Deel 3: Backpackers en rugby
Saterdag – 4 Augustus 2007
20H00
Deel 3
24 Uur later
Ek weet as ‘n mens die woord “backpackers” hoor, dink jy aan jongmense, toeriste, basiese geriewe, “low budget” reisigers. En dit is presies wat dit is, maar dit is ‘n ondervinding wat jy niekan oorvertel nie. So maak nie saak hoe oud jou geboorteserifikaat sê jy is nie, as jou gees nog jonk genoeg is, probeer dit net een keer in jou lewe. Ek kan ‘n boek vol skryf oor ons sewe dae in verskillende backpacker-hostelle.
Sommige van die plekke waar ons gebly het, soos by Taupo en Ohakune, was maar baie basies, maar dan was daar weerWellington en Christchurch waar ons fantastiese geriewe gehad het. Dit was egter nie die kamer of die kombuis of badkamer wat saak gemaak het nie, maar die mense wat ons daar ontmoet het. Wat dit weereens vir ons twee moeilik gemaak het, was ons ouderdom. Alhoewel ons ook 20 jaar oud gevoel het, het ons ongelukkig nie so gelyk nie. Ons moes harder daaraan werk om saans deel van die geselskap in die kombuis te word, want dit is daar waar jy bande smee. Ons het later soos twee “stalkers” gevoel, selfs soms soos ou Gert van Rooyen en Joey Haarhoff.
In Taupo het die gebou se alarm die aand 11-uur afgegaan en moes ons ontruim en buite wag totdat die brandweermanne besluit het dit is veilig om terug te gaan. Na dié opwinding is ‘n bottel rooiwyn geknak en het ons goeie vriendskapbande met ons Kanadese kamermaat gesmee wat toe later by ons in Christchurch aangesluit het en sommer ook verlede week vir Kevin in Brisbane gaan kuier het. In Ohakune kon ons egter geen haaraf maak met ons kamermaats nie. Hulle was nog bitterjonk en het ons definitief in hulle ouers se ouderdomsgroep geplaas. Ons het egter genoeg genot uit hulle laatnagpraatjies geput.
InWellington het ons in die Cambridge gewoon - ‘n massiewe motel/backpackers met soveel atmosfeer. Oral teen die mure is foto’s van sportsterre, rugbytruie, TV’s wat heeltyd op die sportkanaal is, kaggelvure en ‘n bonus vir my - dobbelmasjiene! Woensdagaand is Trivial Pursuit-aand en dan kry jy gratis braaivleis as jy ‘n jug vol bier koop. Die hele omgewing se “locals” pak vanaf 6-uur die plek toe en dan word daar gekuier en gespeel.
Coachman on the Square inChristchurch waar ons vir drie aande gewoon het, was ‘n belewenis. Al, een van Kevin se vriende, het ons daar ingewag en hy was ons sleutel tot al die nuwe vriendskappe wat daar gesluit is, want hy is ‘n bietjie heelwat jonger as ons. Ons was soos stout kinders bymekaar: het ‘n paar van die jongmense daar “drinking games” leer speel; soggens drie-uur as ons inkom, het ons teen die kombuisreëls( no cooking after 11pm) roereiers gemaak met eiers wat nie aan ons behoort het nie( ons het die mense darem in hul afwesigheid bedank) en die ergste die Vrydagnag, weer na 3, ‘n ou wat in ons gang gelê en slaap het omdat hy sy sleutel verloor het en nie geweet het watter kamer syne is nie, in een van die meisies in ons kamer se bed gesit. Toe sy na 5 die oggend uiteindelik inkom van haar nagtelike manewales vind sy soos Gouelokkies iemand in haar bed. Dit is sulke pret wat ‘n mens nog lank daarna laat giggel.
