Antjie Se Pen (subtitel van www.afrikakiwi.com)

Antjie se pen was die geboorte van my groot droom om eendag 'n boek of dalk twee te skryf. Een van my drie vereistes voor ek Nieu-Seeland toe gekom het, was dat daar van dag 1 af 'n rekenaar in die huis moet wees, want kommunikasie met die familie en vriende was uiters belangrik. Die dag dat ons voet op Kiwi bodem gesit het, het die eerste Nieu-Seeland nuusbrief die lig gesien... besoek ons webtuiste: www.afrikakiwi.com

Deel 3: Backpackers en rugby

Saterdag – 4 Augustus 2007
 
20H00
 
Deel 3
 
24 Uur later
 
Ek weet as ‘n mens die woord “backpackers” hoor, dink jy aan jongmense, toeriste, basiese geriewe, “low budget” reisigers. En dit is presies wat dit is, maar dit is ‘n ondervinding wat jy nie kan oorvertel nie. So maak nie saak hoe oud jou geboorteserifikaat sê jy is nie, as jou gees nog jonk genoeg is, probeer dit net een keer in jou lewe. Ek kan ‘n boek vol skryf oor ons sewe dae in verskillende backpacker-hostelle.
 
Sommige van die plekke waar ons gebly het, soos by Taupo en Ohakune, was maar baie basies, maar dan was daar weer Wellington en Christchurch waar ons fantastiese geriewe gehad het. Dit was egter nie die kamer of die kombuis of badkamer wat saak gemaak het nie, maar die mense wat ons daar ontmoet het. Wat dit weereens vir ons twee moeilik gemaak het, was ons ouderdom. Alhoewel ons ook 20 jaar oud gevoel het, het ons ongelukkig nie so gelyk nie. Ons moes harder daaraan werk om saans deel van die geselskap in die kombuis te word, want dit is daar waar jy bande smee. Ons het later soos twee “stalkers” gevoel, selfs soms soos ou Gert van Rooyen en Joey Haarhoff.
 
In Taupo het die gebou se alarm die aand 11-uur afgegaan en moes ons ontruim en buite wag totdat die brandweermanne besluit het dit is veilig om terug te gaan. Na dié opwinding is ‘n bottel rooiwyn geknak en het ons goeie vriendskapbande met ons Kanadese kamermaat gesmee wat toe later by ons in Christchurch aangesluit het en sommer ook verlede week vir Kevin in Brisbane gaan kuier het. In Ohakune kon ons egter geen haaraf maak met ons kamermaats nie. Hulle was nog bitterjonk en het ons definitief in hulle ouers se ouderdomsgroep geplaas. Ons het egter genoeg genot uit hulle laatnagpraatjies geput.
 
In Wellington het ons in die Cambridge gewoon  -  ‘n massiewe motel/backpackers met soveel atmosfeer. Oral teen die mure is foto’s van sportsterre, rugbytruie, TV’s wat heeltyd op die sportkanaal is, kaggelvure en ‘n bonus vir my  -  dobbelmasjiene! Woensdagaand is Trivial Pursuit-aand en dan kry jy gratis braaivleis as jy ‘n jug vol bier koop. Die hele omgewing se “locals” pak vanaf 6-uur die plek toe en dan word daar gekuier en gespeel.
 
Coachman on the Square in Christchurch waar ons vir drie aande gewoon het, was ‘n belewenis. Al, een van Kevin se vriende, het ons daar ingewag en hy was ons sleutel tot al die nuwe vriendskappe wat daar gesluit is, want hy is ‘n bietjie heelwat jonger as ons. Ons was soos stout kinders bymekaar: het ‘n paar van die jongmense daar “drinking games” leer speel; soggens drie-uur as ons inkom, het ons teen die kombuisreëls( no cooking after 11pm) roereiers gemaak met eiers wat nie aan ons behoort het nie( ons het die mense darem in hul afwesigheid bedank) en die ergste die Vrydagnag, weer na 3, ‘n ou wat in ons gang gelê en slaap het omdat hy sy sleutel verloor het en nie geweet het watter kamer syne is nie, in een van die meisies in ons kamer se bed gesit. Toe sy na 5 die oggend uiteindelik inkom van haar nagtelike manewales vind sy soos Gouelokkies iemand in haar bed. Dit is sulke pret wat ‘n mens nog lank daarna laat giggel.
 
