Nuus oor SA hier in NZ - Wat maak SA uniek?
More Almal
Hier is lekker leesstof vir diegene wat belangstel in wat alles oor SA hier Doer Onder geskryf word. Ek het dit direk uitgehaal uit Brokkies, die elektroniese nuusbrief wat ons weekliks ontvang.
Geniet dit
Anna-Maré
Suid-Afrika – net soos Kiwland - ‘n UNIEKE land
Die meeste lesers van Brokkies woon in Nieu-Seeland en die meerderheid sal waarskynlik boekdele
Daar is egter ook tallose immigrante hier wat altyd die positiewe van hul vaderland, Suid-Afrika sal onthou en weet dat dit ook ‘n wonderlike land van kontraste, potensiaal en ‘n polsende lewensdrif is. Hulle onthou en erken steeds Suid-Afrika se ryk en gebeurtenisvolle geskiedenis en respekteer die feit dat hulle afstammelinge van mense is wat hul voorafgegaan en hul plek onder moeilike omstandighede help voorberei en hul latere lewenspad help bepaal het. Daarom wil so baie immigrante hier in Kiwiland nie daardie deel van hul menswees – waarin soveel mense voor hulle in mensterme “belê” het – ontken of probeer afskryf nie. Dit is seker waarom daar so baie is wat probeer om dubbele lojaliteit op te bou en te behou.
Talle mense wat in onlangse tye van Suid-Afrikaanse vakansies af terugkeer, getuig oor die “lewendige ekonomie (bv. eiendomsontwikkeling)” en “humorsin” wat steeds so rojaal bestaan, al verwys hulle ook na die steeds teenwoordige sosiale probleme en groot kommer oor ekstreme misdaad wat nie hokgeslaan
Om ons na-Kiwiland-terugkerende immigrante se gereelde positiewe ervarings en rapporte te vier, begin ons hierdie week met ‘n reeks oor dinge wat Suid-Afrika “uniek” op die wêreldtoneel maak. Lees gerus hierdie feite laer af.
Wat maak Suid-Afrika uniek? (Deel 1)
Ons was nie in staat om die feitelike korrektheid van die onderstaande inligting te kontroleer nie, maar ons vertrou dat ons bron die saak reg het. Hiermee dan die eerste in ‘n reeks oor dinge wat Suid-Afrika uniek maak.
· Afrikaans is amptelik die jongste taal in die wêreld. Teen die vroeg 20ste eeu het Afrikaans ontwikkel vanuit Nederlands, Frans, Maleisies en ander invloede tot ‘n volwaardige taal wat in elke denkbare aspek van die lewe gebruik kon word – van die letterkunde tot die wetenskap, en met woordeboeke vir elke terrein. Na slegs 90 jaar is dit tans die taal met die tweede meeste hoeveelheid mense in SA wat dit
· Suid-Afrika se myne is die diepste ter wêreld, tot so diep as 2.5 myl (hoeveel km is dit?) by die Western Deep Levels myn.
· Die Chris Hani -
· Suid-Afrika is een van slegs 12 lande waar kraanwater veilig is om te drink (net soos in Nieu-Seeland). SA se kraanwater word as van die derde beste gehalte ter wêreld beskou.
· Suid-Afrika is die wêreld se grootste produsent en uitvoerder van sybokhaar.
· SA het die grootste hidro-elektiese tonnelstelsel ter wêreld by die Oranje-Visrivier-tonnel.
· Elektrisiteitskostes is die tweede laagste in die wêreld.
South Africa is the world's biggest producer of gold, platinum, chromium, vanadium, manganese and alumino-silicates. It also produces nearly 40% of the world's chrome and vermiculite.
The world's two largest platinum mines are located near Rustenburg
Wat maak Suid-Afrika uniek? (Deel 2)
Ons was nie in staat om die feitelike korrektheid van al die onderstaande inligting te kontroleer nie, maar ons vertrou dat ons bron die saak reg het, hoewel ons weet dat situasies soms kan verander. Die meeste van die feite is egter tydloos. Hiermee dan die tweede in ‘n reeks oor dinge wat SA uniek maak. Ons verneem graag as lesers oor ander, nuwer feite hieroor beskik.