Christchurch is loshande vir my NZ se mooiste stad. Dit is plat gelyk aarde, mooi geboue, skoon strate, baie koffiewinkeltjies en pubs, aangename mense en dan is daar die Holy Grail - NZ se grootste sports bar en volgens Kevin wat ‘n connoisseur op die gebied is, die beste wat hy in die wêreld gesien het. Dit was elke aand ons laaste afsaalplek. Daar het ons nou iets van alles ontmoet - baie SA-ers wat die Bokke kom ondersteun het, die Bokke soos Kabamba en Bolla en Bevan wat nie span gekry het nie, Pieter wat die SA volkslied gesing het en selfs ‘n paar Jode - dink hulle was Jode, want hulle wou nie hulle pizza met ons deel nie.
Christchurch was getooi in swart vir die geleentheid - swart balonne oral waar jy gegaan het. Selfs die trems was versier met balonne en AB-plakkate. Die atmosfeer by die stadion was egter baie teleurstellend, maar ek en Al het met moontlike redes gekom waarom daar nie ‘n Loftus-gees by NZ-wedstryde is nie. In SA braai die ouens al van vroeoggend af buite die stadions en is sommer lekker gekoring en voor in die koor as die wedstryd begin. Ons het aandwedstryde en niemand braai en kuier voor die tyd nie - so mense is ‘n bietjie styf. Verder is ‘n rugbywedstryd hier by ons ook rede vir ‘n familie-uitstappie en neem baie mense hulle kinders saam met hulle. Hulle is dus daarom ook ‘n bietjie meer besadig. Ek het maar in die begin ‘n paar benoude oomblikke beleef en gewonder hoe gaan ek die aand saam met al my SA-vriende oorleef as die All Blacks verloor.
Teen Saterdagoggend was ek nou al ‘n deskundige om mense te “stalk” wat baie handig vir Al en Kevin ingekom het. Met my All Black-trui aan het ek in die All Blacks se voorportaal uitgehang terwyl Al en Kevin met hulle Bokklere aan in ‘n kroegie daar naby gesit het. Soos die manne in swart dan daar verbykom, blok ek hulle en vra vir ‘n foto saam met my twee SA-vriende. So is hulle twee dan Sondag terug Australië toe met foto’s waarop hulle saam met Kellegher, Jerry Collins, Ritchie McCaw en nog ‘n paar ander groot name verskyn.
Kliek hier vir al ons toer-eskepades en rugbyfoto’s.
Lekker week vir julle almal.
Groete
Anna-Maré
20H00
Deel 3
24 Uur later
Ek weet as ‘n mens die woord “backpackers” hoor, dink jy aan jongmense, toeriste, basiese geriewe, “low budget” reisigers. En dit is presies wat dit is, maar dit is ‘n ondervinding wat jy nie
Sommige van die plekke waar ons gebly het, soos by Taupo en Ohakune, was maar baie basies, maar dan was daar weer
In Taupo het die gebou se alarm die aand 11-uur afgegaan en moes ons ontruim en buite wag totdat die brandweermanne besluit het dit is veilig om terug te gaan. Na dié opwinding is ‘n bottel rooiwyn geknak en het ons goeie vriendskapbande met ons Kanadese kamermaat gesmee wat toe later by ons in Christchurch aangesluit het en sommer ook verlede week vir Kevin in Brisbane gaan kuier het. In Ohakune kon ons egter geen haaraf maak met ons kamermaats nie. Hulle was nog bitterjonk en het ons definitief in hulle ouers se ouderdomsgroep geplaas. Ons het egter genoeg genot uit hulle laatnagpraatjies geput.
In
Coachman on the Square in
Teen Saterdagoggend was ek nou al ‘n deskundige om mense te “stalk” wat baie handig vir Al en Kevin ingekom het. Met my All Black-trui aan het ek in die All Blacks se voorportaal uitgehang terwyl Al en Kevin met hulle Bokklere aan in ‘n kroegie daar naby gesit het. Soos die manne in swart dan daar verbykom, blok ek hulle en vra vir ‘n foto saam met my twee SA-vriende. So is hulle twee dan Sondag terug Australië toe met foto’s waarop hulle saam met Kellegher, Jerry Collins, Ritchie McCaw en nog ‘n paar ander groot name verskyn.
Kliek hier vir al ons toer-eskepades en rugbyfoto’s.
Lekker week vir julle almal.
Groete
Anna-Maré
0 Comments:
Post a Comment
<< Home