Antjie Se Pen (subtitel van www.afrikakiwi.com)

Antjie se pen was die geboorte van my groot droom om eendag 'n boek of dalk twee te skryf. Een van my drie vereistes voor ek Nieu-Seeland toe gekom het, was dat daar van dag 1 af 'n rekenaar in die huis moet wees, want kommunikasie met die familie en vriende was uiters belangrik. Die dag dat ons voet op Kiwi bodem gesit het, het die eerste Nieu-Seeland nuusbrief die lig gesien... besoek ons webtuiste: www.afrikakiwi.com

NZ se donkerkant

Sondag – 10 Junie 2007
 
19H00
 
Goeiemore
 
Ek weet almal hou nie daarvan om statistieke of koerantberigte oor Nieu-Seeland te ontvang nie. Ek weet ook julle lees almal self die koerant en het almal internet waarop julle navorsing kan doen, maar soms loop ek ietsie raak wat ek dink sommige van julle interessant sal vind. As jy dus een van die mense is wat nie belangstel in die beriggies wat ek aanstuur nie, druk seblief net die “delete”-knoppie.
 
Ek is altyd so vol lofprysing vir die land waarin ek nou woon en druk net altyd die positiewe in julle kele af. Vandag deel ek graag die donkerkant van die eiland met julle.
 
In een van my eerste algemene briewe het ek vertel van die “honesty boxes” waar mense produkte uitstal, ‘n geldblikkie los en vertrou dat almal eerlik genoeg sal wees om te betaal vir hul “aankope”. Die praktyk het egter nou suur geraak…


Is it the end of the honesty box?

A few bad apples have spoiled it for everyone, says a West Auckland orchardist who has had so much fruit stolen from his front gate that he has resorted to video surveillance of his "honesty" box.

Ross and Jenny Mackay say most days fresh fruit is taken from their stall without being paid for - costing the couple up to $1500 each year.

The horticulture industry says the Mackays are far from alone, and the trend has meant the death knell of the traditional Kiwi honesty box.

Growing apples, avocados, mandarins, feijoas and passionfruit on their 12ha property near Helensville for the past 16 years, the Mackays said fruit thefts had become progressively worse.

"It's fresh, cheap fruit and people still insist on stealing it. We work bloody hard to get a product - that's what gets me so wild, so angry," Ross Mackay said.

When the couple first started selling fruit on the roadside in the 1980s, an open yoghurt container held the money so that people could take the correct change.

These days, the money tin is bolted to the stall and a digital video camera is trained on the cars which come up the gravel driveway to catch the culprits in the act.

Mackay then tracks the owners from the car registration plates, names and shames them on a list on the stall, and confronts the thieves at home.

An invoice for the stolen fruit is then issued, or Mackay threatens to send the videotape to police. Recidivist offenders are warned not to set foot on the property again.

"You hear every excuse under the sun but not a lot of apologising," Mackay said.

"I've been verbally threatened but they are the thieves. That's what they are ... they've stolen from us."

The very day that the Herald on Sunday visited, MacKay caught a man on camera taking $6 worth of mandarins - which would cost $7.50 in the supermarket - but paying only $3.

Others caught on camera in the past three years include a family who took all the fruit and then sold it at the Avondale markets, and parents of children in the same rugby team as the Mackays' children.

"Sometimes the parents get the kids to do it. What is that teaching them?" Jenny Mackay said.

The couple need the extra income generated by the stall - which can turn over up to $100 a day in the busy season - but they had seriously thought about giving up.

Sadly, if Mackay did close the stall, he said the faithful locals - 90 per cent of whom are honest customers - would be the ones to miss out.

Peter Silcock, chief executive of Horticulture New Zealand, said the Mackays' story was not extraordinary, and the end of the honesty box was near.

Silcock said it was a sad reflection of the society we lived in but there were not many honesty boxes left, with the decline starting as long as 20 years ago. "A lot of people have had too many hassles being ripped off, so they don't bother."