Christchurch is loshande vir my NZ se mooiste stad. Dit is plat gelyk aarde, mooi geboue, skoon strate, baie koffiewinkeltjies en pubs, aangename mense en dan is daar die Holy Grail  -  NZ se grootste sports bar en volgens Kevin wat ‘n connoisseur op die gebied is, die beste wat hy in die wêreld gesien het. Dit was elke aand ons laaste afsaalplek. Daar het ons nou iets van alles ontmoet  -  baie SA-ers wat die Bokke kom ondersteun het, die Bokke soos Kabamba en Bolla en Bevan wat nie span gekry het nie, Pieter wat die SA volkslied gesing het en selfs ‘n paar Jode  -  dink hulle was Jode, want hulle wou nie hulle pizza met ons deel nie.
 
Christchurch was getooi in swart vir die geleentheid  -  swart balonne oral waar jy gegaan het. Selfs die trems was versier met balonne en AB-plakkate. Die atmosfeer by die stadion was egter baie teleurstellend, maar ek en Al het met moontlike redes gekom waarom daar nie ‘n Loftus-gees by NZ-wedstryde is nie. In SA braai die ouens al van vroeoggend af buite die stadions en is sommer lekker gekoring en voor in die koor as die wedstryd begin. Ons het aandwedstryde en niemand braai en kuier voor die tyd nie -  so mense is ‘n bietjie styf. Verder is ‘n rugbywedstryd hier by ons ook rede vir ‘n familie-uitstappie en neem baie mense hulle kinders saam met hulle. Hulle is dus daarom ook ‘n bietjie meer besadig. Ek het maar in die begin ‘n paar benoude oomblikke beleef en gewonder hoe gaan ek die aand saam met al my SA-vriende oorleef as die All Blacks verloor.
 
Teen Saterdagoggend was ek nou al ‘n deskundige om mense te “stalk” wat baie handig vir Al en Kevin ingekom het. Met my All Black-trui aan het ek in die All Blacks se voorportaal uitgehang terwyl Al en Kevin met hulle Bokklere aan in ‘n kroegie daar naby gesit het. Soos die manne in swart dan daar verbykom, blok ek hulle en vra vir ‘n foto saam met my twee SA-vriende. So is hulle twee dan Sondag terug Australië toe met foto’s waarop hulle saam met Kellegher, Jerry Collins, Ritchie McCaw en nog ‘n paar ander groot name verskyn.
 
Kliek hier vir al ons toer-eskepades en rugbyfoto’s.
 
Lekker week vir julle almal.
 
Groete
 
Anna-Maré

Deel 3: Backpackers en Rugby

Deel 2: NZ-vakansie

Vrydag – 3 Augustus 2007

20H00

Deel 2

Terug met die poeding…

KKNK 2006 was tot Junie 2007 my beste “memoirs”, maar nou is daar kompetisie. My onlangse vakansie saam met my Aussie-vriend, saam met wie ek ook in Somerset-Wes skoolgehou het, het sommer 25 jaar van my ouderdom weggeneem.

Voordat Kevin kom kuier het, het hy altyd met minagting na NZ verwys as Oz se “squatter camp”. Deesdae word daar gepraat van Australië se “township”  - ons is nou so een trappie op met die leer. Die land se natuurskoon en die Kiwi’s se vriendelikheid het vir ons bonuspunte besorg.

Die aand voor ek Kevin by die lughawe moes gaan haal, bel ek vir Nic wat by hom kuier en hy waarsku my toe: “ Ma, meneer De Goede het vir jou ‘n verrassing op die lughawe.” Ek het sommer geweet dit is iets met ‘n rugby-kleurtjie, want as dit by die rugby kom, is ons aartsvyande. So wag ek hom toe in op die lughawe met my All Black-trui en ‘n klomp swart balonne, maar toe hy deur daardie deur gestap kom, is hy my alweer een voor. So ‘n spektakel het ek lanklaas in my lewe gesien  -  Springbok-beanie, WP-sweetpak, Springbok-jas EN GUMBOOTS!!

