Verskoning
Hallo Almal
Daar doen ek dit toe weer. Ek dog ek stuur 'n bietjie statistieke oor NZ, maar kies toe ongelukkig die verkeerde titel en is goed oor die kole gehaal. Ek is selfs 'n bietjie ontleed - sal dus vir die volgende paar jaar nie 'n sielkundige nodig hê nie. Ek stuur hierdie keer vir julle die briefie van die persoon wat baie beledig voel deur my skrywe. GROOT SEBLIEF, as daar enige van julle is wat soos sy voel oor my briewe, sê so. Ek is nooit te oud om te verander nie.
Groete
Anna-Maré
Daar doen ek dit toe weer. Ek dog ek stuur 'n bietjie statistieke oor NZ, maar kies toe ongelukkig die verkeerde titel en is goed oor die kole gehaal. Ek is selfs 'n bietjie ontleed - sal dus vir die volgende paar jaar nie 'n sielkundige nodig hê nie. Ek stuur hierdie keer vir julle die briefie van die persoon wat baie beledig voel deur my skrywe. GROOT SEBLIEF, as daar enige van julle is wat soos sy voel oor my briewe, sê so. Ek is nooit te oud om te verander nie.
Groete
Anna-Maré
Hallo Anna-Mare
Ek en jy ken mekaar nie - het lank terug navraag gedoen oor jou seun se reis na Amerika - waarop ek nooit 'n antwoord gekry het nie, ( nie waar nie - het haar op 16/05/06 om 9pm geantwoord ) maar sodoende het jy my epos adres bekom.
Aangesien ek graag en baie reis en ook reeds NZ besoek het (Noord- en Suid-eilande) geniet ek jou info oor die lewe daar. Wat ek nie verstaan nie, onthou ek ken jou nie, is hoekom jy dit heeltyd probeer regverdig hoekom jy daar woon - dit was soos ek uit jou skrywes kan aflei uit vrye wil (m a w die hele familie wou dit doen). Dit kom voor asof jy gedurig jouself moet verseker dat dit tog die regte keuse was.
Ek is seker dat al jou vriende wil het dat jou gras vir jou die groenste moet wees - dis heeltemal reg so - maar gun ander die "groen gras" van hul keuse. Omdat ek finasieêl in 'n goeie posisie is, reis ons baie, het baie al gesien en nog steeds kies ons om in Suid-Afrika te woon. HIer maak ek 'n verskil en ek glo dat God niemand sonder enige rede plaas nie - ook nie vir jou in NZ nie!
Ek voel egter jy beledig jou vriende deur sommige van jou briewe, jy onderskat duidelik hul verstandelike vermoëns om vir hulself te dink! Baie van die artikels (soos ook die in hierdie epos van jou) verskyn ook in ons koerante, ons het ook internet, ens, ens. Ek is seker jou vriende lees dit ook, vorm hul eie opinies en tenspyte daarvan woon en werk hulle heerlik hier. Ek dink nie jy hoef (dis arrogant van jou) vir hulle te vertel wat in SA gebeur nie JY bly waar jy gekies het en hulle is waar hulle wil wees.
Ek het ook vriende wat soos jy gekies het om te immigreer , sommige is gelukkig en ander nie. Ek het o a vriende in NZ wat sê dat as hul weer kon kies hul liewer in SA sou wou bly - nou is dit finansieël nie vir hul moontlik om terug te kom nie. Niemand wat ek ken bly in SA met 'n hunkering na NZ of enige ander land nie. SA is 'n pragtige land vol geleenthede vir die wat dit wil gebruik, en ja, natuurlik is daar misdaad en al is NZ die "most honest en least corrupt" wil ek nooit daar woon nie, hierdie is my land en hier maak ek 'n verskil - dit is my keuse en ek hoef niemand anders te probeer oortuig om soos ek te dink nie.
Ek verstaan eintlik hoekom jy dit doen want daar is dalk 'n diep hunkering na jou geboorteland in jou - 'n mens bly mos maar altyd 'n "uitlander" as jy as volwassene na 'n ander land verhuis!
Maak jouself vry en los van SA en vertel interressante dinge wat in NZ gebeur en laat jou vriende toe om vir jou nuus van hul land, SA, te stuur - dan bly dit vir beide partye interressante leesstof.
Geniet NZ
Vriendelike Suid-Afrikaanse groete
0 Comments:
Post a Comment
<< Home