Lekker NZ-nuus
Saterdag – 2 Mei 2009
1800
More Almal
Ek verlang my morsdood…
Gesprekke, liedjies, plekke, foto’s, reuke. Ja, dit alles maak die verlange na my pa en ma elke dag erger. Wanneer al die kinders by die huis is en almal gelyk gesels, sien ek my pa by die eetkamertafel sit met so ‘n salige glimlag omdat sy kinders so gelukkig is. Wanneer Hendrik van Skallabrak “Jonkwees is mos dronkwees” in die motor sing, sien ek hoe lekker my pa lag. Wanneer ek soggens die Sky Tower sien, onthou ek watter wonderlike ervaring hul 50ste huweliksherdenking 196 meter bokant Auckland vir hul was. Wanneer ons na die vakansiefoto’s kyk, kry ek heimwee na die ses wonderlike weke saam met hulle. Wanneer ek by die trappe opstap na die slaapkamers, ruik ek my ma nog steeds in haar kamer. Kan nie wag vir Maart 2010 nie…
Reghardt het toe intussen 21 geword. Ek en Pieter het sommer die groot geleentheid goed uitgebuit en die hele dag by die werk afgevat, so ook Marco. Ons het die dag afgeskop met 'n Sjampanje-ontbyt. Kerry en Nic het vroegoggend opgedaag om die gesin voltallig te maak. Sy en Marco het hulle deel van die pret met hul “hoodies” gehad. Reghardt se eerste eetgerei-stelletjie is na 21 jaar uit sy plastiekomhulsel gehaal vir die geleentheid. Middagete was "smoothies" en "dunkin donuts" by die see en aandete was 'n bietjie meer spoggerig. Ons het gaan uithang by Sawadee, 'n Thai Restaurant in die stad.
Ons het vir Reghardt twee keuses vir 'n verjaarsdaggeskenk gegee: hy kan
òf op 'n "roadtrip" saam met 2 vriende gaan òf ons sal vir hom geld bylas om die einde van die jaar SA toe te gaan. Dan kan hy by Nico, sy Stellenbosch-pappa, en my pa en ma in George gaan kuier. Die besluit is nou syne: “Choices, choices, choices”.
Marco se Summer Camp-planne het ook verander. Soos baie ander Kiwi’s is hy ook diep teleurgesteld dat hy nie plasing in ‘n kamp gekry het nie. Die resessie kry mos die skuld vir alles, soos ook in hierdie geval. Minder Amerikanertjies gaan hierdie jaar Summer Camp toe en ook word jongmense wat nie werk kan kry nie, gebruik as leiers by die kampe. Marco het intussen ‘n aardige bedraggie gespaar en gaan nou in Junie vir ‘n maand by ‘n vriend van hom in die Gold Coast kuier. Hulle beplan om Australië se gesogte pretparke op te kuier.
Ek kan nog steeds nie ophou popspeel nie. Is sommer lekker broeis hier op 50. Ek sorg soms dat ek badtyd daar is, want dan kan ek klein Daniël lekker bad. Ek ruik die ene baba as ek daar klaar is. Boonop is hy nog so verskriklik mooi ook. As ek vir my kinders moet wag, gaan my koppie al skud van ouderdom voor ek ouma word. Nic het klaar Saterdag vir my gesê hy trou nie voor hy finansieel sterk is en sy eie huis het nie. Marco en Reghardt het nog twee jaar se studies oor en het nie eens meisies nie. So intussen moet Johan en Engela maar hul kleinding met my deel.
Ek was die afgelope maande baie ordentlik en het nooit oor sport gesels nie, maar met nog net 3 weke oor van Super 14, kan ek nie help om te sê dat die rugbykoors my lekker beet het nie. Die NZ-spanne het my weer eens nie teleurgestel nie en kan ek nie wag vir die Drienasie-wedstryde nie. Dit sal nogal jammer wees as Suid-Afrika nie meer deel van Super 14 gaan wees nie. Ek het vanoggend na Radio Sport se verslaggewers geluister en hulle beweer dat SA nog altyd baie moeilik was wanneer daar onderhandelinge plaasvind. So dit lyk dus asof ons kan teruggaan na die eertydse Trans-Tasman-kompetisie. Ek glo nie NZ en Australië beplan om na SA se pype te dans nie.
Ons het verlede Saterdag weer ANZAC-dag herdenk. Ek weet my Aussie-vriend hou nie van die ANZAC-storie nie, maar die jaarlikse viering herinner my elke keer aan die manier waarop ons die 31ste Mei Republiekdag herdenk het. Dit was hierdie jaar die 94ste ANZAC-vieringe. Pieter het besluit dat ek en hy die 100ste viering in Gallipoli gaan bywoon. Dit beteken ‘n Europese vakansie.
ANZAC is die naam wat gegee is aan die soldate van die AUSTRALIAN and NEW ZEALAND ARMY CORPS wat gedurende die oggend van 25 April 1915, tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) op die Gallipoli-skiereiland in Turkye aan wal gegaan het. Dit het tot ‘n bitter stryd oor agt maande gelei. Duisende soldate aan albei kante het gesneuwel.
Daar was nou al ‘n paar SA-ers wat NZ verteenwoordig het op nasionale vlak in sport, maar vir die eerste keer is Mej. Nieu-Seeland ‘n donkerkop SA-er. Dit pla my dat sy so ‘n bietjie jonk is. Ek “steel” die beriggie by Brokkies, ons elektroniese nuusbrief:
Magdalena gaan NS by ‘Miss World’-wedstryd verteenwoordig!
Hierdie jaar gaan ‘n Afrikaanse Kiwi Nieu-Seeland verteenwoordig in die ‘Miss World’-kompetisie wat in Desember in Suid-Afrika plaasvind. Sy sal volgende week op Nieu-Seelandse televisie te sien wees. Die 18-jarige Magdalena Schoeman van Christchurch het op 25 April die ‘Miss New Zealand 2009 Beauty Pageant’-titel gewen. Sy is 1.73m lank en werk tans as ‘n model.
Verder gaan dit baie goed met ons almal. Ons woon mos in die 4de beste stad in die wêreld:
The New Zealand cities ranked among the best in the Mercer 2009 Quality of Living survey, which covered 215 cities and was based on criteria including political, social, economic and environmental factors. Auckland jumped one place from last year to join Canada's Vancouver in fourth place, while Wellington stayed 12th on the list.
…En is almal fris en gesond. Die twee skole vanwaar die studente is wat Mexiko besoek het en toe die varkgriep-virus die land ingebring het, is albei sommer net so om die draai van ons. Net soos SARS en Bird-Flu voel dit vir my asof die epidemie ook ‘n bietjie opgeblaas word. Nie net oorheers dit elke aand die nuus nie, maar verkoop ons nou selfs al maskers in ons winkels. Moet sê die grappies oor “swine flu” het my al lekker laat giggel.
Hoop julle het almal ‘n heerlike Werkersdag gehad en goed gerus.
Groete uit ‘n lekker nat en koue NZ.
Anna-Maré

0 Comments:
Post a Comment
<< Home