Die eerste week en ‘n half het ons die Auckland-omgewing verken: NZ se swart (sand) strand besoek, ‘n toer deur die bierbrouery ( met baie bier by die laaste punt ), die Auckland-museum waar ons ‘n Maori-kultuurvertoning bygewoon het en Kevin se hart amper warm begin klop het vir een van ons Maori skoonhede en dan die Viaduct waar ons die All Black vs Aussie stryd gaan kyk het. Met sy goudgeel Aussie-rugbytrui aan het Kevin alreeds soos ‘n seer vinger tussen al die hordes Kiwi’s in die volgepakte Sport Pub uitgestaan, maar toe staan hy nog boonop op en sing “Advance Australian Fair “ uit volle bors. Hy het natuurlik groot toejuiging daarvoor gekry en baie bewondering van die dames wat sê geen Kiwi-man het soveel moed om dit te doen nie. Onnodig om te sê, was daar EEN baie gelukkige man toe daai eindfluitjie blaas. Gelukkig was daar geen suurgat AB-ondersteuner nie en het die mense hom kom gelukwens. Hy was soos ‘n “celebrity”. Daarna het ons tot die vroeë oggendure by Cowboys gekuier waar die meeste vrouens met wie hy ‘n geselsie aangeknoop het sommer dadelik vir hom gesê:”But you are South African and we don’t like South Africans.” Ons is glo ‘n bietjie te arrogant.

Die laaste 10 dae van ons vakansie het ons suidwaarts getoer met alle oë gerig op Jade Stadion in Christchurch. Pieter het die eerste drie dae saam met ons gekuier en daarna teruggekeer Auckland toe. Ek wou seker maak Kevin verander sy opinie oor hierdie plakkerskamp en daarom het ons voluit vir die toeriste ding gegaan. Rotorua (Rotten Egg Town) was dus ‘n groot moet op die roete. Daar het ons “luges” gery (kaskarre sonder wiele teen die berg af); ‘n “sheep show” gaan bywoon – ek het nooit geweet ‘n mens kry soveel verskillende skape nie en dan natuurlik kan jy nie Rotorua besoek sonder om na die borrelende modderpoele en Thermal Wonderland te gaan kyk nie,

Kevin kon nie wag om een van NZ se helderblou riviere wat altyd in al die toerisme brosjures is, te sien nie. Dink nie hy het geglo die riviere is regtig so blou nie. Hy het selfs sover gegaan om te sê hy spring kaalbas in die eerste een wat hy sien. By ons volgende stilhouplek was dit sulke tyd. Gelukkig vir hom was dit die Waikato-rivier wat met ‘n gedruis oor die Huka Valle stort. Die Huka Waterval is nie eens so groot nie, maar die helderblou kleur van die water wat daar neerstort, maak dit so besonders.

Ons het ook ‘n nag in Ohakune deurgebring waar ons gedurende die dag na die Turoa ski-oord is. Ongelukkig was daar nie soveel sneeu soos verlede jaar nie, maar nog genoeg om lekker koud te kry. Ons het die ski’s maar vir die eksperts gelos en ons by die laer hellings bepaal met ons toboggens. Wellington was volgende op die roete en is eenparig verkies as NZ se lelikste stad  -  boonop moes ons twee dae daar verwyl. Dalk was dit maar omdat dit sulke regte Wellington-weer was  -  wind, koue, reën, storms. Dit het ons egter nie saans binne gehou nie en die eerste aand is ons na ‘n Mardi Gras, waar ons twee die enigste persone was wat omtrent dubbel die ander mense daar se ouderdom was. Dit het ons egter nie daarvan weerhou om saam te kuier tot lank na middernag nie. Daar het Kevin toe ook besluit maak nie saak hoe lelik Wellington is nie, NZ se mooiste vrouens woon daar.

