Antjie Se Pen (subtitel van www.afrikakiwi.com)

Antjie se pen was die geboorte van my groot droom om eendag 'n boek of dalk twee te skryf. Een van my drie vereistes voor ek Nieu-Seeland toe gekom het, was dat daar van dag 1 af 'n rekenaar in die huis moet wees, want kommunikasie met die familie en vriende was uiters belangrik. Die dag dat ons voet op Kiwi bodem gesit het, het die eerste Nieu-Seeland nuusbrief die lig gesien... besoek ons webtuiste: www.afrikakiwi.com

Lekker NZ-nuus

Sondag – 14 Junie 2009
 
1800
 
More Almal
 
Gedink ‘n mens kan net aan drank en dwelms verslaaf raak? Ek weet dat dit maklik is om ‘n sjokolis te word…ek is ‘n wandelende bewys daarvan. Ons het nou ‘n nuwe verslawing ontdek en ook gevind daar is geen kuur daarvoor nie – ou TV-reekse. Die huis is in chaos, my oë is al vierkantig en julle kry geen antwoord op julle eposse nie. Blameer dit alles op West Wing, ons jongste tydverdryf. Gelukkig moet ‘n mens ook eet en terwyl Pieter hom afsloof voor die kospotte, kan ek laat loop met al die nuus.
 
Die winter is hier in sy volle koue glorie en kan lekker dikgroentesop weer op die spyskaart gevoeg word. Gelukkig is ek  'n wintermens en kla ek glad nie oor die koue en die reën nie. Ek mis net die kaggel wat ons by ons vorige huis gehad het en dan natuurlik so ‘n dik stroperige Jerepiko’tjie. Ongelukkig roof die SA-winkels jou omtrent as jy ‘n ou soetetjie by hul koop. Ek sal dit maar op my inkopielys vir volgende jaar se kuiertjie in SA moet sit.
 
Nic is eintlik nog meer opgewonde as ek oor die winter, want ons sneeuvelde het nou al genoeg sneeu gehad sodat hul kon oopmaak. Dit is asof die winter elke jaar al hoe vroeër opdaag en dan sy tyd vat om te verkas. In die somer leef Nic op sy branderplank en in die winter is dit sy “snowboard” (geen Afrikaanse eweknie nie). Van kleintyd af al het Nic ‘n liefde vir planke met wieletjies gehad. As tjokkertjie, voor hy die kuns om op ‘n skaatsplank te staan bemeester het, het hy sommer so op sy maag op die skaatsplank gaan lê en dan teen Bredasdorp se steil bulte afgeseil. Wanneer jy een van NZ se ski-velde besoek, staan jy stomgeslaan oor die klein Kiwi’tjies wat so tuis òf op die ski’s òf sneeuplanke is. As Nic teen Whakapapa se ski-hellings afkom, lyk hy ook soos ‘n gebore Kiwi-kind. Hy het vir hom ‘n seisoenkaartjie vir die berg gekoop en beplan om hierdie winter baie sneeu te sien.

Die winter het ook sy eerste slagoffers hier in ons binnekring ge-eis. Reghardt het sommer lekker goor van die verkoue gevoel, maar so tipies van sy persoonlikheid, het hy maar so in stilte gely. Hy het selfs sy eie medisyne gaan koop, wil ons nie pla met sy ellendes nie. Marco het 'n dubbeldosis van hierdie wintergriep gekry, so erg dat ek op 'n stadium gedink het ons gaan almal vir 'n ruk in kwarantyn geplaas word met varkgriep. Nou is almal op 'n vitamien C-dieet. Marco mag dalk die einde van die maand regtig in afsondering woon as hy terugkom in die land – net voorsorgmaatreëls as jy “Big Brother” besoek het.
 
