Antjie Se Pen (subtitel van www.afrikakiwi.com)

Antjie se pen was die geboorte van my groot droom om eendag 'n boek of dalk twee te skryf. Een van my drie vereistes voor ek Nieu-Seeland toe gekom het, was dat daar van dag 1 af 'n rekenaar in die huis moet wees, want kommunikasie met die familie en vriende was uiters belangrik. Die dag dat ons voet op Kiwi bodem gesit het, het die eerste Nieu-Seeland nuusbrief die lig gesien... besoek ons webtuiste: www.afrikakiwi.com

Kiwi-nuus Deel 2

Sondag24 September 2006

18H00

Vrydag het Saterdag geraak en Saterdag SondagEk en Pieter het gisteroggend die strate ingevaar en wat net ‘n vinnige draaitjie by ‘n winkel of twee moes wees, word toe ‘n 12-uur lange uitstappie - so ‘n onbeplande dag is altyd ‘n sukses. Ons dag het in ‘n klein deurmekaar koffiewinkeltjie begin waar jy sommer so om ‘n groot kombuistafel saam met almal wat kom koffie soek, kuier. Dit het amper soos my ma se kombuis gevoel.

Die Kiwi’s is vreeslik in hulle noppies met NZ se jongste winkelsentrum, die grootste van sy soort op die eiland. Ons het ook gister daar gaan ronddwaal en het gewens ons kan die klomp Kiwi’s in Tygervallei of Canal Walk gaan loslaat en hulle gesigte dophou. Sylvia Park is omtrent maar ‘n derde van Tygervallei, maar vir die Nieu-Seelanders is dit ‘n shopping paradise”.

Op pad huis toe het ons gou gaan wys by Engela en Johan en wou eintlik net ‘n vinnige koffietjie drink. Sit jy egter ‘n paar Suid-Afrikaners bymekaar, kan jy vir seker weet daar gaan enige oomblik ‘n vuurtjie aangesteek word. Gelukkig is die seuns mos nou al lankal gespeen en is hulle ook baie tuis voor die kospotte. Ons kon dus sonder enige skuldgevoelens tot laataand kuier.

Ek en Pieter het Woensdagaand ‘n bietjie in NZ se kultuurkringe rondbeweeg. Ons was bevoorreg om The Beauty and the Beast – die Musical - te gaan kyk. Een van my verskaffers was een van die hoofborge en ons was toe eregaste by een van die vertonings - kompleet met ‘n onthaal voor die tyd. Dit was ‘n wonderlike belewenistwee-en-‘n-half uur in ‘n fantasiewêreld waarin elke karakter lewendig word - die kandelaar, muurklok, hangkas, lepels, borde….. Ek het nie geweet dat dit menslik moontlik is om sulke kostuums te skep nie. Ons het Nic toe so aangesteek dat hy Saterdagaand vir Kerry na die vertoning geneem het, want dit is haar gunsteling tekenprent.

Nic en Kerry was die eerste week na hulle eilandvakansie baie depressief. Hulle het die warm weer en stadige eilandlewe vreeslik gemis. Die twee het baie nuwe vriende gemaak met jongmense van Swede, Ierland en ook ‘n Pom wat by dieselfde gastehuis as hulle gewoon het. Hulle het glo nou baie kuierplek as hulle Europa toe wil gaan. Hulle klomp het die naglewe in Rarotonga gate uit geniet. Bedags het hulle die eiland op hulle bromponie verken, gesnorkel, die markte besoek, op bote uitgegaan, geswem en alles omtrent die eiland leer ken - van hoe om ‘n “coconutoop te maak, die verskillende maniere om ‘n sarong te knoop en selfs om musiek te maak. Nic het selfs ‘n blom in sy hare gedra - agter sy regteroor, want dit beteken “he is spoken for”. As jy enkellopend is, dra jy jou blom agter jou linkeroor. Hulle vakansiefoto’s is genoeg om enige persoon in ‘n vakansiestemming te plaas.