· Suid-Afrika is die wêreld se grootste vervaardiger van goud, platinum, chromium, vanadium en mangaan. Die land vervaardig ook byna 40% van die wêreld se chroom.
· Die wêreld se twee grootste platinummyne is naby Rustenburg.
· Die Johannesburgse Effektebeurs word onder die tien grootstes ter wêreld gereken.
· Suid-Afrika het die wêreld se tweede oudste lugmag. Dit is in 1920 gestig. (
· Tans is SA die enigste land ter wêreld wat sy kernarsenaal vrywilliglik afgetakel het.
·
· Suid-Afrika beslaan slegs 4% van Afrika se landmassa, maar spog met meer as 50% van die kontinent se motors, telefone, outomatiese banktellers en industriële fasiliteite.
· Die nuwe “Southern African Large Telescope” (SALT) - op ‘n Karoo-koppie by Sutherland - is die grootste teleskoop in die suidelike halfrond en derde grootste ter wêreld. Dit is ‘n 10-meter optiese teleskoop wat vir spektroskopiese werk geoptimaliseer is.
· Suid-Afrika is ‘n “middel-inkomste”-land met ‘n sterk ontluikende ekonomie – die 25ste grootste in die wêreld - en vervaardig meer goedere as
Wat maak Suid-Afrika uniek? (Deel 3)
- Suid-Afrikaanse maatskappye onder die vergrootglas -
Ons was nie in staat om die feitelike korrektheid van al die onderstaande inligting te kontroleer nie, maar ons vertrou dat ons bron die saak reg het, hoewel ons weet dat situasies soms kan verander. Die meeste van die feite is egter tydloos. Hiermee dan die derde in ‘n reeks oor dinge wat SA uniek maak. Ons verneem graag as lesers oor ander, nuwer feite hieroor beskik.
· Die Suid-Afrikaanse oliemaatskappy SASOL het die enigste kommersieel-suksesvolle operasie gevestig wat olie-uit-steenkool vervaardig.
· Die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) is ‘n pionier van tersiëre afstandsonderrig en is een van die grootste korrespondensie-universiteite in die wêreld met sy huidige sowat 250,000 studente.
· Eskom, die nasionale Suid-Afrikaanse kragvoorsiener, is die wêreld se vierde grootste in terme van verkoopsvolume en normale kapasiteit.
· Die De Beers -maatskappyegroep beheer meer as 80% van die wêreld se voorraad ruwe diamante.
· Suid-Afrikaanse Brouerye is die tweede grootste bierbrouery ter wêreld. Afgesien van hul belang in Afrika beheer die maatskappy ook tot 50% van
· Samancor Limited is die wêreld se grootste produsent (volgens verkope) van maangaan- en chroomprodukte.
· KSDP Pentagraph word beskou as die wêreld se tweede beste ontwerpmaatskappy deur die Britse ontwerptydskrif, 'Creative Review'. Die maatskappy is verantwoordelik vir die nuwe verpakking van 'Fanta' en ontwerpaanpassings van 'Coca-Cola' wêreldwyd. Hulle het ook groot SA-maatskappye soos Volkskas, ABSA en Transnet se geïntegreerde korporatiewe identiteit-standaarde ontwikkel.
Berig oor SA se watergehalte ontlok reaksie uit SA
Brokkies het verlede week ‘n reeks oor positiewe, unieke aspekte van Suid-Afrika begin. Soos ons aangedui het, was ons nie seker oor die korrektheid van sommige van die stellings nie, aangesien dit nie baie onlangs uitgereik is nie.
Ons sê dankie aan ‘n leser vanuit
Beste Brokkies
Baie dankie vir die nuwe "Unieke SA"-brokkie, dis baie interessant en ek het die inligting regtig geniet. Ek wil net kommentaar lewer op die “suiwer kraanwater” want ek was in Oktober verlede jaar in SA en is orals, vanaf Bronkhortspruit , Brits ,
Ek vertrou dat julle dit in die regte lig sal sien en nie dat ek wil argumenteer nie, ek noem dit maar net…
Groetnis en baie sterkte met jul werk met Brokkies, ons waardeer dit maar het nie altyd die geleentheid om julle te bedank nie.
