Antjie Se Pen (subtitel van www.afrikakiwi.com)

Antjie se pen was die geboorte van my groot droom om eendag 'n boek of dalk twee te skryf. Een van my drie vereistes voor ek Nieu-Seeland toe gekom het, was dat daar van dag 1 af 'n rekenaar in die huis moet wees, want kommunikasie met die familie en vriende was uiters belangrik. Die dag dat ons voet op Kiwi bodem gesit het, het die eerste Nieu-Seeland nuusbrief die lig gesien... besoek ons webtuiste: www.afrikakiwi.com

Kiwi-nuus Deel 2

Vrydag8 September 2006

21H00

Terug met nog nuus

Ek het nou gou gaan kyk hoe laat Boots & All vanaand uitgesaai word, want ek sal graag Naas-hulle se kommentaar oor verlede naweek se wedstryd wil hoor. Deel van ons SKY-netwerk is ook die Rugby Channel. Toe ek nou die TV aanskakel, is daar ‘n ou wedstryd tussen die Bokke en All Blacks in 1988 aan die gang. Percy is daar nog ‘n jong laaitie, maar het toe al die bal so baie aangeslaan. Een ding waaroor ek bly is, is dat ek nie weer more-nag 1-uur hoef op te staan om rugby te kyk nie.

Dit is alweer byna skoolvakansie, maar eers moet ons hierdie proefeksamens agter die rug kry. Reghardt het nog twee eksamens oor en dan is sy skooldae ook iets van die verlede. Hy is besig met “ varsity hunting “ en was Saterdag na Auckland Universiteit se Opedag toe om te gaan kyk hoe hulle ingenieursafdeling lyk. Volgende naweek is dit weer Massey se Opedag. Hoop maar hy besluit op Massey, want dit is waar Nic ook studeer en dit is naby die huis. Marco was verlede naweek baie begeesterd en het vir ons sy studierooster gegee sodat ons ‘n ogie oor die studies kan hou. Hy skryf Maandag Ekonomie en Fisika. Dit beteken dat die rekenaars hierdie naweek maar redelik stil gaan wees.

Ons het verlede Vrydagaand vir Nic en Kerry lughawe toe geneem. Hulle twee is Rarotonga toe vir 10 dae - heerlik op ‘n tropiese eiland. Ons het intussen ‘n briefie van hulle gehad en deel dit graag met julle, want dit is eerstehandse inligting oor die eilandlewe. Julle mag die Engels wat die kinders skryf dalk vreemd vind, maar dit is maar hoe die jeug hier in Kiwiland praat.

Hey guys, just to let you know we are save and sound in Raro. Our flight was real bumpy and Kerry jumped on my lap a couple of times, but it was all good. The food was awesome!!! The Landing, hmmmm not so great!!! The plane made its decent and got the landing gear out and everything. We got right down low, ready to touch down and then all of a sudden the plane took off again going straight up. We thought the pilot overshot the runway, but about 10 mins later he told us the weather was too bad to land in Raro and that we got redirected to Tahiti. Tahiti was wicket cool and really hot. Stayed in a 5 star resort where drinx cost about 1500 franks ($30) and food is just too expensive to look at, but thanx to Air New Zealand we only had to cover our drinx and all else was free, saving us at least $1000. Don’t think we will ever stay in such a flash place again, so made the most of it and ran up Air New Zealand's tab. Cheers Air NZ. Dont think we will ever bad mouth Air NZ again.

Anyway we finaly got to Raro a couple days later or so. Not quite sure, still confused with time and stuff. It’s suppose to be Monday, but the watch says it’s Sunday. Raro is still a bit windy. but at least we got the sun. It was storming all last week. We got our scooter licence and went cruising around the island yesterday. It’s mean - you don’t need helmets here, so you get the wind through the hair effect. The speed limit is only 40kms tho, but it’s all good, cause not really in a hurry anywhere. It’s truely island time here with hardly any clocks working on the island, even the buses' clocks are standing still. We went to the markets and got some fresh fruit - yummy paw paw and bananas. Kerry got one of them traditional flower head bands too. We are stoked we brought our own food as stuff is quite pricey here. Everyone at the backpackers are drooling over our steak dinners and bacon breakfasts.

We went out to the local bars last night to get a sence of the night life and it was real good. Drinx in bars here are rediculously cheap. You pay like $4 for most drinx (including them battery acid vodkas). Music is mixture of our normal clubing music and island music depending on the bar. Today we are going to explore some more on the scooters and maybe go for a snorkle. Scuba is real cheap here too. It’s $140 for 2 dives including all your gear. Real big surf on the outside of the reef.

Hope you are all keeping well and staying warm

Chat to you soon - lotsa love

Nic and Kerry

Ek en Pieter beplan self ‘n vakansie Rarotonga toe, maar eers wil ons graag Gold Coast toe gaan. So die eilandvakansie moet nou maar eers wag. Ons sal nie voor 2009 SA toe kom nie. My ouers is dan 50 jaar getroud en gaan ons groot makietie hou. Dit geskied sommer so naby KKNK-tyd en kan ek dalk ook weer ‘n draai in Oudtshoorn maak.

Hier is twee interessante artikels uit Brokkies, ons elektroniese blad.

Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland bring vir Lucas Maree binnekort na Nieu-Seeland. Hy begin op 29 September met ‘n landwye toer en sy hoofoptrede word vir Saterdag, 30 September by KiwiKasie in Auckland beplan.

Ek is baie opgewonde om weer my ou vriende en die natuurprag van Nieu-Seeland te besoek en my ou en nuwe Afrikaanse liedjies met Afrikaanse Kiwi’s te deel,” skryf Lucas vir ‘Brokkies’. Ek en my dogter, Monica, is baie bly oor die geleentheid om hierdie voorreg saam te beleef. Ons sing deesdae graag saam.”

TV-program oor 1981 Sprinboktoer goed ontvang

Nieu-Seeland se TV 1-program, “Expose” het die afgelope Maandagaand die plaaslik vervaardigde program Try Revolution uitgesaai. Ongelukkig het kennis van die uitsending te laat gekom om dit in Brokkies aan te kondig. Volgens die programmakers sal die program dalk eerskomende naweek in Suid-Afrika op M-Net se “Carte Blanche”-program uitgesaai word. LAAT WEET GERUS JUL FAMILIE DAAR! n Hele klomp SA-Kiwi’s neem ook daaraan deel.

Die program vertel watter impak die 1981 Springboktoer na Nieu-Seeland op Suid-Afrika gehad het. In die een uur lange dokumentêr gesels verskeie Suid-Afrikaners - waaronder immigrante in Nieu-Seeland en mense soos toentertydse rugbykaptein, Wynand Claassen, Aartsbiskop Desmond Tutu en vele ander - oor hoe die wedstryde, die beelde, die nuusberigte en die gesprekke rondom “Die Toerhulle persoonlik geraak het. Die program probeer ontdek of die toer enige bydrae tot die val van apartheid gelewer het.

Lekker naweek vir julle almal.

Groete

Anna-Maré

0 Comments:

Post a Comment

<< Home