Ek het ook so twee weke gelede ‘n eiland gaan besoek, maar dit was ‘n eiland van ‘n heel ander kleur’n eiland van vulkaniese swart rots wat na 600 jaar byna heeltemal oortrek is met plantegroei. Ek, Rachel en Tep, my twee vriende by die werk, het Rangitoto Eiland, NZ se jongste vulkaan gaan uitklim.

Rangitoto Island is the largest, youngest and one of the least modified of about 50 volcanic cones and craters in the Auckland volcanic field. It erupted from the sea in a series of dramatic explosions around 600 years ago, and is now extinct. It dominates the local seascape and a visit there is like stepping into another world

Terwyl ons vir die “ferry” gewag het, het ons gedink ons gaan die enigste mal mense wees wat in sulke triestige weer die een uur lange tog na die piek van die vulkaan gaan aandurf. Al drie vlakke van die “ferry” was egter vol mense - verskillende nasionaliteite, oud en jonk. Dit is ‘n stywe klim tot by die krater en dan nog bykans ‘n honderd trappe na die uitkykpunt vanwaar jy ‘n asemrowende uitsig oor Auckland en al die omliggende eilandjies het. Dit is net daar waar ons die kaas en beskuitjies en likeurbottel uitgepluk het. Met die versterkings agter die blad was die terugtog baie makliker. Ons is eers deur die lawagrotte

voor ons na die voet van die vulkaan is en was net betyds om die laaste “ferry” terug Auckland toe te haal.

Vir die van julle wat hou van so ‘n bietjie meer aktuele nuus: Ek het so ‘n ruk gelede geskryf oor die Maori Koningin wat dood is. Die Maori’s het intussen ‘n koning ryker geword. Die nuwe koning, Tuheitia Paki is Dame Te Ata se oudste seun en daar is algemeen verwag dat hy die opvolger sou wees, hoewel dit nie ‘n outomatiese gegewe was nie. Te Arikinui Tuheitia Paki het sy moeder se mantel van vere gedra toe hy as die nuwe koning aangewys is. Hy sal as Koning Tuheitia bekend staan.

Tydens die formeleopheffing”-seremonie is hy met dieselfde Bybel teen die kop aangeraak as wat gebruik is toe die koninklike tradisie in 1858 begin het. Die Bybel is trouens gebruik om ses vorige monarge te kroon. Māori het hul eerste koning destyds verkies om alle stamme te verenig in hul stryd om eienaarskap van hul grond te behou te midde van die destydse vinnige instroming van Britse immigrante.

Koning Tuheitia se vrou se naam is Te Atawhai en hulle het drie kinders, Whatumoana, Korotangi en Naumai. Die nuwe koning is bekend as ‘n hardwerkende, baie beskeie mens.

Gedink dit is net ons manne in swart wat kan rugby speel? Die Black Ferns, ons vroue-rugbyspan, het vir die derde keer die Wêreldbeker gewen -

Black Ferns world champions again

1.00pm Monday September 18, 2006

The Black Ferns have become three times world champions, sweeping past England to win the women's rugby World Cup final 25-17 in Edmonton, Canada today.

In a showpiece final which featured several classic tries, New Zealand led England 10-3 at halftime, before England hit back in the second half. New Zealand scored four tries to England's one, although the Black Ferns conceded a penalty try.

Perhaps the best moment of the final came ten minutes before the end when the Black Ferns took a copybook take at the lineout 15 metres from the English line, then marched the England pack backwards to score.

New Zealand had advanced to the final after thrashing France 40-10 to face England who survived a late rally to edge host Canada 20-14.

Vir diegene wat nie weet nie: Die dele in die brief wat ondertreep is, bevat ‘n foto. Jy moet net op die onderstreepte deel kliek en dan sal die foto oopmaak. Jy moet egter die brief aanlyn lees om dit te kan doen.

