Deel 3 - Nog nuus
Donderdag – 11 Mei 2006
20H00
Terug met die laaste deel van die sage….
Die seisoen het klaar gedraai. Dit is koud en nat, die hout lê opgestapel in die garage en een van die dae brand ons kaggeltjie. Ek het met alles behalwe ‘n ordentlike soetwyntjie uit Suid-Afrika teruggekom.
Net so voor ons kuiertjie in Suid-Afrika het ek en
Hier is so ‘n paar interessante feite oor Nieu-Seeland wat in hierdie week se Brokkies verskyn het. Daar is ‘n hele paar van my epos-buddies wat graag sulke inligting ontvang. Geniet dit.
Interessante feite oor Nieu-Seeland
Hiermee begin Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts –
Geografiese eienskappe
· Nieu-Seeland se totale landoppervlakte is 268 021 vierkante kilometre (net meer as 27 miljoen hektaar)
Þ NS is 1 600 km lank en 450 km op die breedste punt
· NS se grootste eiland is Great Barrier Island, met ‘n totale landoppervlakte van 278 vk. km.
· NS se hoogste berg is Aoraki/Cook, met 3 754 meter bo seespieël
Þ Hierdie berg se hoogte is in 1991 amptelik met 10 meter verlaag, nadat ‘n rotsstorting op die kruin die berg “laer” gemaak het
· NS se Southern Alps is groter as die Switserse, Franse en Oostenrykse Alpe gekombineerd. (Bron: XtraMSN: “Seek Out
· Die grootste gletser in NS is Tasman, wat 9 834 hektaar beslaan
Þ NS het 3 144 gletsers wat meer as 1 hektaar beslaan
Þ Byna 50% van al NS se ys kom voor in die grootste 5 gletsers
Þ Die Franz Josef-gletser kruip voort teen 1 meter per dag
· NS se grootste meer is Lake Taupo, wat ‘n oppervlak van 606 vk. km beslaan en 163 meter diep is
Þ NS se vulkaniese mere kom slegs op die Noord-Eiland voor, terwyl die Suid-Eiland se mere hoofsaaklik deur gletsers veroorsaak is
Þ 30 Suid-Eilandse mere is mensgemaak vir besproeing, watervoorsiening of hidro-elektriese kragvoorsiening
Þ Die diepste meer is
· NS se langste rivier is die Waikato, teen 425 km
· NS se diepste grot is
Þ Die langste grot is Bulmer Cavern in Mt Owen, teen 50 125 meter lank
· Aardbewings kom redelik algemeen in NS voor, maar is betreklik matig.
Þ ‘n Aardbewing van 6 of meer op die Richterskaal kom sowat 1 keer per jaar voor
Þ ‘n Aardbewing van 7 of meer op die Richterskaal kom sowat 1 keer in 10 jaar voor en
Þ ‘n Aardbewing van 8 of meer op die Richterskaal kom sowat 1 keer per eeu voor.
Ten slotte, voor enige een van julle vir my dit vertel, ek weet ons ou krieketspannetjie het sleg tweede gekom daar in die republiek, maar gelukkig maak ons Super 14-spanne weer op daarvoor.
Sal probeer om nie weer so lank stil te wees nie.
Kiwi-groete
Anna-Maré
0 Comments:
Post a Comment
<< Home