NZ-nuus deel 2
Woensdag - 10 Augustus 2005
21H00
Goeiemore
Al is my hart baie seer oor die Mighty All Blacks Saterdag ‘n afdag beleef het, is ek hulle baie dank verskuldig. Die eindfluitjie het nog nie eens geblaas nie, toe word ek al gebombardeer met sms’e van mense en familie van wie ek meer as ‘n jaar laas gehoor het. Vanaand het die eposse ook nog nie opgehou instroom nie. Dankie julle, dit is lekker om van julle te hoor.
Sondagaand was dit net snot en trane toe ek van die werk af kom. Ons het die laaste paar weke al hoe minder en minder nuus uit Amerika gekry. As dit nie was vir die foto’s van Nic wat elke week op die kamp se webblad verskyn het nie, het ek hom al lankal as vermis aangegee. Kerry het egter Sondag so ‘n kort briefie van hom gekry net om te sê hy kom nie meer oor drie weke huis toe nie, maar eers oor vyf. Hy gaan ‘n bietjie langer toer as wat aanvanklik beplan is. Die moederhart was self nie baie lekker nie, maar ek moes maar sterk wees en baie troos en moed inpraat.
Elke keer dat ons ‘n nuwe Nieu-Seelander uit Suid-Afrika by ons het, leer ons weer ietsie nuuts oor Kiwiland. Basie en Pieter was kollegas in Suid-Afrika en hy is nou hier om werk te soek. Sy familie kom eers ‘n bietjie later oor. Ek verstaan vanaand vir die eerste keer waarom ek in die 4 jaar dat ons hier woon nog nooit ‘n Kiwi gesien het nie. Volgens Basie se immigrasie-inligting slaap ‘n Kiwi glo 23 uit die 24 ure van ‘n dag.
Hierdie afgelope naweek was dit die Voedsel en Wyn Expo. Ek was gelukkig om gratis kaartjies by die werk vir die Fees te kry en ek en Kerry het vir Basie aan die eilandlekkernye gaan bekendstel. Ons het omtrent gekuier tussen al die kase, olywe en salami’s en dan natuurlik die sjokolades. Die stalletjies het gewissel van alledaagse kosse tot lekkernye in ‘n Russiese bakkery. Al wat ‘n wynlandgoed in NZ is, was ook daar verteenwoordig. Amarula likeur het sy eie stalletjie gehad, kompleet met ‘n Afrika-motief.
More is dit die fees der feeste in Palmerston North. Ons vlieg 8-uur die oggend en is weer die aand terug in
2006 is verkiesingsjaar en volgende maand gaan ons vir die eerste keer in Nieu-Seeland ook ons kruisie trek. Ek het so ‘n paar jaar gelede in een van my eerste briewe vertel hoe hou die klomp eilandbewoners verkiesing. Ek is weer net so beïndruk met die aanloop tot die verkiesing dat ek eers weer daaroor wil lofsing. Hier is ook die gewone oor-en-weer gooiery van modder en leë beloftes deur die politici, maar dit is waar dit eindig. Stemdag is hulle nie te sien nie, behalwe as hulle self hulle kruisie gaan trek. Jy
Julle wat nog nie op ons webblad was nie,
Groete
Anna-Maré en Kie
0 Comments:
Post a Comment
<< Home