DdP,
(Baie dankie Dries vir jou positiewe, konstruktiewe kommentaar en regstelling van die huidige feite rondom die gehalte van water in Suid-Afrika. Ons sal seker almal ‘n tyd
Vir die tweede agtereenvolgende week het Brokkies heelwat reaksie van lesers gehad oor die berig in Brokkies van 22 Februarie oor die gehalte van Suid-Afrika se drinkwater, waarin die stelling gemak is dat Suid-Afrika se kraanwater onder die twaalf veiligste ter wêreld tel. Verlede week het iemand gereageer dat dit nie meer so is nie, waarop ons die volgende briewe van lesers in Suid-Afrika ontvang het:
Beste Brokkies
Dankie vir jul wonderlike nuusbrief! Brokkies is vir my een van die onontbeerlike skakels met almal daar by julle!
Net om bietjie perspektief op die “Drinkwater kwessie” te gee: Ek het groot waardering vir jul idee om die positiewe herinneringe oor Suid-Afrika uit te lig en dink dat dit ’n puik gedagte is. Ek moetegter ’n beroep doen op die briefskrywers wat reageer om hul feite reg te kry en nie te oorreageer op grond van emosionele of ander redes nie!
Dit is darem geweldig oordrewe van DdP (Brokkies, 1 Maart 2006) om te sê dat die water “vanaf Bronkhortspruit , Brits , Pretoria, Johannesburg, Rustenburg, Bloemfontein tot so ver suid as PE” nie meer geskik is vir menslike gebruik nie! Daar was wel geïsoleerde gevalle aangemeld, soos in die geval verlede jaar van Delmas en omstreke in dieselfde voedingsgebied, wie se water besoedel was. Maar, oor die algemeen “oorleef” ons darem nog met die drinkwater (anders sou ek seker nou nie hier kon sit en skryf nie?!)
Groete
Suid-Afrika
(Brief verkort. – Red.)
Dag Brokkies,
Ek ontvang en lees Brokkies al 'n geruime tyd en vind dit heel insiggewend. Ek bly in Centurion (Verwoerdburg),
Ek wil net graag teenkommentaar lewer oor die brief van DdP (Brokkies, 1 Maart 2006) oor die watersuiwerheid in Suid Afrika. Dit is wel so dat daar enkele probleme was met watersuiwerheid in twee van die kleiner munisipaliteite (Delmas en die ander een was êrens in Noordwes Provinsie). Hierdie probleme is egter gou reggestel en ek wil net enige voornemende besoekers aan SA die versekering gee dat kraanwater heeltemal veilig is om te drink, en indien daar wel 'n probleem sou ontstaan, die algemene publiek ingelig word en die probleem reggestel word.
Daar is baie mense wat bottelwater verkies, maar dit is meer om in die mode te wees as om gesondheidsredes. Boorgatwater is veilig in meeste areas behalwe naby groot industriële gebiede soos Rosslynn (tussen
En net ingeval iemand wonder, ek werk nie vir 'n regeringsinstansie nie en het geen gevestigde belang in water nie (behalwe by die whisky...)
Groete
Pieter van der Merwe
Suid-Afrika
(Baie dankie aan ons lesers vanuit Suid-Afrika vir hul konstruktiewe bydrae tot ‘n interessante onderwerp. – Red.)
2 Comments:
At Tuesday, July 10, 2012 5:36:00 am, Unknown said…
Haai daar Antjie!
Ek het sopas van jou wonderlike, 'voel-goed' en 'trots-SA' brokkies geleen vir my matriek vraestel!
Ek onderrig Afrikaans as 'n tweede taal by 'n Engelse Pvt skool en het my vraestel gebou om "Trots Suid-Afrikaans".
Ek wou net my dankbaarheid uitspreek en het beslis jou webwerf genoem en jou bedank in my vraestel.
Dit was so lekker om goeie goed van ons land te lees! Ons vergeet so dikwels die "goed" en staar onsself vas in die "sleg".
Ek sal vir jou 'n afskrif van my vraestel e-pos (sodra ons klaar is met ons prelim eksamens)!
Lekker bly en dankie weereens!
SA groete
Jane F
At Wednesday, July 20, 2016 10:45:00 pm, Toner zamiennik said…
Thank you for useful information. This can come in handy. Very well , that I looked at this website.
Post a Comment
<< Home