Naweek se doen-'n-late
Maandag - 27 Junie 2005
Hi
Ons het Vrydagaand "Meet the Fockers " gekyk - heerlike vermaak. Ek
het dit baie meer geniet as "Meet the Parents". Kerry was Vrydagaand
op kosmaakdiens en het ons heerlike " butter chicken " en Naan-brood
geëet. Saterdag was D-day vir die rugby en het ek en Engela ons
rugbyharte op ons wange gedra. Dit het oral aandag getrek waar ons
gegaan het. Ek het net weer besef 'n ou Tattoe'tjie is nie 'n te slegte
idee nie.
Saterdag het die seuns gewerk en ons klomp het besluit om 'n bietjie
Weskus toe te gaan. Dit is ongelooflike mooi wêreld, baie tropies. Piha,
die strand, het baie sterk strome en is wêreldbekend vir sy "waves".
Dit is 'n "surfers paradise". Op pad soontoe het ons langs die pad by
'n Inligtingsentrum gestop , baie indrukwekkend en interessant. Die
klomp kaal Maori-beelde het vir baie pret gesorg. By Piha was ons net 'n
paar minute te laat om 'n strand-troue by te woon. Toe ons daar opdaag,
is die seremonie net verby. Ek kan nou nog nie glo dat 'n bruid dit met
haar spierwit trourok op hierdie pikswart sand waag nie. Ons het Kerry
ook saamgesleep en sy het dit vreeslik geniet. Dit help ook vir haar om
die dae vinniger verby te kry. Ek weet hoe sy voel, want verlede jaar
hierdie tyd het Pieter reggemaak vir sy SA-besoek en ek sal nooit
vergeet hoe baie ek verlang het nie.
Lekker dag vir julle
0 Comments:
Post a Comment
<< Home