Antjie Se Pen (subtitel van www.afrikakiwi.com)

Antjie se pen was die geboorte van my groot droom om eendag 'n boek of dalk twee te skryf. Een van my drie vereistes voor ek Nieu-Seeland toe gekom het, was dat daar van dag 1 af 'n rekenaar in die huis moet wees, want kommunikasie met die familie en vriende was uiters belangrik. Die dag dat ons voet op Kiwi bodem gesit het, het die eerste Nieu-Seeland nuusbrief die lig gesien... besoek ons webtuiste: www.afrikakiwi.com

NZ-nuus Deel 2

Saterdag – 19 Augustus 2006

21H00

Ek het nie meer naels oor nie. Nou net die rugby klaar gekyk. Die Aussies het alles probeer om van McCaw ontslae te raak en met die hulp van die Suid-Afrikaanse TMO kon hulle ‘n goeie telling op die telbord gesit. Maar ek gaan niks anders as “You can’t keep a good man ( and team ) down” nie.

Ek is vreeslik bekommerd oor die kinders - hulle tree buite hulle gewone aard op. Hier hang ‘n akademiese atmosfeer in die huis – ‘n rare verskynsel vir ons. Nic kom net uit sy kamer om te eet, verder sit hy geboë oor die werkstukke wat ingehandig moet word. Hy hoef gelukkig nêrens heen te ry om te gaan opsit nie, want Hatton Road 40 is ook Kerry se gunsteling studieplek. Verder die plek gesaai met brosjures van verskillende universiteite. Reghardt se skoolloopbaan kom oor 3 maande tot ‘n einde en nou moet hy ‘n universiteit kies waar hy Ingenieurswese kan gaan studeer. Hy besef egter ( met Pieter wat hom elke dag daaraan herinner ) voor dit alles kan realiseer, moet hy eers 7th Form (matriek) slaag. As Marco gedurende ‘n naweek ‘n kans verby laat gaan om ‘n “gamepie( soos hulle na hulle rekenaarspeletjies verwys ) te speel, moet daar groot fout met hom wees. Hy het skielik met mag en mening skoolwerk begin doen. Ek hoop net hulledoet so voort”.

Die seuns kom seker iets oor as hulle moet weet ek skryf so oor hulle privaatlewens. Ons het mos ons eie Bold and Beautiful-sepie hier in die huis gehad. Marco se Eerste Liefde het die kys gebreek omdat hy te veel tyd in die Gym spandeer en te min aandag aan haar bestee. Hy het die afsêery baie goed hanteer totdat Reghardt skielik baie aandag aan die eks-meisie begin gee en daar uitgeëet en gefliek word. Die twee was al baie groot maats toe sy nog Marco se meisie was. Hier het so ‘n koue luggie getrek met Nic aan Marco se kant, wat reken dit is taboe om jou broer se gewese meisie oor te neem en Pieter wat die jagveld is oop en Reghardt mag maar jag. Ek het maar ‘n blinde oog en dowe oor gegooi en neutraal gebly. Die ergste stof het darem nou al gaan .

Net soos by die meeste maatskappye en werksplekke in Nieu-Seeland, is daar ook by Gen-I, waar Pieter werk, ‘n menigte verskillende nasionaliteite werksaam. Pieter-hulle het so ‘n rukkie gelede ‘n kultuurdag by hulle werk gehad waar mense kos wat eie aan hulle land en kultuur is, werk toe kon neem. Hulle kon ookopdressvir die geleentheid. Die Indiërs trek volgens Pieter die mooiste aan - hy was omtrent beïndruk met hulle kleur-en stylvolle drag. Hy was natuurlik soos ‘n tipiese Kiwi aangetrek - in All Black-klere.

Voedsel-en Wynfeeste is op die oomblik in oorvloed. Die baas sorg dat ek kaartjies vir al wat fees is, kry, want sodoende bly sy Deli een van die voorstes in die groep. Ons Deli is hierdie maand 5de uit 44 ander New World Deli’s op die ranglys geplaas. Dit is glad nie sleg as dit in ag geneem word dat die 4 deli’s wat voor my is, almal dubbel so groot soos ons is nie - dit is nou fyn “brag”. Ek het Engela saam met my na een van die Voedelfeeste gesleep en ons was trommeldik na al die gepeusel aan al die nuwe produkte op die mark. Daar was selfs ‘n Amarulla-stalletjie waar ons ook ‘n Heuningwyn kon proenogal lekker, maar vreksterk. Ek en my “coconut”-vriende het ook ‘n Ope Aand by een van die groot verskaffers bygewoon. Dit was omtrent ‘n fees. Ons is met sakke vol likeur huis toe, want as jy van ‘n winkel afkomstig was, kon jy alles teen kosprys koop. Ek geniet regtig my werk vreeslik baie.

