NZ-nuus deel 1
Saterdag - 6 Augustus 2005
22H30
More-sê
Eers baie geluk met julle oorwinning oor die Aussies. Ek gaan nie nou al my hoendertjies begin tel nie, maar onthou net die manne in swart is in ‘n ander klas as ons bure. Saterdagaand gaan ek saam met die hoenders slaap sodat ek Sondagoggend eenuur op my pos
Ek het omtrent nog vir ‘n week na Steve Hofmeyr se konsert op die wolke geloop. Nou is daar seker ‘n hele klompie mense wat net hulle kop skud omdat ek so op loop raak oor die man met die rasper-stem, maar as jy nog nie vir Steve op ‘n verhoog gesien het nie, kan jy nie oordeel nie. Hy mag maar optree…
Die aand het aanvanklik op ‘n vals noot begin. Dit het my baie sterk herinner aan die skole se jaarlikse prysuitdeling - die seremoniemeester met sy flou grappies, die voorsitter met ‘n ellelange jaarverslag, die borge wat oor die verhoog paradeer en asof dit nie genoeg is nie, is ons nog eers voorgestel aan die bestuur van die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland, of soos die Rapport na hulle verwys, die Beenkoppe. En nog was dit het einde niet. Toe is ons eers vermaak deur die plaaslike Afrikaanse talent van Nieu-Seeland. Die ergste van alles was natuurlik dat ek nie eens kon sit en mor daaroor nie, want hier rondom my en Engela was 800 ander Suid-Afrikaners.
Twee ure later was die ster van die aand op die verhoog, maar van dans op die stoele was daar nie sprake nie. Ons het mooi ordentlik met ons voetjies teen mekaar gesit en maar so op en af gewip op die boude. Toe die Blou Bul se eerste note egter daar oor die luidspekers kom, het almal geweet wie kom uit die
Ons naweek in die sneeu was een groot fees!! Ek en Pieter het die naweek lekker uitgerek en Donderdagaand by Engela en Johan in Aucklandstad gaan slaap vanwaar ons klomp Vrydag in die vroeë oggendure vertrek het. Ons vrouens het vooraf besluit om die kookboeke by die huis te laat en die res van die naweek ronde handjies te hê. Sodra ons mae dus begin knaag het, is daar na ‘n eetplekkie gesoek - dit was ons dames se groot bederf.
Ons het in die Tongariro National Park Village gewoon, so 15 minute vanaf Whakapapa, die ski-oord. Vanaf ons Lodge was ons veronderstel om ‘n mooi uitsig oor die drie sneeubedekte berge te hê, maar die digte mis wou nie saamspeel nie. Ons het die Vrydag soos uitgelate kinders met die “chairlifts “ op en af teen die berg gegaan. Halfpad af teen die berg het dit begin sneeu en het ons dit so in die sneeuvlokkies geniet dat ons weer teen die berg op is en Cappuchino’s in Nieu-Seeland se hoogste restaurant gaan drink het.
Die klein dorpies het soms van die oulikste eetplekkies waaraan jy
Saterdagoggend het helderblou aangebreek en Johan het ons al van 7-uur af begin aanjaag sodat ons die lang rye op die berg kon vryspring. Ek was toe die enigste slim een in die groep wat besluit het om aan te meld vir ‘n ski-les. Die ander drie was dapper genoeg vir “snowboarding”. Na ‘n uur en ‘n half se geswoeg en gesweet en neerslaan in die sneeu, was ek ‘n “pro” op die ski’s. Pieter-hulle het dit baie ongelukkig getref, behalwe dat dit baie moeiliker is om staande te bly op ‘n “snowboard” as op ski’s, was hulle instrukteur glo ‘n nul op ‘n kontrak. Hulle het sommer gou-gou teen ‘n hoë spoed daar teen die hellings afgeseil, maar omdat hulle nooit geleer is hoe om te stop nie, was die tweede beste manier maar om ‘n stuk sneeu te koop. Ons is dus die aand huis toe met twee baie seer en stywe mans. Gelukkig was die Tokaanu warmbronne so 40 km van waar ons gebly het en kon ons al die oorwerkte spiere daar in die 41 grade Spa-poele onder die sterrehemel gaan lawe.
Sondag het ons so kuier-kuier in die reën die pad terug
Marco en Reghardt het verkies om die naweek saam met Kerry by die huis te bly. Hulle is nou al te groot om saam met Pa en Ma uit te hang en geniet dit in elk geval baie om eerder saam met Kerry dinge te doen. Hulle het alreeds by haar begin uitvis of sy nog net soveel tyd saam met hulle gaan spandeer as Nic oor drie weke weer by die huis is. Sy floreer op die aandag wat sy so van die seuns kry.
Ek sou graag hierdie briefie wou klaar skryf, want daar is nog so ‘n bietjie nuus, maar dit sal moet oorstaan tot more-aand. Ek gaan nou inkruip, want ek wil 1-uur more-oggend opstaan om die Haka te doen en 6-uur moet ek werk toe ry.
Groete uit die land van die Mighty All Blacks
Anna-Maré
0 Comments:
Post a Comment
<< Home