Ek sien gister hier op ons Ontbytprogram dat varkgriep nou die hele wêreld vol is, behalwe in Afrika. Dit was die enigste kontinent wat nie rooi gekleurd was nie. Laat my wonder hoekom. Ek persoonlik voel ( ek is mos ‘n voelmens en dink nie) dat die griep-epidemie, pandemie, tragedie…noem dit wat jy wil, heeltemal opgeblaas word. Ons groot maatskappye is ook besig om maatreëls in plek te stel indien die griep die oorhand kry. Sommige besighede moedig openlik hul werkers aan om tuis te bly as hulle selfs die “snuffels” het. Ek glo mos ‘n mens roep gebeure aan en daarom is die onderwerp taboe in my deli. Jy hoef die “deli-girls” nie twee keer te nooi om tuis te bly nie. Daar is ‘n Afrikaanse liedjie van ‘n Paarlse sanger (het sy naam vergeet) wat net sowel die temalied in my deli kon wees:”Ek hou nie van werk nie, werk is nie vir my nie….” Ons sing dit hier in die huis as iemand net daaraan dink om dalk ‘n “sickie” te gooi. Dit is die vinnigste gesond-word.
 
Ons nes is op die oomblik vreeslik leeg…en baie aan die kant. Ek dink ons het nou die morsjorse in die familie geïdentifiseer. Marco is toe die 30ste Mei oor die Tasman om vir sy vriend in Brisvegas te gaan kuier. Hy het gelukkig genoeg geld gespaar, want as ek na sy Facebook-foto’s kyk, kan ek sien dat behalwe dat hy die wilde loot in die familie is, hy elke minuut van sy vakansie ten volle geniet. Die pretparke by die Gold Coast loop deur, hulle roei met kajakke na die klein eilandjies, is al deur Aborigines onthaal en het ook ‘n “skydive”-sessie bespreek. Hy is heeltemal verlief op die Aussie-weer, maar sê hy sal nie daar kan woon nie. Dit is te GROOT en alles is so ver uitmekaar. Hy en Dominic woon hierdie naweek in ‘n luukse vakansie-oord in Surfers Paradise, want hulle gaan my Aussie-vriend help om sy nuwe huis se dak nat te maak. Dit is die enigste deel van die vakansie wat my bekommer, want ek ken mos ook my vriende…
 
Reghardt geniet die klein bederfies vandat hy die “enigste” kind is. Eintlik verdien hy elkeen van hulle, want ek en Pieter stap elke aand in ‘n skoon kombuis in, party aande wag die kos al vir ons en die koffiebekers bly outomaties vol. Sy vrou kry eendag net die beste wat daar is. Reghardt het ook die afgelope ses maande baie dollars gespaar en gaan volgende jaar van middel Januarie tot einde Februarie vir sy pa en my ouers in SA kuier. Hy is baie opgewonde, want dan kan hy weer die alleen-kind wees.
 
Van die 13de Julie af sal alles in die Claassen-huishouding weer na normaal terugkeer, want dan begin die universiteit weer vir Marco en Reghardt. Hulle ses maande van pret en plesier kom nou vinnig tot ‘n einde.
 
Nog 3 werkstukke, 'n 3-dag werkswinkel, 'n mondelinge en skriftelike eksamen en my tweede jaar se studies is klaar. Ek is baie beïndruk met myself, want ek het 100% vir my werkstuk oor Organisational Design and Structure  -  baie moeilik vir 'n Japie wat nie al die hogere Engelse woordeskat het nie, en ook vir die wiskundige ene, gekry.