Aan die oefenkant gaan dit minder goed. Pieter was die afgelope week baie siek met ‘n maagvirus en toe was dit sommer ook ‘n goeie verskoning vir my om niks te doen nie. Van more-aand af sal ek weer moet gaan drafstap dat die sweet tap, want die Auckland Maraton kom nou vinnig nader en ek en Engela gaan mos die kwart-maraton ( klink baie beter as om te 10km ) doen. Marco beplan ook om te gaan deelneem en oefen self baie hard.

Sedert ons potjiekospot so drie jaar gelede ‘n blombak geword het - dit is al waarvoor hulle goed is as hulle begin roes – moet ons maar op ons vriende staatmaak om so nou en dan te pot. Ons was hierdie maand gelukkig om sommer twee keer om die swartpot te kuier. Ons het die aand van die tweede Bledisloe-wedstryd lekker by Hennie en Mari gepotjie, rugby gekyk en ook lekker popgespeel met Lea. Ek wil deesdae net sagte speelgoed en babaklere koop - dink ek word nou al ouma-broeis. Verlede naweek was daar sommer so ‘n lekker groot SA-saamtrek by Ryno-hulle - gelukkig was sy pot groot genoeg om al die honger mae te voed.

n Hele tydjie gelede het een van my e-pos vriende na ons immigrante verwys as Suid-Afrika se uitvoerprodukte. Sommige uitvoerprodukte is van hoë gehalte en dan is daar ongelukkig ook die paar wat eintlik in die uitgooi-boks moes beland het, maar deurgeglip het.. Ek het gedink dit is nogal goed bewoord.

Baie groete

n SA-uitvoerproduk

NZ-nuus Deel 1

Saterdag – 19 Augustus 2006

12H00

Goeiemore

Vanoggend gaan ek die gewone orde van my nuusbrief so ‘n bietjie skommel en met Rugby-nuus in die huis val. Dit is mos vanaand die beslissende Drienasie-wedstryd. Teen die tyd dat julle die brief lees, sal ons weet of die All Blacks die trofee vir nog ‘n jaar in hulle kas hou en of die wedloop nog oop is.

Ek is op soek na enige berigte waar die All Blacks of voor ‘n wedstryd of na ‘n wedstryd lyste en lyste vol verskonings en klagtes het waarom hulle verloor het of dalk kan verloor. Dit sluit nie die Susie-storie in nie, want daardie koei stink nou al. Ek het ‘n broertjie dood aan hierdie ouvrou-geneul-en-gekla. Voor die NZ-AUS-wedstryd het die Aussies lang treurmares gehad oor die nuwe haka. Dit het hulle nie veel gehelp nie, want hulle het daardie wedstryd nog steeds verloor. En hulle leer nie, want hulle het skaars voet op NZ-bodem gesit toe huil hulle alweer omdat Richie McCaw glo deur die skeidsregters bevoordeel word. Dit is al wat ons die afgelope twee dae in ons sportblaaie lees.

Bledisloe preview: Just when Graham Henry thought the Wallabies were playing it straight this week, out come claims that they believe All Blacks openside Richie McCaw is a serial cheat at the breakdown and gets away with murder by referees who give him an easy ride because he's captain.

Gelukkig is Graham Henry nie op sy mond geval nie

Told that the Australians had aired the view that McCaw "sails close to the wind", Henry couldn't resist a typically dry comeback.

"He was out in the harbour the other day. He caught eight snapper. I was very jealous of that. You can tell John that."

McCaw for his part wasn't getting too wound up about anything a day out from a test he said the All Blacks were taking as seriously as they would if the Bledisloe Cup was on the line. He's heard all these accusations before, and they are surely beginning to wear extremely thin.

Nou op ‘n ander noot.