Ons Interislander-rit die volgende oggend oor Cook Strait was baie rof. Ek kan nou nog nie glo dat so ‘n groot boot so erg kan skommel in 2-meter hoë branders nie. Blykbaar kan ek dankbaar wees dit was nie 8 of selfs 10 meter hoë deinings nie, want dit gebeur glo soms. Na meer as 4 ure op die water het ons uiteindelik voet aan wal op die Suid-Eiland gesit. Nou het Christchurch nog 5 ure ver gelê, maar dit het ons in ‘n japtrap afgelê  -  en net stilgehou vir die polisieman wat vir ons ‘n kaartjie vir oortreding van die spoedgrens uitgeskryf het.

Die briefie word nou te lank. Lewe in ‘n “backpacker”-hostel, rugby in Christchurch en ontmoetings met die All Blacks en Springbokke, verdien ‘n briefie op sy eie.

Tot netnou

Deel 1:NZ-nuus

Vrydag – 3 Augustus 2007
 
20H00
 
Deel 1
 
Goeiemore
 
Miskien moet ek eers my hoed ingooi om te sien of ek nog welkom is…..dit is al meer as drie maande dat ek laas ‘n algemene nuusbriefie gestuur het.
 
In hierdie tyd was daar soveel opwinding in ons almal se lewe dat ek maar weer in hoofstukke sal moet skryf. Gelukkig is dit naweek en kan ek dus vanaand my vervolgverhaal klaarmaak.
 
Dit is koud en nat soos dit net op hierdie eiland kan raak in die winter, maar ons kla nie, want almal is gesond en rond (party meer as die ander). Verlede winter het die kaggel oortyd gewerk, maar hierdie jaar het ons ‘n gasverwarmer en “mink” komberse ontdek  -  minder moeite. Hout is boonop vrekduur omdat dit so skaars is. So hier stook ons nie groot vure as daar vleisgebraai word nie. Dit is òf gas òf sommer so ‘n paar stukkies Namchar daar van die SA-winkel.
 
Dit gaan baie goed met die driemanskap  -  hulle haal nou al amper met mekaar se longe asem. Dit doen ‘n moederhart goed om te sien hoe dik die bloed in hulle are vloei. Die nadeel nou is natuurlik dat hulle so saamstaan as een in die moeilikheid is dat ek altyd aan die verloorkant is. Ek kan nie glo dat 2007 se Kersfees ons laaste voltallige familiefees vir ‘n baie lang ruk gaan wees nie. Nic en Kerry beplan nog steeds om volgende jaar na gradeplegtigheid vir ‘n jaar of twee Londen toe te gaan  -  die pond is mos sterk en Europa net ‘n klipgooi ver.
 
Hulle twee het die afgelope vakansie vir Kerry se ouers in Australië gaan kuier. Op pad Gladstone toe het hulle ‘n paar dae in Brisbane deurgebring. My Aussieboer-vriend en ook Nic se rugby-meneer in SA het hom oor hulle ontferm en hulle sommer al die eerste aand voorgestel aan Brisvegas se naglewe. Nic het die drie weke in Oz baie geniet, maar het besluit dit is nie die plek waar hy eendag sal wil woon nie. Sy NZ-wortels is te diep. Kliek op blou onderstreepte skakels hierbo vir foto’s.
 
Nog net drie maande en dan het ek en Pieter nie meer kinders op skool nie. Marco se laaste skoolkwartaal het uiteindelik aangebreek. Dit is nogal ontstellend as jy nooit skoolboeke sien rondlê nie. Ek sien hy en Nic bespreek sy vakkeuse vir volgende jaar, wat beteken hy beplan darem om universiteitstoelating te kry. Net soos Reghardt is hy gekys met die rekenaar en weet jy nie eens van hulle bestaan nie. So op hierdie stadium het Kerry geen kompetisie in die huis nie. Reghardt kla maar dat sy vakke moeilik is. Dit beteken maar net dat hy ekstra hard sal moet leer, want hy weet dit waarmee jy begin, moet jy klaarmaak. Hy koop nou ons motor, want ons het ‘n nuwe ryding aangeskaf sodat daar ook plek vir ons fietse is. So dalk sal hy en Marco nou ook ‘n bietjie meer uitgaan.
 