Groete

Anna-Maré

Kiwi-nuus Deel 1

Vrydag22 September 2006

09H00

Goeiemore

Dit het lente in ons tuin geword sonder dat ek dit agtergekom het. Toe ek vanoggend my kop by die venster uitsteek, sien ek die perskeboom is net een groot bloeisel….dit terwyl die nartjieboom nog oortrek is met yslike groot sappige nartjies.

Ek het vandag die wêreld se tyd om voor die rekenaar te kuier, danksy my briljante plan. Kinderarbeid is die sleutel tot ‘n suksesvolle huisskoonmaakdiens.Van kleintyd af moes die seuns hulle kant bring as daar gewerk moes word, hetsy in die tuin of in die huis. Hulle vrouens gaan dus eendag geseënd wees met mans wat kan kook, stryk en die hele toetie doen. Woensdagaand is nou amptelik Broomstix-aand in die Claassen-huishouding. Dinsdae trek jy ‘n kaartjie met jou werkies op en Woensdagaand word die hele huis sommer so tjoef-tjaf skoongemaak. Dit beteken dat ek my nou nie meer op my afdag hoef af te sloof nie. Die kaartjiestelsel werk soos ‘n bom, want die hele huis is in vyf ewe groot dele op kaartjies ingedeel en aangesien jy elke week ‘n ander kaartjie trek, word jou taak nooit vervelig nie. En nee, ons mag nie kaartjie uitruil nie.

Ek weet nie of julle almal die rumoer oor Koos Kombuis se nuutste liedjie gelees het nie. So ‘n paar maande gelede kom Pieter een aand by die huis met ‘n liedjie waarna ons moet luisterKoos Kombuis se F*kkol. Ons soos ons lag, want nie net is dit snaaks nie, maar alles waaroor hy sing, is ook waar. Toe ek nou lees van die groot ophef wat daar oor die liedjie gemaak word, skryf ek toe vir Koos Kombuis:

Hallo Koos

Ons is SA-Kiwi’s wat nou al 5 jaar in Nieu-Seeland woon. So 2 maande gelede daag my man toe hier by die huis op, baie opgewonde….. daar is ‘n nuwe liedjie waarna ons moet luister. Nog nooit so ‘n raak beskrywing van die waarheid gehoor nie. Ons is mal oor F*kkol en sing gereeld saam met jou hier Doer Onder.

Good on you

Ek het nie verwag om iets van Koos te hoor nie, maar so ‘n week later

baie dankie vir die luister na ons probleme!

Koos

Ek kan nie glo mense gaan so tekere oor ‘n eenvoudige liedjie met slegs een kras woord in nie en intussen moor en roof die res van die bevolking dat dit goed gaan. Die nuutste twee moorde die afgelope twee weke in George het baie na aan ons geraak. Die een persoon het ons goed geken en die ander een was net om die hoek van my ouerhuis. Dit is dan wanneer jy ekstra hard vir jou mense in Suid-Afrika begin bid. Sulke tye gee jy nie om as mense van jou praat as lafaards en weghollers nie. Dan eerder Bang Jan as Dooie Jan.

SATERDAGOGGEND - 9-UUR

Ek het toe nie soos ek beplan het die dag voor die blikbrein spandeer nie, maar die hele dag in my pajamas op my nuwe banke wat ek vir Vadersdag ( ja, reg gehoor ) gekry het, met ‘n lekker sappige liefdesverhaal, spandeer. Soms is dit nodig om net heeltemal af te skakel van die wêreld daar buite.