Elke jaar bring die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland ‘n Afrikaanse kunstenaar hierheen om by die jaarlikse Kiwikasie-fees op te tree. Verlede jaar het ek en Engela ( nie so opgewonde soos ek nie ) Steve Hofmeyr se vertoning gaan bywoon. Daar was sprake dat Theuns Jordaan hierdie jaar Kiwiland en ook Australië sou besoek en ek kan aan ‘n hele paar redes dink waarom ons hom nie hierdie jaar gaan sien nie. Ek geniet sy musiek baie, maar het hom by die KKNK ook in ‘n ander hoedanigheid as net sanger gesien. Dalk sien ons hom eendag hier optree as hy groter geword het. Hierdie jaar is dit dusek sou kon doen met ‘n miljoen…”

Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland bring in September vir Lucas Maree na Nieu-Seeland vir KiwiKasie 2006. Ses jaar gelede was Lucas ook hier, toe die Klub die eerste keer ‘n Afrikaanse sanger na Nieu-Seeland gebring het, vir die eerste KiwiKasie. Hierdie keer kom Lucas met ‘n mengsel van ou gewilde treffers en heelwat nuwe liedjies om met Afrikaanse Kiwi’s te kom deel.Een van die verskille met Lucas se vorige besoek aan Kiwiland is dat sy dogter, Monica (22) deesdae saam met hom sing.

Groot nuus in Nieu-Seeland hierdie week was die dood van die Maori-koningin. Ek het nie eens geweet hulle het ‘n koningin nie. Die All Blacks speel ook almal vanaand met swart bandjies om hulle arms om op hierdie manier respek aan haar te betoon. Hier is ‘n baie interessante gedeelte uit Brokkies oor die Maori-koningin. Nou het ek ook weer iets nuuts geleer.

Dame Te Atairangikaahu, Aotearoa Nieu-Seeland se Māori Koningin, is hierdie week oorlede. Ons is van oordeel dat dit belangrik is vir immigrante om te verstaan waarom dit vir Nieu-Seeland so ‘n emosionele en prominente geleentheid is en hoe ons dit sinvol kan beskou en hanteer.

Dame Te Ata, soos sy alom bekend was, was een van die mees invloedryke en gerespekteerde persoonlikhede in Maoridom en in Nieu-Seeland. Sy is na ‘n lang siekte op die ouderdom van 75 by haar Turangawaewae Marae in Waikato dood. Die Māori Koningin het die 40ste herdenking van haar kroning in Mei gevier.

Soms verskil Māori-stamme oor sekere sake, maar as daar een saak is waaroor daar baie sterk eensgesindheid bestaan het, is dit oor Dame Te Ata se koninginskap. Daar is enkele groeperinge van Māori wat dit nie heeltemal aanvaar het dat haar stamTainui - die Koningin voortgebring het nie, maar hulle is in die minderheid. Wat dus vir ander stamme potensieel ‘n baie sensitiewe situasie sou kon gewees het, is ‘n baie sterk verenigende faktor.

Haar tangi (begrafnis) sal sewe dae duur en mense stroom van heinde en ver na haar marae (tuisstam se woonplek) om van haar afskeid te neem en hul solidariteit met hierdie praktyk van Māoridom te betoon.

Eerste Minister Helen Clark het gesê ‘n “magtige Kauri(boom) het geval”. Sy het bygevoeg: “Met stille waardigheid, beskeidenheid, humor en warmte het Dame Te Ata ongelooflik baie vir Maoridom en Nieu-Seeland beteken. Sy was ‘n verenigende figuur wat haar mana (integriteit/aansien) gebruik het om Māori en Pakeha ( Europeërs ) bymekaar te bring en gereeld deur Eerste Ministers gekonsulteer is.”

Kommentaar die afgelope week deur ander leiers het ingesluit:

· Sy was die hart van die Māori-mense. Die Māori Koningin het die respek gehad van wêreldleiers soos Nelson Mandela, diplomate, staatshoofde, Suidsee-leiers asook inheemse leiers. Sy was geliefd in Nieu-Seeland. Sy het mense bymekaar gebring deur haar opregte warmte, haar sterk leierskap en haar altyd-teenwoordige manaaki (gasvryheid)."

Indien tradisie gevolg word, sal een van Dame Te Ata se vyf dogters of twee seuns as haar opvolger aangewys word voordat sy begrawe word. Die rol val nie outomaties op die eersgeborene se skouers nie. Ander familielede kan ook oorweeg word.

Dit is nou genoeg leersame inligting. Ek skryf in deel 2 meer oor die daaglikse gebeure in en om die familie.

Groete

Anna-Maré

NZ-feite - vir alle belangstellendes

Hallo

Nog ‘n paar interessante brokkies oor NZ wat ek uit Brokkies, die e-pos nuusblad kry.

Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 9)

Hiermee Deel 9 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealand” (2002) verky.

Ongewelwerde diere

· Nieu-Seeland het 24 skoenlapperspesies, maar meer as 1,500 motspesies.

· Die puriri of “spookmot” is NS se grootste inheemse mot. Die groter wyfie het ‘n vlerkspan van tot 150 mm.

· Die huhu is NS se grootste kewer

· NS het 30 inheemse spesies stok-insekte.

