Nog iets oor NZ
Hallo
Ek weet daar is heelwat van julle wat graag iets meer soek as net my sinnelose gebabbel in my algemene briewe. Ander is weer tevrede met die alledaagse nuus roondom die Claassens. Hier is nou ietsie vir julle wat graag meer oor Kiwiland wil weet. Julle hoef nie verder te lees nie. Ek stuur later vandag ‘n algemene briefie.
Groete
Anna-Maré
NS. Ek haal hierdie inligting direk aan uit Brokkies, ons Afrikaanse Elektroniese nuusbrief wat weekliks verskyn.
Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 2)
Hiermee Deel 2 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts –
Die
Klimaat
· Cook Strait, tussen die Noord- en Suid-Eiland van Nieu-Seeland, verteenwoordig die hoofgaping tussen die bergreekse van die twee eilande. Dit dien as ‘n soort lugtonnel wat lug na die land laat vloei en veroorsak dat areas soos
Þ
· Januarie en Februarie is gewoonlik Nieu-Seeland se warmste maande en Julie die koudste.
Þ NS se GEMIDDELDE temperature wissel tussen sowat 8°C in Julie tot 17°C in Januarie.
Þ Somertemperature bereik dikwels 30°C in talle binnelandse en oostelike gebiede.
· Die gemiddelde reënval verskil redelik baie oor die land, van minder as 400mm per jaar in Sentraal-Otago tot meer as 12,000mm by die Suidelike Alpe.
Þ Somer is die droogste seisoen in die Noord-Eiland en die noordelike Suid-Eiland.
Þ Winter is egter die droogste seisoen vir die Weskus van die Suid-Eiland en die binneland van
· Humiditeit is meestal tussen 70 en 80% in die kusgebiede en sowat 10% laer in die binneland.
Þ Baie lae humiditeit van sowat 25% word dikwels ervaar rondom die Suidelike Alpe, veral weens winde soos die warm, droë, “
· Die Noord-Eiland het ‘n klein, permanente sneeugebied (bo 2,400m) op die sentrale plato.
Þ In die winter mag sneeu op enige bergreeks val, maar dit gebeur selde onder 500m.
Þ Die permanente sneeulyn op die Suidelike Alpe is tussen 2,100m, met gletsers so laag as 700m op die oostelike hang en 400m op die steiler westelike kant.
· Osoon, ‘n atmosferiese gas wat die meeste van die son se skadelike ultravioletstrale uitfiltreer, krimp geleidelik wêreldwyd, soos algemeen bekend is. Die gemiddelde afname in somer-osoon in NS is sowat 5% per dekade in die afgelope 20 jaar.
Þ Die “gat” in die osoonlaag wat gedurende lente en somer oor Antarktika bestaan, strek nie so ver as NS nie.
Þ Ultra-violetvlakke oor NS is die hoogste in die somer, van 12 tot 2nm, in wolklose omstandighede, en in die noorde van die land.
In die afgelope jare het die “verbrokkeling” van die osoonlaag oor Antarktika later begin plaasvind – tydens hoogsomer – en sodoende die UV-vlakke oor NS verhoog.
Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 3)
Hiermee Deel 3 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts –
Wild- en Plantlewe
· Die volgende word nêrens anders ter wêreld aangetref as in Nieu-Seeland nie:-
Þ 90% van NS se insekte en molluske (weekdiere)
Þ 80% van NS se bome, varings en blomplante
Þ 25% van NS se voëlspesies
Þ Al 60 reptiele
Þ 4 oorblywende paddas
Þ 2 vlermuisspesies
· Die mens het sedert 1840 talle van NS se spesies ingevoer, wat die landskap en ekologie onherroeplik verander het:
Þ Meer as 80 soogdier-, voël- en visspesies
Þ Meer as 1,800 plantspesies
· NS het baie min giftige of gevaarlike landdiere:
Þ NS het geen slange nie
Þ Die uiters skaars katipo-spinnekop is die enigste inheemse giftige skepsel
· Totale ordes en families word slegs in NS aangetref:
Þ Tuatara, moa en kiwi, alle inheemse akkedisse en alle inheemse erdwurms (178 spesies)
Þ Die groot moa het uitgesterf, maar die ander groot vluglose voëls bestaan nog
· NS het 87 seevoëlspesies
· Ongeveer 400 verskillende seevissoorte leef in die waters om NS
· So veel as 32 walvissoorte is al in NS-waters gevind
Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 4)
Hiermee Deel 4 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts –
Wild- en Plantlewe
· Ten minste 1 uit elke 10 Nieu-Seelandse plante se voortbestaan word bedreig
· So veel as 78% van Nieu-Seeland was deur woude bedek voordat mense hulle hier tuis gemaak het.
Þ Een derde van die woude is deur Maori ontbos, voor die koms van Europeërs
Þ ‘n Verdere derde is ontgin na die koms van Europeërs, in die afgelope 160 jaar
Þ Tans is slegs sowat 23% van NS deur woude bedek, waarvan die meeste beskermd is
· Die grootste Kauri-boom op rekord was by Mill Creek,
- In 1850 is bevind dat dit 21.8 meter net tot by die eerste tak was!
- Die bekende Kauri “Tane Mahuta” – in die Waipoua-woud – is 51m hoog en 1,200 jaar oud
· ‘n 28 meter hoë, 700 jaar oue Kahikatea-boom groei in
·
0 Comments:
Post a Comment
<< Home