Deel 2 - Vakansie in SA
Donderdag – 11 Mei 2006
20H00
Die briefie is in Suid-Afrika gebore.
Donderdag -
20H00
Nooit gedink dat ek hier op Afrika-bodem sou sit en ‘n nuusbrief saamflans nie. Ek is nou al 10 dae onder die Afrikason en geniet elke oomblik tot dusver.
In vervloeë se dae sou jy kon sê Nieu-Seeland is twee dagreise ver van Suid-Afrika geleë. Ons was kisboude gesit toe ons 32 ure nadat ons
Die vliegrit self het bo verwagting goed verloop, al was daar maar min sprake van slaap. Singapoer Lugredery kry die toekenning vir die Nommer EEN Lugdiens in die wêreld met die beste fliekkeuses, uitstekende diens en hope kos. Singapoer Lughawe was ‘n belewenis op sy eie - ‘n klein dorpie met blinkskoon strate, tropiese tuintjies en koi-visse en winkels net waar die oog kon sien. Ons het onsself bederf met ‘n heerlike stortbad op die lughawe - het weer soos splinternuwe sikspense gevoel en gelyk en was gereed vir die volgende 14 ure aan boord. Die seuns was enige ma se droom en het ten spyte van die stampvol vliegtuig, nooit enige klagte oor hulle lippe laat kom nie,.
Ons nagmerrie het egter begin toe ons in Kaapstad aanland. ( Jammer vir julle wat dit nie wil hoor nie.) Drie vliegtuie land binne ‘n paar minute in Kaapstad - EEN ry Suid-Afrikaners, rye en rye buitelanders onder wie ons ook tel, 18 toonbanke EN NET 5 daarvan is beman. Twee ure later vind ons ons weg na die familie wat al begin hoop opgee het om ons te sien. Enigiemand wat daaraan dink om iewers iets te smokkel…. dan is Kaapstad Lughawe die plek Ons is daar uit die gebou sonder om iets te verklaar, sonder dat ons bagasie ooit deur doeane-beheer is - net ons sakke langs die vervoerband opgetel en uitgestap……so maklik.
Ek moes 7 ure in Kaapstad wag vir ‘n aansluitingsvlug George toe en het heerlik gaan uitspan by Oumie-Jean se huis totdat ek weer die chaos op die lughawe gaan aandurf het. Daar was net een aanloopbaan op Johannesburg Lughawe oop en alle vlugte vanaf Kaapstad was vertraag. As jy nou al 41 ure op die pad is, is dit nou nie meer snaaks nie. Gelukkig het daar ‘n bord boerekos soos net my ma dit
Toe was dit die fees der feeste. Die KKNK was ‘n reuse sukses. Dit was een van die bes-georganiseerdste feeste wat ek nog ooit bygewoon het, die weer was fantasties en die atmosfeer wonderlik. Ek en Karin het tent opgeslaan by een van die plaaslike skole. Ons het die minimum tyd daar deurgebring - snags so vir ‘n paar uur kom oë toemaak, soggens ‘n lekker Engelse Ontbyt daar by die lapa genuttig en dan laat waai dorp toe waar ons saam met die ander pêlle in die tente gekuier het.
Ek was weer 20 jaar oud, “ let my hair down “ en het tot hanekraai gekuier. Die vertonings was uitstekend. Hoe Dowwe Dolla wegkom met al die draakstekery met kunstenaars soos Sunette Bridges Jurie Els, weet ek nie. Groet die Grotman se teks is definitief in ons huis geskryf …daardie ou verskilletjies tussen die man en die vrou. En dan Pleiboyz… ek en Karin in die middel in ry A met Egoli en Sewende Laan se “hunks” wat die Full Monty doen.
Ou Steve het sy plek in my hart verloor. Oorle Tolla se seun het so wikkel-wikkel daardie plek ingeneem. Selfs al het jy geen ritme nie en
My George-vakansie was stil en rustig, presies wat ek nodig gehad het na die paar dae op Oudtshoorn en ‘n harde jaar se werk in die Deli. Dit was fantasties om weer soggens in my ma se tuin uit te stap en die Outeniquaberge rondom my te voel. Ek het nog nie baie berge in my leeftyd gesien nie, maar die Outeniquas sal altyd vir my die mooiste mooiste van almal wees. Volgens Groet die Grotman het ‘n vrou 7000 woorde wat sy per dag moet gebruik - ‘n man net 2000. Ek het elke dag my kwota oorskry soos ek 2 en ‘n half jaar se gesels met my pa en ma probeer inhaal het. Daar was genoeg tyd om twee jaar se ou Huisgenote deur te werk en ek is weer op hoogte met Sewende Laan en Egoli.
Verder was daar kort, maar kwaliteit-kuiertjies saam met die res van die familie. My broer het spesiaal uit die Kaap uit kom kuier en dit het beteken dat oupa en ouma vir die eerste keer in jare weer op een na al hulle kleinkinders bymekaar gehad het. Ek en my suster het bande gaan smee by die nuwe Casino op Mosselbaai - dit het glad nie oor die dobbel gegaan nie, was nuuskierig om te sien hoe dit daar lyk….( hahaha! ) En met die vierde druk van die knoppie, slaan ek ‘n hele R 1000 los. ‘n Heerlike bonussie, veral nadat ek die vorige dag R 2000 vir die dokters moes opdok nadat ek skielik siek geword het.
Ek het ook ‘n baie vinnige en kort Kaapse draai gegooi. Die skoonfamilie het so ‘n regte afskeepbesoek gekry en die vriende in die Kom het my glad nie eens te siene gekry nie. Ek het darem die voorreg gehad om die veelbesproke Moya te besoek - dit is sprokiemooi in die aand. Wat my die meeste verbaas het , is die baie mense wat sommer so in die middel van die week daar uithang. Ek sal graag eendag as ons weer in SA gaan kuier ‘n aandete in een van daardie boomhuise wil geniet.
Reghardt het die Saterdag voordat ons terug huis toe gevlieg het, sy 18de verjaarsdag gevier. Ek is toe ook Stellenbosch toe om saam met hulle partytjie te hou. Ons het die hele dag gekoek en tee en lekker gekuier saam met familie wat ons donkiejare laas gesien het. As jy 18 word in NZ, beteken dit dat jy nou ook jou dranklisensie kry. Toe die mense by die Fishmonger in Stellenbosch waar ons gaan uiteet het, hoor die man is jarig, het hy ‘n “Black Samboka“ op die huis gekry. So hy is sommer goed ingelyf.
Die terugvlug was darem nie te erg nie. Die vlug van Kaapstad tot Singapoer was tjokkeblok vol, maar die laaste vlug
Die kinders het ook baie lekker gekuier. Hulle het by Groot-Brakrivier gaan kampeer, heeldag boot gery en visgevang. Terug in Stellenbosch het hulle biltong en droëwors gemaak en ook seker gemaak hulle maak ‘n draai by die Spur. Ons soek nog ‘n Suid-Afrikaner wat ‘n Spur hier in Nieu-Seeland wil kom oopmaak.
So het nog ‘n vakansie tot ‘n einde gekom.
Skryf weer later.
Groete
Anna-Maré
0 Comments:
Post a Comment
<< Home