Ek oefen nou al solank vir volgende jaar se KKNK en nee, ek dans nie op ons eetkamertafel nie. ‘n Nuwe Afrikaanse sangeres is in wording. Op laer skool het hulle my in die koor laat sing omdat hulle so jammer vir my was en moes ek in die agterste ry staan en baie saggies saamsing. As troosprys kon ek die driehoekie speel. Sang was nog nooit my sterkpunt nie, maar by die KKNK kan almal maar saamsing, veral laat in die aand wanneer niemand meer nootvas is nie. Ek leer nou al die nuutste Afrikaanse liedjies wanneer ek ALLEEN in die motor is. Ek en Karin beplan om volgende jaar ‘n bietjie op te gradeer van ‘n tent na ‘n karavaan, want die matraspompery in die middel van die nag wanneer die res van die kamp slaap, was ‘n nagmerrie…vir hulle, nie vir ons nie.
Pieter se maatskappy het sommer al vroeg die Drienasie-koors onder lede en het die Aussies, Kiwi’s en SA-ers mekaar reeds die stryd rondom die braaivleisvure en gasbraaie aangesê. Die opdrag was ‘n tipiese Aus-SA-NZ-braai. Die Aussies op Pieter se vloer was baie oorspronklik toe dit by tipiese Aussie-vermaak kom. Hulle het ‘n stel klein krieketpaaltjies gekoop en die deelnemers moes ‘n paar meter van die paaltjies staan en die persoon wat drie keer die paaltjies kon omrol, het ‘n rugbytrui gewen. Die kompetisie was ‘n spottery met die The Underarm bowling incident of 1981. It occurred on February 1, 1981, when Australia were playing New Zealand in a One Day International cricket match, the third of five such matches in the final of the Benson & Hedges World Series Cup, at the Melbourne Cricket Ground.[1] In order to prevent New Zealand from scoring the six they needed to tie, the Australian captain instructed his bowler to deliver the last ball underarm, along the ground. This action was technically legal, but seen as being against the spirit of the game.
 
Die SA-braai was ‘n reuse sukses. Pieter is gevra om dit te reël en na hy aanvanklik dit nie wou doen nie, het hy op die einde maar ingestem. Soos verwag, was die vooraf-reëlings maar ‘n riller, want sit nou ‘n klomp SA-ers bymekaar en laat hul saamwerk…Die eindresultaat was egter goed: Biltong, droëwors, niknaks, koeksisters en ‘n paar Black Labels en Castles vir voorgereg, egte boerewors, hoender en spareribs op regte kole en die treffer van die aand  -  Antjie se SA-aartappelslaai. Die Duitsers het hul vingers afgelek, want hul het laas sulke aartappelslaai in Duitsland gehad. Ongelukkig het Pieter nie ‘n kamera saamgeneem werk toe nie, want die SA-décor was glo fantasties – ‘n zebravel op die vloer, ‘n skildery van die Big Five, baie kralewerke, tafeldoeke net SA-motiewe en Groen-en-Goud servette. Pieter het sy voorskoot met sy Mandela-gesig op, aangehad, maar die mense het gedog dit is Morgan Freeman.
 
Minder goeie nuus vir voornemende emigrante:
Occupations removed from shortages list
New 11:04AM Saturday Jun 13, 2009

The recession has spurred changes to Immigration New Zealand's skills shortage list. The changes follow criticism positions were being filled by immigrants, when New Zealand workers are available.
Immigration New Zealand spokesman Andrew Annakin says 44 occupations have been removed from the list of preferred skills, but it does not mean employers are forbidden from recruiting migrants.
He says as long as an employer can prove efforts to recruit a New Zealand worker have been unsuccessful, they are permitted to hire migrant employees.
 
En dan die lekkerste en mooiste vir laaste…Ek hoef mos gelukkig nie vir die seuns te gewag het om van my ‘n ouma te maak nie. Klein Daniël is ‘n hartebreker met die mooiste bekkie. Sy ma sê hy mag glo eendag die mondjie net in die kerk gebruik om te sing en nie meisies daarmee soen nie, maar ek het nuus vir haar. Pieter lyk nou ook al meer gemaklik met ‘n kleinding op die skoot. Ek werk altyd my besoeke aan Engela so uit dat ek badtyd daar is, want dit is so lekker om daai lyfie in die bad rond te trek, veral noudat hy kan lag en saamgesels. Ek het gister juis weer so lekker popgespeel, maar nou gaan hy en sy mamma mos in Julie vir 6 weke vir die oumas en oupas in die Kaap kuier. Ek het klaar gereël dat daar weer ‘n webkamera aan die rekenaar gekoppel word dat ek kan “skype” sodat hy nie sy gunsteling tannie aan hierdie kant vergeet nie.
 
Fluit-fluit, my stories is uit…
 
Liefde
 
Anna-Maré