Ons skool het gister vir twee weke gesluit. Marco en Reghardt het groot planne vir die vakansie - dit wissel van ekstra ure by New World, fliek, gym, die ewige rekenaar, maar nie ‘n woord oor skoolwerk nie. ‘n Mens sou nie hulle begin albei die eerste week in November met eksamen nie. Marco het hierdie week vir hom bokshandskoene gekoop - nie om Reghardt reg te sien nie. Die liefdesdriehoek is toe opgebreek. Die broers is nou weer “single” en die atmosfeer in die huis is weer herstel. Marco se beste vriend van laerskooldae af is ‘n bokser en dit lyk asof die gogga Marco ook nou gebyt het.

Die kinders het Mufti-dag of soos ons in SA gesê het Civvie-dag, by die skool gehad. Dit is toe dat ek gehoor het dat “transformers” ook iets anders kan wees as net ‘n toestel wat iets met krag te doen het. Aangesien ons matrieks nie uniform skool toe dra nie, trek hulleandersaan as die res van die skool die dag met gewone klere skool toe kom. Hierdie keer was die tema enigiets wat met ‘n T begin. Reghardt en sy vriende het ‘n hele dag aan hulle uitrustings gewerk en die drie Transformers was ‘n groot “hit” by die skool. (Reghardt is die een in groen) Onderwysers en maats wou almal saam met hulle op ‘n foto wees. Reghardt het al van kleintyd af gesorg dat hy die prys wen vir die beste kostuum as daar die dag uit die storieboeke aangetrek moet word. Die Transformers is glo een of ander animasieprent op TV.

Vir diegene wat nie weet nie: Die dele in die brief wat ondertreep is, bevat ‘n foto. Jy moet net op die onderstreepte deel kliek en dan sal die foto oopmaak. Jy moet egter die brief aanlyn lees om dit te kan doen.

Die briefie word alweer ‘n bietjie aan die lang kant. Daar is mense wat nie van die lang briewe hou nie. Nou deel ek dit maar in hoofstukke op.

Tot netnou

Anna-Maré

Hallo

Hallo

Julle behoort die volgende artikel oor die afgelope Tri Nations te geniet. Daar is heelwat hunor en waarheid in.

Geniet dit.

Anna-Maré

Here's our plums and prunes
Tuesday September 12 2006
And the winner is....

First we brought you are Team of the Tournament. Now it is our annual Tri-Nations awards ... with our team of reporters handing out their own plums and prunes.

There are the obvious things, such as awarding New Zealand the Team of the Tournament award - after all, they not only won the event, they totally dominated it.

But there are also the not so serious awards and we also invite you to e-mail us any awards we may have missed.

Here we go!

Try of the tournament: Plenty of candidates here, there was the end-to-end move that culminated in Luke McAlister's try in Pretoria, and Mat Rogers's match-winning try for Australia against South Africa in Sydney, but for a sheer moment of individual skill and class in a tight spot, Joe Rokocoko's try in New Zealand's 13-9 win over Australia gets the nod. If you missed it, here is our reporter's description:

"They were going left in close formation. Right against the touch-line, Joe Rokocoko got a tiny pass from Jerry Collins which he had to pull back from behind and then he accelerated. He went past Rocky Elsom on the outside, away from Matt Giteau and then inside Chris Latham for a magnificent try."

Villain of the tournament: Lote Tuqiri, for the spear tackle on Richie McCaw that we don't really want to see again.

Player of the tournament: Was always going to be close. Mils Muliaina deserves a mention - and yes, we know he is not in our team of the tournament, but we couldn't decide which position to have him! Also he didn't play all the games. Richie McCaw did, and for consistent brilliance and leadership at pretty much everything, he gets the nod.

And now for the more light-hearted...

The Lightning Strike award: Fourie du Preez's try against New Zealand was timed at 16.89 seconds.

Scotland Yard award for multiple interceptions: Bryan Habana, keeps up a record of roughly one interception try in each two he scores.

The Dr. Phil award for family therapy: Jake White, for the comment about his sons fetching the beers on a Sunday. What happened to family give and take?

The George Bush award for random interjectory phrases in an otherwise sensible conversation: Jake White "when you pull a rabbit out of the hat people get surprises" Huh?

