Antjie Se Pen (subtitel van www.afrikakiwi.com)

Antjie se pen was die geboorte van my groot droom om eendag 'n boek of dalk twee te skryf. Een van my drie vereistes voor ek Nieu-Seeland toe gekom het, was dat daar van dag 1 af 'n rekenaar in die huis moet wees, want kommunikasie met die familie en vriende was uiters belangrik. Die dag dat ons voet op Kiwi bodem gesit het, het die eerste Nieu-Seeland nuusbrief die lig gesien... besoek ons webtuiste: www.afrikakiwi.com

Op pad Suid-Afrika toe

Hallo Almal

Ons leef nog en het GEEN verskonings vir die stilswye nie.

Wil net laat weet ek vlieg oor 4 ure Suid-Afrika toe vir 5 weke. Ek land
Woensdagaand halfnege in die Kaap en spandeer so 5 dae on die omgewing
voor ek George toe gaan om by my ouers te kuier. Dan is ek 'n hele week
op Oudtshoorn by die KKNK. O... lekker fees!! Ek is eer die 22ste April
terug in Stellenbosch vir 5 dae voor ek terugvlieg huis toe.

My kontaknommer in SA is 0793069045. Sms my as julle by die KKNK is. Sal
julle iewers in een van die tente wil raak kuier.

Liefde

Anna-Maré