-Maré
0 Comments:
Post a Comment
<< Home