The UN ambassadorship award for public displays of cultural understanding: "That was really KAK." - after a particularly poorly, misdirected Percy Montgomery drop-goal attempt, a nice piece of multi-cultural commentary there, Phil Kearns (using some particularly descriptive Afrikaans. The English translation: 'SHIT').

The Roswell award for conspiracy theories: Graham Henry for his Australian spy-ring claims.

The Pampers award for being caught short in public: Jerry Collins's little on-pitch indiscretion in Christchurch.

The Teflon award for dropping easy passes: Isaia Toeava. All he had to do was catch and fall over against Australia in Auckland!

The Arnold Schwarzenegger award for laughing when you should be falling to the floor: Johann Muller, for his big smile after being punched by Ali Williams.

The 'I did it my way' award: Luke McAlister's try in Pretoria, opting to take on the tackler instead of passing to any one of five supporting players.

The Crybaby award: Aaron Mauger for his comment about South Africans being bullies.

The Tumbleweed award: How many empty seats in Rustenburg?

The Gladiator award: Richie McCaw, who accumulated facial wounds almost as quickly as his team accumulated points.

The Oscar Wilde phrasebook award: Our very own Andy Jackson, for the following turn of phrase:

"Despite the flaky performances, two absolute truths remain etched in stone - the All Blacks are still the current Picassos of world rugby, able to forge masterpieces with the merest flick of the wrist; the Springboks continue to paint by numbers."

The Sick Note award: Joe van Niekerk - spent about 12 hours on the first team list having replaced Juan Smith, then dropped out with a sore neck.

The 'Flash the cash' award: SARU, accommodating their conquerors in luxury fit for kings in Sun City. Perhaps the ruse worked though, the ABs were decidedly relaxed in Rustenburg.

The Willing Guinea-pig award: Brent Russell, who worked tirelessly on tour to Australia and New Zealand without so much as a 'on you go, only a couple left' of game-time.

The Cry the Beloved Country award: Solly Tyibilika, a long time since we last saw real tears during the national anthems. Puff out that chest, Solly, your country needs you!

The Spanish Inquisition award for torturous techniques: The Loftus Versfeld organisers, for the Mills and Boon soundtrack that passed for national anthems. Amazed more players don't cry with shame when presented with drivel like that on a day of national feeling. Rumour has it that some people actually removed their own ears rather than listen to it all the way through.

The Godfather award: Australia, whose coach John Connolly thought he could only trust his team through the medium of breathalysers

The Rocky Balboa award for not staying down: Carl Hayman, completely disoriented after being knocked out, staggering to his feet to try and chase down Lote Tuqiri.

And last but not least:

The True Reality TV award: South Africa's SuperSport team, for presenting the trophy to the wrong captain, gloating unashamedly at defeated players when their own team still finished last, and working without scripts and schedules - yes they do, Joost van der Westhuyzen said so.



NZ-feite

More

Hier is nog ‘n klompie historiese feite vir diegene wat daarvan hou.

Groete

Anna-Maré

Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 12)

Hiermee Deel 12 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealand” (2002) verky.

Algemene geskiedenis (Vervolg)

Mt Tarawera het in 1886 uitgebars

· 1844-1846: Māori-hoofman Hone Heke lei die “War in the North”

· 1854: Die eerste sitting van die regering se Algemene Vergadering open in Auckland

· 1860: Die Taranaki gronddispuut is die katalisator vir die “Land Wars”.