'n Vriendin uit die UK het vir my die volgende interessante epos gestuur. Dit is briewe wat in die Beeld verskyn het  -  dalk het van julle dit reeds gelees. Wys net hoe mense se siening en waardes verskil....

Tot siens Nieu-Seeland, hallo Australië
Jun 07 2007 01:28:08:287PM  - (SA

Johannes van Dyk

Hier sit ons 16 maande later en baie water, letterlik baie water want dit reën 2000 mm 'n jaar, het in die see geloop.

Hierdie twee eilandjies is 'n klein modderpoelletjie in die verste uithoek van die aarde.

Dat hulle sulke wonderlike rugby speel is te danke aan eilanders of "coconuts" soos die Kiwi's na hulle verwys, Jonah Lomu is uit die aard van die saak uit Tonga en Joe Rockoko en Sitiveni Sitivatu is van Fiji, baie soos die Goue Leeus, jy moet ver soek om 'n Johannesburger in die span te kry.

Die hoogste asmagevalle in die wêreld dryf my na droër weivelde. Die goue strande van Australië wink uitlokkend na my, ek is ga..keelvol vir asma pompies en anti-biotika.

Ons het hierna toe getrek vir beter lewe vir ons twee seuntjies net om hulle gesondheid prys te gee vir veiligheid.

Dit lyk my hier is iewers 'n versteekte anti-biotikafabriek, want die dokters skryf dit voor selfs vir 'n verstopte speekselklier, my jongste kind gaan deur 'n kursus elke twee maande.

Dankie Nieu-Seeland, dit was gaaf van julle om ons hier vir 'n wyle te akkommodeer, maar dis nou tyd vir ons om die modder van ons stewels te skud en dit te verruil vir stof.

As jy dit eenkeer gedoen het is dit makliker die tweede keer.

Vir my goeie vriende in Nieu-Seeland sê ek baie dankie vir julle vriendskap en hulp toe ons hier aangeland het, vir die klomp in Pukekohe - sien julle in Oz, vir die klaekous Kiwi's - sien julle 2011 met die Rugby-Wêreldbeker, vir ons vriende in Perth - sit solank die koffiepot op die stoof en slag die vetgemaakte kalf, ons kom huistoe ...

 

Ek sê dankie vir Nieu-Seeland
Jun 08 2007 02:26:40:920PM  - (SA) 

Johannes van Dyk

Hier sit ons 16 maande later en baie water, letterlik baie water want dit reën 2000 mm 'n jaar, het in die see geloop.

Hierdie twee eilandjies is 'n klein modderpoelletjie in die verste uithoek van die aarde.

Dat hulle sulke wonderlike rugby speel is te danke aan eilanders of "coconuts" soos die Kiwi's na hulle verwys, Jonah Lomu is uit die aard van die saak uit Tonga en Joe Rockoko en Sitiveni Sitivatu is van Fiji, baie soos die Goue Leeus, jy moet ver soek om 'n Johannesburger in die span te kry.

Die hoogste asmagevalle in die wêreld dryf my na droër weivelde. Die goue strande van Australië wink uitlokkend na my, ek is ga..keelvol vir asma pompies en anti-biotika.

Ons het hierna toe getrek vir beter lewe vir ons twee seuntjies net om hulle gesondheid prys te gee vir veiligheid.

Dit lyk my hier is iewers 'n versteekte anti-biotikafabriek, want die dokters skryf dit voor selfs vir 'n verstopte speekselklier, my jongste kind gaan deur 'n kursus elke twee maande.

Dankie Nieu-Seeland, dit was gaaf van julle om ons hier vir 'n wyle te akkommodeer, maar dis nou tyd vir ons om die modder van ons stewels te skud en dit te verruil vir stof.

As jy dit eenkeer gedoen het is dit makliker die tweede keer.

Vir my goeie vriende in Nieu-Seeland sê ek baie dankie vir julle vriendskap en hulp toe ons hier aangeland het, vir die klomp in Pukekohe - sien julle in Oz, vir die klaekous Kiwi's - sien julle 2011 met die Rugby-Wêreldbeker, vir ons vriende in Perth - sit solank die koffiepot op die stoof en slag die vetgemaakte kalf, ons kom huistoe ...