· (Gelukkig) drink slegs die wyfie-sandvlieg bloed, (maar ongelukkig is hulle nie op die lys van skaars skepsels nie!)

Þ Slegs twee spesies byt mense, een byt slegs pikkewyne en die oorblywende 8 van die 11 inheemse spesies byt voëls.

Þ NS-sandvlieë dra nie siektes oor nie. (Dis darem ‘n troos, maar hulle is so lastig!)

· Nieu-Seeland se muskiete is glo skadeloos vir mense. (Maar hulle nie of hulle bedoel die muskiete maak nie dood nie, of maak nie seer nie, of laat nie jeuk nie…)

· NS het meer as 1,000 slakspesies

Þ Die groot Kauri-slakke bereik tot 75 mm

Þ Die meeste slakke is vegetariërs, maar sommige is karnivore (vleiseters)

Þ Rhytida-slakke eet ander slakke deur eers hul kop af te byt en dan hul lywe te verorber, deur hul stert in hul prooi se dop te druk en verteringsvloeistowwe af te skei

· Daar word beraam dat NS 2,500 spinnekopspesies het, waarvan slegs 500 “beskryf” is.

Þ Die “white tail” is die jongste toevoeging en is giftig, maar nie dodelik vir mense nie

Þ Die heel gevaarlikste spinnekopspesies in NS is die katipo, wat op die westelike strande van die Noord-Eiland voorkom. Sy byt kan dodelik wees, maar slegs twee sterfgevalle is al opgetekenalbei het in die 19de eeu voorgekom

Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 10)

Hiermee Deel 10 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealand” (2002) verky.

Nasionale parke en bewaarde gebiede

· Sowat 8 miljoen hektaar (30%) van Nieu-Seeland word as bewaarde gebied bestuur.

· NS het 16 marine-reservate

· NS het 2 marine-soogdierreserwes

· Tongariro National Park was die eerste nasionale park ter wêreld wat vrywillig deur die oorspronklike inwoners en eienaars daarvan (in hierdie geval die Maori-stam Ngati Tuwharetoa) vrywillig aan die nasie geskenk is.

Þ NS het 14 nasionale parke

Þ Tongariro was ook die oudste en eerste nasionale park – in 1887 amptelik daargestel

Þ Na wat ons kan vasstel, was die volgende nasionale park daarna in 1900 daargestel en eers in 1929 is die derde een verklaar

· Immigrante wat in Nieu-Seeland woon, weet hoe ‘n ongelooflike ervaring dit is om op die duisende wandelpaaie deur natuurlike woude en langs die uitgestrekte kus te loop. Die natuurskoon is asemrowend – en daar is geen slange nie!

Interessante feite oor Nieu-Seeland (Deel 11)

Hiermee Deel 11 in Brokkies se reeks oor interessante feite oor Nieu-Seeland. Tensy anders vermeld, word alle feite uit Bateman se “Facts – New Zealand” (2002) verky.

Algemene geskiedenis

Māori roei in hul waka. Die binnekant van die Māori

vergaderhuis (“marae”) by Waitangi.

· 1300 – Polinesiese vestiging word as volledig beskou. (1ste aankomelinge vroeër hier)

· 1642 – Nederlandse ontdekkingsreisiger Abel Tasman ontdek “Staten Landt”, later genoemNieuw Zeeland”.

· 1769 – Britse ontdekkingsreisiger James Cook se eerste van drie besoeke en hy eien NS vir Engeland se Koning George III toe.

· 1790 – Robjag, walvisjag asook vlas- en houtontginning begin in alle erns, met klein, tydelike nedersettings wat plek-plek opgaan.

· 1814 – ‘n Anglikaanse missie word in Bay of Islands gevestig.

· 1815 – Die eerste Europese kind word op NS-bodem gebore.

· 1820 –Hongi Hika, Hoofman van die Ngapuhi-stam, besoek Engeland, waar hy ‘n besending gewere reel.

· 1821 – Die “Musket Wars” begin en duur die hele dekade.

· 1835 – 34 Stamhoofde van die noordelike Māori-stamme onderteken die “Declaration of Independence” as die “Māori stamme van Nieu-Seeland”.

· 1838 – Die Roomse Katolieke Kerk vestig ‘n missie by Hokianga.

· 1839 – William Hobson kry opdrag om Britse heerskappy in NS te vestig, as afhanklike van New South Wales.

· 1840 – Die Treaty of Waitangi word onderteken. Dit is die gronddokument wat - veral ten opsigte van grondregte van Māori - vandag nog die verhouding tussen die Britse Kroon en Māori onderskryf.