· 1861: Die Otago-goudstormlope begin

· 1863: Die eerste stoomtreindiens begin

· 1864: Die oorlog in Waikato eindig en die Weskus se goudstormloop begin

· 1865: Die “Native Land Court” word gevestig om toenemende grondeise te hanteer

· 1867: Vier Māori-setels word in die parlement daargestel

· 1869: NS se eerste universiteit, die Universiteit van Otago word in Dunedin gevestig

· 1870-78: Sowat 1,000 myl se spoorlyne word gebou

· 1872: Māori se gewapende verset eindig

· 1876: Nieu-Seeland/Australië telegraafkabel word daargestel

· 1877: Die Onderwyswet stel gratis, verpligte, sekulêre onderwys in

· 1879: Stemreg word aan alle manlike persone van 21 jaar en ouer gegee

· 1882: Die eerste besending bevrore vleis word na Brittanje verskeep

· 1883: ‘n Regstreekse stoomskipdiens word tussen NS en Brittanje ingestel

· 1886: Mt Tarawera-uitbarsting vind plaas en 100 mense sterf

Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 13)

Hiermee Deel 13 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealand” (2002) verky.

Algemene geskiedenis (Vervolg)

· 1887: Reefton word die eerste dorp wat elektrisiteit het.

· 1890: Die eerste verkiesing wat op ‘n een-man-een-stem-grondslag geskied.

· 1893: Vroue word toegelaat om in die nasionale verkiesing te stem.

· 1898: Die “Old Age Pension Act” kom tot stand – die eerste van sy soort ter wêreld.

· 1899: ‘n Nieu-Seelandse kontingent soldate neem deel aan die Anglo Boere-oorlog.

· 1904: Richard Pearse vermag ‘n semi-beheerde vlug naby Timaru.

· 1905: ‘n NS-rugbyspan toer deur Engeland en word bekend as die All Blacks.

· 1908: Ernest Rutherford ontvang die Nobelprys vir Chemie.

· 1908: NS se bevolking bereik 1 miljoen.

· 1914: Die Eerste reldoorlog begin en NS beset Duits-Samoa.

· 1915: NS-magte neem deel aan die Gallipoli-operasie

· 1916: Die Arbeidersparty word gestig.

· 1917: Die Slag van Passchendaele eis 3,700 NS-soldate.

· 1918: Die wêreldwye griepepidemie eis sowat 8,500 lewens in NS.

· 1919: Vroue mag tot die Parlement verkies word.

· 1926: Nasionale openbare uitsendings begin.

· 1929: Ekonomiese depressie versleg.

· 1931: Die Napier-aardbewing eis 256 lewens.

· 1936: Die Staatsbehuisingskema word geloods.

· 1936: Die Nasionale Party word gestig.

Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 14)

Hiermee Deel 14 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealand” (2002) verky.

Algemene geskiedenis (Vervolg)

· 1938: Die Social Security Act hersien die pensioenstruktuur en die grondslag vir ‘n nasionale gesondheidstelsel.

· 1945: Die National Airways Corporation word gevorm.

· 1947: Volle onafhanklikheid van Brittanje word verkry.

· 1950: Vloot- en grondsoldate word na die Korea-oorlog gestuur.

· 1951: Voortgesette Waterfront-dispuutnoodtoestand word afgekondig.

· 1951: ANZUS-verdrag word onderteken deur NS, Australië en die VSA.

· 1952: Die bevolking haal 2 miljoen.

· 1953: Nieu-Seelander Sir Edmund Hillary en sy Sherpa, Tenzing Norgay word die eerste mense wat Mount Everest uitklim.

· 1959: Die Aucklandse hawebrug word geopen.

· 1960: Gereelde televisieprogramme begin in Auckland.

· 1961: Die doodstraf word afgeskaf.

· 1962: Wes-Samoa word onafhanklik.

· 1965: NS stuur soldate na Viëtnam.

· 1965: Die Cook Islands word onafhanklik.

· 1967: Desimale geldstelsel word ingestel.

· 1969: Stemreg word uitgebrei na 20-jariges.

· 1975: Die Waitangi Tribunal word gevestig.

· 1976: Metrieke stelsel vir gewig en meting word ingestel.

· 1977: Die nasionale super-annuiteitskema begin.