 

Ek sê dankie vir Nieu-Seeland
Jun 08 2007 02:26:40:920PM  - (SA) 

Louise Pretorius

Op my ouderdom - 40 plus- is die emigrasie- (oftewel hervestiging) opsies maar min.

Londen is vir die jongspan op hul OE (Kiwi-term vir Overseas Experience), Kanada is vir die dokters en verpleegsters, en Amerika stel nie in jou belang as jy nie iets uitsonderliks aan te bied het nie.

Wat dus oorbly (as jy in 'n Engelssprekende Westerse land wil woon), is Australië en Nieu-Seeland.

En selfs Australië trek sy neus op vir jou as jy nie jonk genoeg, of oulik genoeg is nie.

Vir my gesin was daar net een opsie, en dit was Nieu-Seeland. Daarom sal ek altyd dankbaar teenoor hierdie twee klein eilandjies (wat nie regtig so klein is nie, die lengte daarvan is langer as van die Kaap tot by Messina) wat my nuwe tuiste geword het. En beslis nooit my neus optrek daarvoor nie.

Johannes van Dyk se ondankbare brief oor Nieu-Seeland krap my en ander Suid-Afrikaners hier dus om - want heelwat van sy kommentaar is bloot onredelik.

Die feit dat sy kinders hier asma kry is niemand se skuld nie. Nieu-Sealand se vogtige klimaat vererger sommige se asma of verbeter dit, afhangende van die soort asma wat jy kry.

Baie Kiwi's gee pad Australië toe vanweë die werkgeleenthede daar, en die besondere ekonomiese groei wat die land geniet.

Nieu-Seeland kan nie kompeteer nie, maar dit gaan steeds ekonomies goed hier.

En deels vanweë die uittog Australië toe is daar vir immigrante werk en geleenthede in Nieu-Seeland. Met al die ander lewenstyl-opsies.

Want dit bied NZ tog - gehalte skoolgeriewe, biblioteke, staatsdepartemente wat werk, sportgeleenthede en buiteluglewe en klubs soos min. Klein bevolking, met baie ruimte om te speel en leef en dink.

Die meeste Suid-Afrikaners wat hierheen kom, vaar goed hier.

Kla die Kiwi's? Seker sommige, elke land het maar sy klakouse, maar die saam met wie ek werk en kuier is interessante, besige mense met dieselfde lewenstyl en -beskouing as ek.

Is hulle proaktief met 'n kan-doen-houding - weereens seker nie almal nie, maar daar is mense, en dan is daar mense.

Ons doen tans bouwerk aan ons huis, en ek is verstom oor hoe hardwerkend en betroubaar die bouer en sy adjudante is - en hy bly in dieselfde woonbuurt as ons, want hier word mense wat met hul hande kan werk dikwels meer betaal as ons ander skepsels wat met rekenaars werk.

Ek sal darem nie daarvan hou as iemand Afrikaners stereotipeer as klakouse net omdat hy sommige hoor kla het nie.

En wat die weer betref - jy kry sekerlik warmer en droër weer in Australië, maar Nieu-Seeland is waarlik nie so nat soos Engeland of so koud soos Kanada nie.

In die suide kry jy bepaald meer koud as in die noorde, maar mens leef daarmee saam en rig jou huis en lewe na die weer in. In die noorde kan die wind en weer jou bepaald soms karnuffel, en dan trek jy jou (reën)jas met warm skoene en sokkies aan. Maar dit word gereeld afgewissel met kalm, windstil dae wat jou asem wegslaan. 'n Getemperde klimaat, dus.

Sterkte Johannes - ek hoop Perth is goed vir jou. Maar soos die lewe maar is, is dit in jou siel wat jy moet rus en vrede vind, nie in jou omgewing nie.

Louise Pretorius, Auckland, Nieu-Seeland

 

 

0 Comments:

Post a Comment

<< Home