En dan ons vierbeen-kind, Pikes, vernoem na my pa. Ons moes vir ‘n hele week pap en droë brood eet, want die veearts het ons hele kosbegroting laat kantel nadat Pikes weer die hele buurt se katte die stryd aangesê het. Hy het soos ‘n Chinees gelyk nadat die ander katte met hom klaar was  -  eintlik skrefie-oë gehad as gevolg van die infeksie in sy wonde. Al is hy amptelik my kat, is Kerry sy gunsteling  -  seker maar omdat hulle dieselfde kleur hare het. Waar sy sit of staan of lê, is hy. Hy het die hele eksamen op haar boeke deurgebring. Kliek hier vir ware liefde.
 
Pieter besluit toe ‘n mens kan nie in Nieu-Seeland woon en nie ‘n kampeerder wees nie. So daar koop ons toe ‘n tent en ‘n dubbelbed-opblaasmatras wat net-net in die tent pas. Die eerste geleentheid wat toe opduik vir tentopslaan, is die Rotorua Maraton. Ongelukkig trek die byeenkoms net soveel reën as deelnemers en val die watertjies die eerste nag harder op die seil as op ‘n sinkdak. Aanvanklik was ek in ekstase daaroor, maar toe ek in die middel van die nag wakker word omdat die bed nou heelwat laer as vroeër die aand is en daar toe weer gepomp moet word – met bittermin staanplek in die tent -  is kampeer ook nie meer lekker nie. Ek het toe alklaar ander planne in my kop en terwyl Pieter die volgende oggend 42 km te voet rondom Lake Rotorua aflê, gradeer ek ons tentstaanplek op tot ‘n warm huisie met ‘n regte dubbelbed. Intussen het ek uitgevind dat ‘n “backpacker”-hostel ’n baie beter opsie as ‘n tent is. Ek vertel in my volgende briefie ‘n paar “backpacker”-stories.
 
Die Rotorua Maraton is een van die strafste internasionale padwedlope en die ongure weer het dit nie makliker vir die hardlopers gemaak nie. Pieter was gaar toe hy by die eindstreep aankom. Sy eerste woorde was: “Nooit weer nie.” Die volgende oggend was die ergste eina egter vergete en het hy klaar ‘n nuwe doelwit vir die volgende Rotorua Maraton gestel  -  baie soos iemand wat nou net gekraam het. Kliek hier vir ons Rotorua-ondervinding.
 
Ek is nou al vier maande by my nuwe werk en dit gaan sommer baie goed. Die eerste maand het ek harde klippe gekou met die moeilike tweede-in-bevel. Sy het my so ‘n lewe gelei dat hulle haar moes “demote”. Na ‘n 8-weke lange Dale Carnegie-kursus (How to win friends and influence people) wat ek en sy bygewoon het, is ons nou groot vriende en werk baie goed saam. Sy is terug in die leierspan as een van my drie opsieners. Ek wil eers weer ‘n bietjie my eie beuel blaas… aan die einde van die kursus het ek die “ highest award for achievement” gekry. Dit beteken ek het uitgestaan as ‘n leier  -  lekkerrr windgat! Kliek hier vir die kursusfoto.
 
Ek en die res van die span het sommer van die begin af gekliek. Ek is mos mal oor die “coconuts” en die meeste van die meisies in die deli kom van die Cook Eilande af. My verwelkomingpartytjie was ‘n groot fees. Na ‘n ete in die Sky Tower het ons in die Waterfront (Viaduct) gaan rondloop op soek na musiek en beland toe by Cowboys. Ek het lanklaas gesien dat ‘n klomp vrouens soveel pret kan hê sonder dat enige een ‘n sopie gehad het. Hulle behoort omtrent almal aan die Mormoon Geloof en drink glad nie. Kliek hier om saam partytjie te hou.
 
Groete tot netnou
 
Anna-Maré

Deel 1: NZ-nuus