NZ-feite - vir alle belangstellendes
Hallo
Nog ‘n paar interessante brokkies oor NZ wat ek uit Brokkies, die e-pos nuusblad kry.
Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 9)
Hiermee Deel 9 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts –
Ongewelwerde diere
· Nieu-Seeland het 24 skoenlapperspesies, maar meer as 1,500 motspesies.
· Die puriri of “spookmot” is NS se grootste inheemse mot. Die groter wyfie het ‘n vlerkspan van tot 150 mm.
· Die huhu is NS se grootste kewer
· NS het 30 inheemse spesies stok-insekte.
· (Gelukkig) drink slegs die wyfie-sandvlieg bloed, (maar ongelukkig is hulle nie op die lys van skaars skepsels nie!)
Þ Slegs twee spesies byt mense, een byt slegs pikkewyne en die oorblywende 8 van die 11 inheemse spesies byt voëls.
Þ NS-sandvlieë dra nie siektes oor nie. (Dis darem ‘n troos, maar hulle is so lastig!)
· Nieu-Seeland se muskiete is glo skadeloos vir mense. (Maar hulle sê nie of hulle bedoel die muskiete maak nie dood nie, of maak nie seer nie, of laat nie jeuk nie…)
· NS het meer as 1,000 slakspesies
Þ Die groot Kauri-slakke bereik tot 75 mm
Þ Die meeste slakke is vegetariërs, maar sommige is karnivore (vleiseters)
Þ Rhytida-slakke eet ander slakke deur eers hul kop af te byt en dan hul lywe te verorber, deur hul stert in hul prooi se dop te druk en verteringsvloeistowwe af te skei
· Daar word beraam dat NS 2,500 spinnekopspesies het, waarvan slegs 500 “beskryf” is.
Þ Die “white tail” is die jongste toevoeging en is giftig, maar nie dodelik vir mense nie
Þ Die heel gevaarlikste spinnekopspesies in NS is die katipo, wat op die westelike strande van die Noord-Eiland voorkom. Sy byt kan dodelik wees, maar slegs twee sterfgevalle is al opgeteken – albei het in die 19de eeu voorgekom
Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 10)
Hiermee Deel 10 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts –
Nasionale parke en bewaarde gebiede
· Sowat 8 miljoen hektaar (30%) van Nieu-Seeland word as bewaarde gebied bestuur.
· NS het 16 marine-reservate
· NS het 2 marine-soogdierreserwes
·
Þ NS het 14 nasionale parke
Þ Tongariro was ook die oudste en eerste nasionale park – in 1887 amptelik daargestel
Þ Na wat ons kan vasstel, was die volgende nasionale park daarna in 1900 daargestel en eers in 1929 is die derde een verklaar
· Immigrante wat in Nieu-Seeland woon, weet hoe ‘n ongelooflike ervaring dit is om op die duisende wandelpaaie deur natuurlike woude en langs die uitgestrekte kus te loop. Die natuurskoon is asemrowend – en daar is geen slange nie!
Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 11)
Hiermee Deel 11 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts –
Algemene geskiedenis
Māori roei in hul waka. Die binnekant van die Māori
vergaderhuis (“marae”) by Waitangi.
· 1300 – Polinesiese vestiging word as volledig beskou. (1ste aankomelinge vroeër hier)
· 1642 – Nederlandse ontdekkingsreisiger Abel Tasman ontdek “Staten Landt”, later genoem “Nieuw Zeeland”.
· 1769 – Britse ontdekkingsreisiger James Cook se eerste van drie besoeke en hy eien NS vir Engeland se Koning George III toe.
· 1790 – Robjag, walvisjag asook vlas- en houtontginning begin in alle erns, met klein, tydelike nedersettings wat plek-plek opgaan.
· 1814 – ‘n Anglikaanse missie word in
· 1815 – Die eerste Europese kind word op NS-bodem gebore.
· 1820 –Hongi Hika, Hoofman van die Ngapuhi-stam, besoek Engeland, waar hy ‘n besending gewere reel.
· 1821 – Die “Musket Wars” begin en duur die hele dekade.
· 1835 – 34 Stamhoofde van die noordelike Māori-stamme onderteken die “Declaration of
· 1838 – Die Roomse Katolieke Kerk vestig ‘n missie by Hokianga.
· 1839 – William Hobson kry opdrag om Britse heerskappy in NS te vestig, as afhanklike van
· 1840 – Die Treaty of Waitangi word onderteken. Dit is die gronddokument wat - veral ten opsigte van grondregte van Māori - vandag nog die verhouding tussen die Britse Kroon en Māori onderskryf.
2 Comments:
At Tuesday, December 05, 2006 2:23:00 am, Anonymous said…
Hello. Good day
Who listens to what music?
I Love songs Justin Timberlake and Paris Hilton
At Wednesday, January 03, 2007 8:18:00 pm, Anonymous said…
Thanks a lot for such a wonderful site i see that you created it going the whole hog!!
- antjiesepen.blogspot.com q
07 car civic honda
buy used car
car undefined used
used car bergen
used car oakland
used car greensboro
used car raleigh
used car killeen
used car vallejo
used car tacoma
Post a Comment
<< Home